Opsoek na pasgemaakte meubels & dekor?

meubels en dekor, Opsoek na pasgemaakte meubels & dekor?

Opsoek na pasgemaakte meubels en dekor? Ons het die perfekte besigheid gevind, The Ayris Collection.  Lei Lester is die stigter en huidige eienaar van  The Ayris Collection.  Sy het die besigheid aan die einde van 2019 begin.  Hulle maak pasgemaakte meubel stukke, matte, ligte, muurpapier, kunswerke, kussings, spieëls en oulike hakke vir jou tuiste.

Soos julle sal weet, hou Mooi Leefstyl van alles wat mooi en stylvol is. Dit is belangrik om jou tuiste ʼn oasis te maak wat nie net rustig en ʼn goeie energie het nie, maar ook mooi, stylvol en klassiek is.  Wanneer dit kom by ʼn mens se tuiste, die interieur en meubels raak dit baie persoonlik.

Koop meubels en dekor items wat vir jou mooi is en wat ʼn betekenis vir jou het.  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met Lei Lester oor The Ayris Collection.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Die storie agter The Ayris Collection:

Die handelsnaam word as “air-riss” uitgespreek en was Lei, die stigter, se grootouers se van.  Hulle was uitsonderlike rolmodelle vir haar toe sy groot geword het.  Van hul ontmoeting tot verlief raak stories toe hulle baie jonk was en dat hul hulle hele lewe saam deurgebring het.

Hulle het werklik geglo in hierdie idee van alles in matigheid; hard werk, hard speel, familie was alles.  Só op sy beurt is Lei se dogter na hulle vernoem, ʼn ongelooflike sterk en unieke klein sieltjie. Hierdie is ʼn versameling wat vir Lei baie persoonlik is, en daarom het dit gepas gevoel dat ʼn naam gekies is wat dit weerspieël, en staan vir iets wat vir haar betekenisvol is. .

Die begin van The Ayris Collection het soos ʼn natuurlike vordering gevoel vir Lei.  Sy kom uit ʼn kleinhandel agtergrond.  Lei is ook die stigter van “Lei Lester Design”, wat ʼn ontwerp- en transformasie maatskappy is, wat op beide die residensiële en kommersiële sektore fokus.

Sy het deurgaans dieselfde stukke vir kliënte gekoop, en het besef dat dit sin maak om ʼn unieke keuse van stukke saam te stel om aan haar uitgebreide kliëntebasis te bied.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Inspirasie:

Inspirasie kom van projekte waaraan hulle werk en gewerk het.  Individue waarvoor hulle produkte skep, kleure- en voorkomste wat hulle inspireer en gelukkig laat voel.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spacesCreating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Die Reeks:

Die Ayris-versameling bied pasgemaakte meubelstukke, banke, matte, beligting, muurpapier, kunswerke, kussings, spieëls en hakke.

Hul kern fokus is meubels en dit is ʼn steeds groeiende en voortdurende veranderende reeks.

Daar is 11 kategorieë van produkte met ongeveer 50 produkte in totaal, wat almal verskillende kleur- en styl opsies het.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spacesCreating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Plaaslik vervaardig:

Al The Ayris Collections se meubels word plaaslik vervaardig.  Hulle werk ook saam met fabrieke in Indië om pragtige matte te skep, wat ook deel van die reeks is.

Creating beautiful interior spaces

Mees populêre produk:

“Mr Simply Suave” ʼn stylvolle en baie mooi bedien-tafel-eenheid met gegroefde deur-fronte en ʼn eikehout raam.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spacesCreating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Koop Aanlyn:

Hulle meubels is slegs beskikbaar op hul aanlynwinkelKlik hier om The Ayris Collection se aanlynwinkel te besoek.  Om meer van hul meubels te sien, volg hulle op Instagram.  Indien jy enige spesifieke vrae het wat jy wil vra, kan jy hulle direk ʼn e-pos stuur met jou vraag.

Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces Creating beautiful interior spaces

Artikel Krediet:

Fotograaf:  Stephanie Veldman