T-hemde van Barbari

Shaun Kiley, tesame met sy besigheid-vennoot, Stefus Jansen Van Rensburg, is die stigters van Barbari, ‘n T-hemde maatskappy wat in Desember 2018 aanlyn gegaan het in Suid-Afrika.  Vir ons hier by Mooi Leefstyl is ‘n goeie gehalte T-hemp wat mooi sit baie belangrik.  ‘n T-hemp is daardie een item in jou klerekas wat jy sommer vinnig kan gryp, aantrek en gaan.  Jy kan dit amper by alles aantrek en dit paar met ander kleding stukke om dit ‘n hele ander gevoel te gee.  Lees meer oor Barbari hieronder.

Barbari clothing

Storie agter die naam:

“Barbari” is ‘n klein huishoudelike bok wat nou meestal gevind word in Indië en Pakistan.  Die Barbari bok is oorspronklik vanaf die Ooste kant van Afrika.  As gevolg van die bok se oorkoms en die sterk geskiedenis van die Afrika bokke, het die stigters goed gedink om hulle besigheid se naam Barbari te noem.  Hulle ontwerpe is ook geïnspireer deur ons land se ryk geskiedenis en kultuur.

Vervaardiging:

Alhoewel dit ‘n Suid-Afrikaanse besigheid is, word hulle hemde in Thailand gemaak en is 100% katoen.  Barbari se T-hemde word eenvoudig gemaak en het ‘n unieke maak proses.  Spesiaal ontwerpte masjiene is deel van die proses om die spesiale materiaal te maak.  Die res van die vervaardiging proses, die snywerk, naaldwerk en ook die drukwerk op die hemde is alles met die hand gedoen.  Die hemp word gemaak uit katoen-trui materiaal, wat ‘n ‘n fyn gebreide katoen materiaal is.  Hulle T-hemde is duursaam, klassiek en veelsydig.  Iets waarvan almal sal hou.  Dit gemaklik  te kan dra en deel maak van jou klerekas.  Plus dit is ‘n baie goeie gehalte produk.

Barbari clothing

Die Reeks:

Barbari se bestaande reeks bestaan uit vier verskillende T-hemde.  Die basiese styl, gekleurde hemde, gekleurde hemde met ‘n klein sak, golf hemde en dan het hulle ook sandale beskikbaar.  Al hulle T-hemde kom met ‘n ronde neklyn of v-nek ontwerp sonder ‘n kraag.  Met verskillende kleure om van te kies kan jy jou perfekte T-hemp kry.

Toekoms planne:

Hou ‘n ogie op Barbari, want die stigters het nog baie in die pyplyn.  Op die oomblik fokus hulle op hul bestaande reeks. Hulle wil ‘n aanlyn platvorm skep om die besigheid se handelsmerk te bou in die mark.  Hulle sal ook binnekort ‘n winter reeks vrystel.  Die span is ook hard aan die werk aan ‘n Lente reeks wat later die jaar bekend gestel sal word.

Advies vir nuwe entrepreneurs:

Moet nie wag nie!  As jy wag totdat jou produk of diens perfek voel, sal iemand anders ‘n beter werk doen om jou kliënte te help om hul probleme op te los.  Jy kan mettertyd jou produkte aanpas en verbeter.

Barbari clothing

Koop jou T-hemde by Barbari:

Besoek Barbari se webtuiste en koop hulle hemde aanlyn.  Volg hulle op FacebookInstagram of Twitter om seker te maak jy kry die nuutste nuus direk vanaf Barbari.

Barbari clothing

Artikel Krediet:

  • Fotografie:  Verskaf deur Barbari