ʼn Eenvoudig Stylvol klerereeks

Aitsa is eenvoudig stylvol!  Ons het met Chantelle Meyer en Elizca Engels, die stigters van Aitsa gesels.  Hierdie oulike klere reeks is perfek vir die moderne familie en ook die enkellopende.  Hulle het iets vir almal.  Hulle styl is eenvoudig met sêgoed wat lekker Afrikaans is.  Vanaf die hoë gehalte materiaal waarvan die hemde gemaak word tot die verpakking is alles perfek.

Aitsa is baie trots op die manier waarop elke hempie verpak word.  Die doel van die verpakking is dat dit vir elke kliënt n ervaring is om hul hempie te ontvang.  Elke hempie word netjies toegedraai in sneespapier, in n karton boksie geplaas met n persoonlike hand geskrewe boodskap.  Waar in die wêreld kry jy nog hand geskrewe dankies?  Elke hempie kry ʼn instruksie by hoe jou hempie te was, droog te maak en stryk.  Net soos die hemde, is die verpakking uniek en spesiaal.

Hul hemde word nie net in Suid-Afrika gelief nie, maar reg oor die wêreld.  Dit voel soos ‘n stukkie huis vir die Suid-Afrikaners wat in die buiteland woon.  Geniet ons onderhoud met die stigters van Aitsa en onthou om hulle storie met jou vriende te deel op sosiale media.

aitsa clothing

Stigter en Eienaar:


Aitsa is gestig deur twee trots Suid-Afrikaanse jong dames van Port Elizabeth wat ʼn passie het vir mode en die Afrikaanse taal. Beide is gegradueerd, Chantelle Meyer het ʼn BCom(Hon) graad van Noordwes Universiteit en Elizca Engels ʼn MArgitektuur van Nelson Mandela Universiteit.  In 2019 het hulle besluit om ʼn nuwe uitdaging aan te pak om hul kreatiwiteit en liefde vir stylvolle hempies uit te leef in die vorm van ʼn nuwe besigheid.  Daar was groot opgewondenheid gemeng met ʼn mate van angstigheid toe Aitsa op 26 Julie 2019 ʼn werklikheid geword het.  Die kombinasie van kreatiwiteit en besigheid-sin het bygedra tot die sukses van Aitsa.

Met sosiale media wat deesdae so ʼn groot deel van die alledaagse lewe is, is dit logies dat mense vandag aanlyn koop.  Deur gebruik te maak van ʼn professionele fotograaf, Danielle Swart van Darling Photography word verseker dat foto’s op Aitsa se sosiale platvorms van hoogstaande gehalte is.  Met die fotos’s word verseker dat die  verskillende uitrustings stylvol uitgebeeld word.  Elke dame en kabouter benodig ʼn hemp in hul kas wat by alles sal pas en tydloos is.  Trots Afrikaans is hul  inspirasie, want sekere goed klink net beter in Afrikaans!

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Inspirasie agter die naam, Aitsa?


Die naam van die besigheid is iets waaroor daar baie gedink is.  Dit was belangrik dat die naam perfek by die besigheid konsep pas. Aitsa is een van die lekkerste woorde in Afrikaans, want dit kan in so baie kontekste gebruik word.  Die naam Aitsa is kort, eenvoudig en lekker op die tong.  Dis presies wat die besigheid is.

Aitsa se slagspreuk trek mense se aandag.  Dit is die rede hoekom Aitsa ʼn Tinteltong toekenning van Afrivriendelik, ʼn onderafdeling van Afriforum, vroeër die jaar ontvang het. “Eenvoudig Stylvol” is twee woorde wat die hempies beskryf en dit is die doel dat elke vrou eenvoudig stylvol sal voel in die hempies.  Aitsa is baie trots op hul slagspreuk en voel nie daar is ʼn beter beskrywing vir hul produkte nie.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Die Reeks:


Aitsa verkoop tans hempies vir twee verskillende markte, dames en kinders (kabouter reeks).  Daar is tans 5 hempies beskikbaar vir dames, naamlik: Klein bietjie wyn, Kaalvoetkind, Stroopsoet, Kattekwaad en Kraakvars.  Die kabouter reeks bestaan uit Kaalvoetkind en Stroopsoet hempies vir die dogtertjies, en Moeilikheidmaker en Hartebreker vir die seuntjies.

Daar is spesifiek op die twee groepe gefokus, omdat dames altyd ʼn begeerte het om unieke en stylvolle  hempies in hul klerekas te hê.  Die voordeel van die eenvoudige styl van die hempies is dat dit effens meer formeel gedra kan word saam met ʼn netjiese broek of romp.  Aan die ander kant kan dit see toe gedra word oor jou swembroek of met ʼn denim en tekkies.

Die opsies is eindeloos asook tydloos.  Die mamma’s het ook die behoefte gehad om ʼn hempie uit die kas te haal wat by enige uitrusting pas.  Kinders is geneig om baie kleurvolle en bont kledingstukke te hê en dis waar die eenvoudige stylvolle hempies enige  aantrek ervaring met die kinders makliker maak, want dit pas by alles!

Die kabouter reeks is beskikbaar in wit asook grys vir die wat bietjie bang is vir die wit en vuil handjies.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Waar kom die inspirasie vandaan?


Daar word daarna gestreef om kliënte betrokke te maak by die ontwerp van die hempies.  Deur te vra wat hulle behoeftes is, asook inspirasie uit die huidige modes, maak hul hempies wat by enige figuur pas.  Alhoewel mode as inspirasie gebruik word, word daarna gestreef om tydlose ontwerpe te kies.

Die ontwerpe word so eenvoudig as moontlik gehou en met ʼn bietjie detail maak dit elke hempie uniek.  Die doel is om elke hempie ʼn eienskap te gee wat hom verskillend maak van die ander en so is daar een vir elke persoonlikheid.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Koop Aitsa se Produkte:


Alle hempies is beskikbaar aanlyn op Instagram en Facebook.  Indien iemand meer inligting wil hê kan hulle gerus  ʼn e-pos stuur na aitsa1.clothing@gmail.com.  Die tyd tydens die nasionale inperking is nuttig gebruik om aan die webtuiste te werk en sal  teen einde April geloods word.

Die webtuiste met sy aanlynwinkel komponent is iets waaroor hul baie opgewonde is en hul is van mening dat die besigheid  genoeg gegroei het vir die volgende stap.  Dit sal vir die kliënte ʼn maklike platvorm gee om hempies te koop met al die nodige inligting op een plek.  Hou die sosiale media platvorms dop vir meer inligting.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Plaaslik vervaardig:


Elke hempie word met trots handgemaak van 100% katoen materiaal.  Van die knip, tot die stik, asook elke ontwerp en detail word deur hulle self gedoen.  Die drukwerk word gedoen van so ʼn standaard dat mens oor dit kan stryk en dit kan nie aftrek nie.

Deur die beste materiaal, drukwerk en ontwerpe te gebruik kan aan elke kliënt se verwagtinge voldoen word. Unieke, goeie kwaliteit hempies is waarna daar gestreef word!  Elke hempie word spesiaal vir elke kliënt met liefde en geduld handgemaak.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

So kan jy Aitsa kontak:


Die eerste stap sal wees om hulle te volg op Facebook en Instagram vir tonne inspirasie hoe jy hulle minimalistiese reeks by alles kan dra.  As jy belangstel aan enige een van hulle items kan jy hulle ‘n boodskap stuur deur sosiale media.  As jy nie so sterk is met sosiale media nie kan jy hulle ‘n e-pos stuur.

aitsa clothing aitsa clothing aitsa clothing

Artikel Krediet: