ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Ons gesels met KNUS, ʼn trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor en meubel winkel.  By Mooi Leefstyl is die glad nie ʼn geheim dat ons van mooi goed hou nie.  Of dit nou dekor is vir jou huis, of ʼn pragtige meubel stuk, as dit mooi is en jou binne jou begroting is, dan moet jy dit hê vir jou tuiste.

KNUS bied Suid-Afrikaners een platform aan waar hulle telke plaaslike verskaffers kan ondersteun en unieke items kan koop vir hulle huis.  KNUS is ook uniek in dat amper alle produkte op hul aanlynwinkel verander kan word, of pasgemaak tot die kliënt se presiese spesifikasies, aangesien alles plaaslik gemaak word.  Dit is wat hul pasgemaakte produkte so spesiaal maak, dis ʼn eenmalige produk en word spesiaal vir jou gemaak!

By KNUS koop jy nie net ʼn pragtige produk van ʼn goeie gehalte nie, maar jy ondersteun ook plaaslik.  Rol af om meer te lees van ons onderhoud met hierdie oulike aanlyn huis dekor en meubel winkel.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Stigters:

Lizelle de Villiers en Michael Hayes is die twee stigters sowel as direkteure.  KNUS aanlyn winkel het in Mei 2017 begin.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Storie agter die naam KNUS:

KNUS het in 2017 ontstaan uit ʼn frustrasie toe ons in ʼn nuwe woning ingetrek het en vreeslik gesukkel het om unieke en kwaliteit plaaslike dekor en meubels op een aanlyn platform te kry.

Ons het toe besluit om plaaslike verskaffers en vervaardigers te kontak om ʼn platform te skep, waar mense plaaslike dekor en meubels op een plek kon kry en soos hulle sê “the rest is history!”

Ons het oorspronklik begin met sowat 800 produkte van 20 verskaffers, en vandag het ons meer as 150 verskaffers en 18 000 plaaslike produkte waarvan ʼn porsie eksklusief aan KNUS is.

Die naam KNUS word beter verduidelik as ʼn gevoel eerder as ʼn betekenis.  KNUS is ʼn gevoel van gemak, plesier en gerieflikheid.  Dis die gevoel wat ons hoop ons produkte voeg tot ons kliënte se lewenstyl.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkelaanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

KNUS se reeks produkte:

KNUS het tans meer as 18 000 produkte en sluit in 4 hoof kategorieë:

  • Huis dekor items – alles vanaf strooi kussings, lampe, spieëls, muur kuns en tonne meer.
  • Meubels – insluitend sitkamer meubels, slaapkamer meubels, kantoor meubels, kinder-meubels en nog meer.
  • Kombuis produkte – alles vanaf eetgerei tot tafel linne en bykomstighede.
  • Badkamer produkte –  wasbakke, handdoeke, selfsorg produkte, rakkies ens. en nog meer.
  • Ons het ook ʼn troeteldier afdeling met alles vanaf eet-bakkies, leibande, uitrustings en beddens!

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkelaanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Mees populêre produkte:

Beslis mandjies, muur kuns, strooi kussings, spieëls en ons soliede hout meubels.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Tendense vir die huis in 2022:

Tekstuur is steeds erg op die voorkant van ʼn moet-hê in jou huis.  Dit kan ʼn verskeie maniere voorgestel word en hoef nie oorheersend te wees nie.  Dink ʼn ‘punch needle of macramé’ strooi kussing, 100% hand geweefde katoen of wol mat, fluweel leunstoel.

Enigiets wat die sintuie wakker maak.  En ʼn bonus is dat al hierdie beskikbaar is op KNUS!  Nog ʼn tendens is natuur geïnspireerde items soos terracotta klei of keramiek items, of selfs droë takke in ʼn mooi blompot.  Hierdie organiese en rou items dra by tot ʼn ontspannend en gemaklike binnenshuis, waar jy kan ontspan en herstel.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Produkte van Suid-Afrika:

Absoluut ja!  Ons kry nuwe verskaffers beide deur verskaffers wat ons self opspoor omdat hulle bekend is vir hulle werk, of soms werk ons met vervaardigers wat ons benader met hulle produkte.

Dit beteken ons bied slegs die beste en mees unieke produkte aan kliënte, en ons gee plaaslike ambagsmanne die geleentheid om ons platform te gebruik om te groei as ʼn handelsmerk of kunstenaar!

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Koop KNUS se produkte aanlyn:

Jy kan KNUS se produkte op hul aanlynwinkel koop.  Dit is lekker gemaklik en moeiteloos om te doen.

Indien jy meer wil weet oor KNUS, volg hul op Instagram, Facebook en ook YouTube.  As jy enige vrae het kan jy hul kontak deur sosiale media of anders deur hul webtuiste.

aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel aanlyn dekor en meubel winkel, ʼn Trots Suid-Afrikaanse aanlyn huis dekor & meubel winkel

Artikel Krediet:

Foto’s verskaf deur: Knus