ʼn Kulturele toer deur Amsterdam

Amsterdam se ryk geskiedenis en kuns erfenis plaas dit in ʼn klas van sy eie.  Aan die een kant wil mens Amsterdam-dae beskryf as luilekker, maar met ‘n stad soos dié en soveel om te sien sal dit beslis nie die regte beskrywing wees nie! En net 36 uur in hierdie treffend stad vra vir ʼn ander aanslag, as wanneer jy dae sou hê om rustig te kon ronddrentel.  Ons doen ʼn Kulturele toer deur Amsterdam saam met Steph Louwrens en Elaine Van der Merwe-Louwrens van Dust and Dreams Photography.

Oor ons net so kort in Amsterdam was – en defnitief sal moet teruggaan- kan ons nie in diepte al die plekke en areas beskryf nie.  Ons het wel ʼn kort lysie van ons gunsteling eetplekkies, leefstyl winkels en areas bymekaar gesit.  Geniet die artikel hieronder en begin solank jou reis planne neerskryf vir jou toer na Amsterdam.

 A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam

Kuns en Kultuuer:


Ons het met so bietjie kuns en kultuur begin. Met wandelpaaie wat ons voete sommer vanself lei vandaf die Van Gogh museum, oor Museumplein met sy vele fietsryers al die pad na die imposante Rijk Museum.

In die Rijkmuseum het Studio Drift se Shylight installasie ons asems wegggeslaan en was ‘n hoogtepunt!
Die Rembrandt-Velázquez: Hollandse & Spaanse Meesters uitstalling was ook onderweg tydens ons tydjie in die stad en ons het onsself verdrink in die diep kleure en teksture van albei se werk. Gaan soek gerus ook George Hendrik Breitner (1857 – 1923) se Girl in a White Kimono uit, ʼn unieke pragstuk!

Ons wou nie dat ons museum uitstappies die twee dae in Amsterdam heeltemal oorskadu nie.  En het na dié twee se besoek, verder net die stad en vele kanaal en systraatjies verken.

Ons het ure in die De Pijp area van die Oud-Zuid distrik spandeer waar ons die Albert Cuyp Mark verken het met sy vele kos, klere en blomme stalletjies. ‘n Gerookte bokmelk-kaas was een van die lekkerste verassings en ons het ‘n ekstra een gekry om saam te bring Suid Afrika toe { die meeste stalletjie verskaf kase en lekkernye vakuum verpak juis om huis toe te kan neem! }. Ons kon weke na ons Europese reise nog terugverlang en nostalgies raak, deur net ‘n ete aanmekaar te slaan, in ons eie plaaskombuis, met net ‘n rasper van dié besonderse kaas bo-oor.

A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam

Little Collins:


Die plekkie, Little Collins is ook in De Pijp en absoluut perfek vir brunch. Ons het hulle Çılbır geposjeerde eiers met, Aleppo brandrissie botter, labne en platbrood probeer. Die piepklein restaurantjie is maklik om te mis en is in Eerste Sweelinckstraat 19F. Letterlik net om die draai van die mark.

En dit was nie lank na ons brunch wat ons Cotton Cake in Eerste van der Helststraat 76HS raakgesien het nie.  Hierdie leefstyl winkel is ‘n fees vir die oog met sy neutral kleurpalet en koffie-walms wat mens alreeds buite die winkel begroet.  Ons moes doodeenvoudig net van hulle varsgebakte pampoen-, amandel & lemoen koek probeer asook so klein stukkie gesoute sjokolade- en grondboontjie tert!

Nog ʼn besonderse deel van Amsterdam:


‘n Ander besonderse area in Amsterdam wat ons moet noem is De 9 Straatjes.  Dit lê knus weggesteek tussen die Singel, Herengracht, Keizersgracht en Prinsengrach kanale. Beide Beren- en Reestraat was besonders met PLUK {daar is ‘n kaffee in beide Ree- en Berenstraat}, URBAN COCOA en Ree7 net ‘n paar van die gesogste koffiehuise om te besoek. Nie net was die tafels by almal oortrek met soetighede en vars gebak nie, maar PLUK verkoop ook vars vrugte en groente, oulike geskenkies en gedroogte gerwe blomme.

De 9 Straatjes is ook nie baie ver van Amsterdam se bekende en besonderse Bloemenmarkt nie. Met duisende tulpe bolle, vars blomme en allerlei snuiterye te koop is die drywende mark defnitief iets om te aanskou! Die systraatjies is gevul met kaas handellaars, roomys- en wafel winkels … Vir ingeval jy ‘n bietjie lafenis nodig het na al die gestap.

A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam

Natuurlik moet ons ook van ons gunsteling eetplekkies uitwys wat in ander dele van die stad is:

Museumplein:


Die Museumplein  en sy reuse worsbrakke by die straat stalletjies; neem hulle gerus met die diepgebraaide uie en hope tamatiesous.

The Happy Pig Pancake shop:


Vir die beste wafels in Amsterdam. Hierdie piepklein restaurantjie en wegneem plekkie het wafels wat proe soos soet wolke! Ons het die gesoute karamel opsie probeer. Ons sou defnitief kon teruggaan vir nog as ons nie seker was dat ons laaste paar denims daarna nie meer sou pas nie!

Hulle gerolde pannekoeke was ook gewild en baie toeriste en Hollanders het heerlik daaraan gesmul.

A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam

Brandstof:


Na een van ons fotosessies het die paartjie ons na een van hulle plaaslike eetplekke in die Jordaan distrik geneem. Bitterballen was op die spyskaart en ons het dit saammet regte Hollandse diepgebraaide aartappelskyfie tjips en ‘n yskoue bier geniet.  En dan laastens; ons lys van goedjies wat defnitief ‘n gaatjie in jou tas moet kry voor jy sou huis toe reis:

Vintage:


‘n Vintage-ietsie van een van die vele tweedehandse-boutiques. Gaan maak ‘n draai by Indianaweg 10 in die De Pijp area.  As vintage-aankope jou nog altyd bietjie skrikkerig gehad het.  Hierdie winkel is ‘n tower-wêreld van topklas tweedehandse kopies.  Insluitende sy serpe, droom rokke en massas plante wat net roep om ook saam huis toe te kom.

A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam A cultural tour through Amsterdam

Stroopwafels:


Saammet die gerookte kaas het ‘n paar pakke eg Hollandse stroopwafels ook plek gekry in ons tas. Dit was ‘n wonderlike teetyd bederf elke middag gewees. Die perfekte manier om seer stads-voete so bietjie beter te laat voel!

Artikel & Foto Krediet: