Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings

Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings

Op 29 Maart 2022 het die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings plaasgevind waar Suid-Afrikaanse se kookkuns vereer word.  Die Luxe Restaurant-toekennings was begin deur The Hospitality Counsel (HOSCO) in ʼn vennootskap met bedryfsleiers en voedsel kritici.  Die toekennings word geborg deur OUTsurance.

Die gesogte toekennings, wat die beste bydraes tot die Suid-Afrikaanse restaurant bedryf vereer, is aan ʼn intieme gehoor van 100 industrie kenners bekendgestel by die Ethos Restaurant in Rosebank, Johannesburg.

Die Suid-Afrikaanse bekende persoonlikheid, Shashi Naidoo was die seremoniemeester van dié deftige geleendheid.  Diegene wat die geleendheid  bygewoon het, het ingesluit bekroonde sjefs soos James Gaag, The Lazy Makoti, Siba Mtongana en Wandile Mabaso.  Asook entrepreneur Nicky Van Der Walt en sy vrou- en model, Lee-Ann Liebenberg.

Die wenners is gekies deur ʼn span anonieme kos-kritici, sowel as deur ʼn gewilde openbare digitale stem proses.  Die paneel van beoordelaars is byeen geroep deur Chad Fourie, hoof beoordelaar van die Luxe Restaurant-toekennings en besturende direkteur van The Hospitality Counsel.

Oor die afgelope nege maande het die Luxe Restaurant-toekennings beoordelaars na uitsonderlike eet ervarings in Suid-Afrika gesoek.  Vanaand het ons hierdie vooraanstaande restaurante en sjefs ʼn platvorm gegee om te skyn en hul kulinêre genie te vier.  Met al die onverwagte veranderinge wat ons die afgelope twee jaar verduur het, soek mense nou unieke leefstyl ervarings om herinneringe saam met hul geliefdes te bou.  En daar is geen groter ervaring as ’n bekroonde restaurant nie.” Chad Fourie

In die geheel is vyf-en-twintig wenners aangekondig uit ʼn wye en inklusiewe stel kategorieë, wat gewissel het van die Kulinêre Ikoon van die Jaar, tot die Straatkos-ervaring van die Jaar, met die wenner van die gesogte Sjef van die Jaar titel wat met ʼn eksklusiewe BMW ervaring bekroon is.

Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings

Die 2022 Luxe Restaurant-toekennings kategorie wenners is soos volg:

  1. Restaurant van die Jaar: La Colombe
  2. Sjef van die Jaar: Wandile Mabaso
  3. Nuwe Restaurant van die Jaar: Pier
  4. Styl toekenning: Zioux
  5. Kulinêre ikoon-toekenning: Siba Mtongana
  6. Kulinêre Mediapersoonlikheid van die Jaar: Cooking with Zanele
  7. Kulinêre Innovasie-toekenning: Candice Philip
  8. Kulinêre opkomende ster-toekenning: Besele Moloi
  9. Volhoubaarheid toekenning: The Test Kitchen Fledgelings
  10. Toekenning vir Diens uitnemendheid: Basalt
  11. Pionier-toekenning: Luke Dale Roberts
  12. Kookboek van die Jaar: Hosting with The Lazy Makoti
  13. Afrika-restaurant van die jaar: Emazulwini
  14. Bistro van die Jaar: Embarc
  15. Burger Restaurant van die Jaar: BGR
  16. Kafee van die Jaar: Le Parc by Tashas
  17. Koffiewinkel van die Jaar: Truth Café
  18. Fynproewer restaurant van die Jaar: La Petite Colombe
  19. Hotel Restaurant van die Jaar: Aurum
  20. Internasionale Restaurant van die Jaar: Ethos
  21. Leefstyl Restaurant van die Jaar: Tang
  22. Opslaan Restaurant ervaring van die Jaar: Katlego Mlambo at The Marabi Club
  23. Steakhouse van die Jaar: The Blockman
  24. Straatkos-ervaring van die jaar: How Bao Now
  25. Wyn-diens toekenning: Michelle Moller – La Colombe

Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings, Die 4de Jaarlikse Luxe Restaurant-toekennings

Artikel Krediet: