Pragtige geweefde dekor items vir jou huis

geweefde dekor items African Jacquard, Pragtige geweefde dekor items vir jou huis

Ons is baie opgewonde om vandag die pragtige geweefde dekor items vir jou huis van African Jacquard met jou te deel.  African Jacquard reeks produkte word geïnspireer deur verskillende elemente van regoor Afrika.  Hulle dekor items sluit in komberse, serpe tot kombuis linne.  As jy opsoek is na pragtige linne vir jou huis, dan moet jy nie dié inskrywing mis nie.

Linne is een van daai dekor items wat jou huis net ekstra mooi maak.  Dit gee amper ʼn warm atmosfeer en persoonlikheid aan ʼn spasie, veral in die winter seisoen.  Ons het met die span van African Jacquard gesels oor hul reis as besigheid en die produkte wat hulle bied aan die Suid-Afrikaanse mark.

Mooi Leefstyl streef daarna om altyd besighede te vind wat mooi produkte of dienste bied.  Nie net met die fokus op mooi nie, maar ook van goeie kwaliteit en hoë gehalte werkmanskap.  Blaai gerus deur Mooi Leefstyl se ander artikels vir inspirasie van jou huis tot mode!  Rol af om meer te lees oor ons onderhoud met African Jacquard en om meer te sien van hulle pragtige reeks produkte.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Die Storie agter African Jacquard:

African Jacquard se tekstiele word geweef met behulp van tradisionele Franse Jacquard-weefproses.  Dit is ʼn verskeidenheid weef tegnieke in een stof kombineer.  Dit laat mens toe om ingewikkelde patrone, beelde en skrif in die stof te weef.

Alhoewel die erfenis van die Jacquard-weefproses, sowel as die stigter van African Jacquard – Christine Daron, Frans is, word hul tekstiele in Suid-Afrika geweef, vandaar die naam African Jacquard.

African Jacquard smelt met Christine se erfenis van luukse Franse huislinne.  Dit is te sien saam met inspirasie uit die kulture, kleure en landskappe regdeur haar reise in Afrika.  Die storie het begin toe die Frans-gebore stigter van African Jacquard, Christine Daron, 35 jaar gelede na Afrika gereis het.

Christine woon nou in Suid-Afrika.  Sy het oor die hele vasteland na lande soos Gaboen, Kongo, Angola en Burkina Faso gereis.  Haar eerstehandse ervaring in hierdie verskillende ontwerp kulture is duidelik in die patrone en ontwerpe wat by African Jacquard geskep is.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Die Inspirasie agter die ontwerpe:

Hul versamelings is geïnspireer deur die kulture, kleure en landskappe regoor Afrika, soos wild-‘spoor’-afdrukke en die Ndebele huis-patrone van Suid-Afrika.  Die gewilde Bogolan-versameling is geïnspireer deur die ontwerpe wat in die Bogolan-modderdoek van Mali in Wes-Afrika gevind word.

African Jacquard se gewaagde Kuba-versameling is geweef met 100% Afrika-katoen.  Dit is geïnspireer deur die Kuba-ontwerpe wat in die Kongolese raffia-stof gevind word.  Terwyl hul Metallic-versameling ʼn mengsel van katoen en linne is en geïnspireer is deur edelmetale en Afrika-natuurlewe.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Reeks Produkte:

Los komberse vir die bed, kussings, tafellinne, kombuis-linne, handdoeke, serpe.  Hulle bied ook aanpassings, weef jou eie ontwerpe of embleme wat jou handelsmerk-identiteit tot lewe bring.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Die Produksie-proses:

Al ons tekstiele word in die hart van Kaapstad ontwerp, geweef en vervaardig.  African Jacquard weef slegs met natuurlike vesels soos linne en katoen.  Hul linne-drade word van die beste ter wêreld verkry en kom uit Frankryk, Italië of België.  Ons katoen word van verskillende lande op die vasteland van Afrika verkry. African Jacquard het begin ontwikkel met Sybokhaar, wat binnekort by ons beskikbaar behoort te wees.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Waar om African Jacquard se produkte te koop:

Koop jou gunsteling African Jacquard produkte op hul webtuiste.  Jy kan ook hul studio spasie besoek by 7 Woodlands Straat, Woodstock in Kaapstad.  Hulle het ook ʼn winkel by die Watershed in die V&A Waterfront in Kaapstad.  As jy hul reisie wil volg op sosiale media kan jy African Jacquard volg op Facebook en Instagram.

Wil jy hul kontak?  Jy kan hulle ʼn e-pos stuur deur hier te klik of hul kontak by +27 21 448 4886.

African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard African Jacquard

Artikel Krediet: