Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl

Paserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl

Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl.  Ons is baie opgewonde om bekend te stel dat een gelukkige paartjie ʼn komplimentêre wynproe met ʼn vinger-happie bord vir twee, by die pragtige nuwe proelokaal van Paserene in Franschhoek kan wen.

Paserene is ʼn boetiek wynplaas in Franschhoek, wat deur Martin Smith en Ndabe Mareda besit word, wat luukse wyne produseer.  Met ʼn sterk klem op “gevoel van plek en mense”, is hul baie gefokus om te verseker dat al die wyne wat hul produseer, die kunswerke op die etikette en die proe-ervaring werklik outentiek is en ʼn blywende nalatenskap waarborg.

Wanneer jy ’n glas van Paserene se boetiek-wyn proe, skep jy ’n onvergeetlike oomblik in tyd – een om met elke slukkie van hul wyn onthou te word.

Die naam Paserene kom van die Latynse woord “Passeriformes”, die orde van “reisende en vrye” voëls wat windswaels en swaeltjies bevat.  Paserene Wynplaas is geleë in die oulike dorpie Franschhoek. ’n Professionele en kontemporêre gemaklike proe-lokaal is op die wynlandgoed geleë.  Ideaal vir ’n dag van weelderige wynproe in Franschhoek, of om die middag te ontspan met ’n glas wyn en hul asemrowende versorgde tuin geniet.

Wil jy meer weet van Paserene?  Besoek gerus hul webtuiste of volg hul op Instagram.  Om in te skryf vir die kompetisie, rol af en voltooi die besonderhede hieronder.

Paserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi LeefstylPaserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl

    NEEM DEEL:

    Voltooi die onderste vorm om deel te neem aan die kompetisie.


    NAAM:

    VAN:




    SELFOONNOMMER:

    E-POS ADRES:


    KOMMUNIKASIE TOESTEMMING:

    Ek verstaan al die kompetisie reëls en gee toestemming aan Mooi Leefstyl dat ek wel kommunikasie vanaf hul wil ontvang en ook 'n intekenaar sal wil wees van hul nuusbriewe.

    Ongelukkig moet u vir Mooi Leefstyl toestemming gee om met u te kan kommunikeer en jy moet die reëls van die kompetisie anvaar.

    Paserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi LeefstylPaserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi LeefstylPaserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl Paserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl

    Kompetisie Reëls:

    • Mooi Leefstyl se standaard kompetisie terme en bepalings geld.  Klik hier om dit te lees.
    • Die kompetisie is slegs vir persone oor 18 jaar oud en beskikbaar is om die prys te eis in Franschhoek.
    • Kompetisie inskrywings sluit 24 Mei 2022 om 23:59.
    • Die wenner sal op 25 Mei 2022 aangekondig word en sal per e-pos ingelig word.
    • Die prys is geldig vanaf 25 Mei 2022 tot 25 Junie 2022.
    • Hierdie prys is onderhewig aan beskikbaarheid.
    • Die prys sluit in ‘n komplimentêre wynproe met ʼn vinger-happie bord vir twee persone.
    • Hierdie prys is nie oordraagbaar nie en kan nie vir kontant verruil word nie.
    • Alle koeldrank, drank en alle ander uitgawes is vir wenner se eie rekening.
    • Vlugte en vervoer kostes tot by Paserene in Franschhoek is vir die wenner se eie rekening.
    • Die prys kan nie gekombineer word met enige ander promosies of spesiale aanbiedinge wat Paserene aanbied nie.
    • Paserene Terme en Bepalings is van toepassing en is op aanvraag direk vanaf Paserene beskikbaar.
    • Mooi Leefstyl bemark die prys namens die prys borg en kan nie aanspreeklik gehou word vir enige eise, vrae en of om die prys van die borg te eis nie.

    Paserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi LeefstylPaserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi LeefstylPaserene in Franschhoek, Wen met Paserene in Franschhoek en Mooi Leefstyl

    Artikel Krediet: