Bepalings en Voorwaardes

Bepalings en Voorwaardes vir mooileefstyl.co.za

  • Lees hierdie die Bepalings en Voorwaardes noukeurig deur en maak seker jy verstaan presies wat jy lees.  Die Bepalings en Voorwaardes bevat baie belangrike inligting. 
  • Maak seker jy lees gereeld die Bepalings en Voorwaardes van die webtuiste, want dit verander gereeld en word gereeld aangepas. 

Definisies:

  • Mooi Leefstyl of mooileefstyl.co.za: Hierna bekend as “ons”
  • Leser of Lesers:  Hierna bekend as “leser(s)” of “jy” of “julle”.  Dit is die persoon en/of persone wat Mooi Leefstyl aanlyn besoek met die doel om Mooi Leefstyl te lees en/of diensverskaffers te vind op Mooi Leefstyl.  Dit sluit ook in maar nie beperk tot persone, besighede en adverteerders wat Mooi Leefstyl aanlyn besoek.
  • Adverteerder of Adverteerders:  Hierna bekend as adverteerder(s).  Dit is die individue en/of besigheid wat Mooi Leefstyl betaal om op Mooi Leefstyl se aanlyn platvorm te adverteer.

Privaatheidsbeleid: 

Vrywaring: 

    • Ons stuur ʼn stel vrae aan paartjies of besighede indien hulle goedgekeur word vir publikasie op ons webtuiste.  Dit is dan die paartjie of besigheid se verantwoordelikheid om self die vrae te beantwoord.  
    • Mooi Leefstyl kan nie verantwoordelik gehou word vir vir volgende nie:
      • Publikasies/Artikels wat geskryf word deur ʼn derde party  nie en of antwoorde wat beantwoord is in artikels deur ʼn derde party nie. 
      • Vrae wat beantwoord word deur ʼn derde party word net so gepubliseer en sal slegs gekyk word vir spelling en nie enige grammatiese of sin konteks foute nie.
  • Die inhoud op die webtuiste kom nie op kenners raad van enige aard neer nie, hetsy dit wetlik, professioneel, medies, persoonlik of andersins is, en ons beveel gebruikers aan om hul eie raad by toepaslik gekwalifiseerde kenners in hul gebied te kry. As jy kies om op ons inhoud staat te maak, doen jy dit geheel en al op eie risiko en aanvaar jy ons sal in dié opsig geen aanspreeklikheid teenoor jou hê nie.
  • Ons kan nie verantwoordelik gehou word indien jy enige van die dienste of produkte koop en of gebruik waarvan jy gelees het op ons webtuiste en nie gelukkig daarmee is nie.  Jy doen dit absoluut op jou eie risiko.  

Kompetisies: 

  • Jy kan die skakel volg na ons standaard Kompetisie Terme en Bepalings:  https://www.mooileefstyl.co.za
  • Elke kompetisie moet voldoen aan ons standaard kompetisie terme en bepalings en dan ook aan die terme en bepalings wat verskaf word deur ons adverteerder. 
  • Lees meer in ons privaatheidsbeleid oor die inligting wat ons insamel vir kompetisies.  Jy kan ons privaatheidsbeleid hier lees:  https://www.mooileefstyl.co.za/privaatheidsbeleid/

Algemene voorwaardes vir die gebruik van ons webtuiste:

  • Jy moet ten alle tye seker wees jy verstaan ons privaatheidsbeleid. 
  • Jy stem in dat jy nie ons webtuiste sal misbruik nie. 
  • Jy stem in dat jy nie ons webtuiste sal gebruik vir enige onwettige doel nie en of die materiaal wat ons op ons webtuiste publiseer gebruik vir enige onwettige doeleindes nie. 
  • Ons het die reg om enige leser te blok of te verbied om ons webtuiste te besoek, indien ons voel dat jy ons webtuiste se terme en bepalings verbreek, ons besigheid of enige ander besighede wat ons eienaars besit se veiligheid in gedrang sit en sodoende ook van ons adverteerders of ander lesers.

Kopieregte: 

  • Ons is die wettige eienaar van ons webtuiste. 
  • Adverteerders behou kopieregte van die inhoud wat ons publiseer van hul diens, of produk op ons webtuiste. 
  • Jy mag nie net inhoud soos foto’s en of enige teks aflaai vir enige gebruik nie.  Indien jy ʼn PDF formaat van enige artikel of publikasie soek, kontak ons per e-pos en ons kan dit vir jou per e-pos stuur.
  • Indien jy enige inhoud sien wat ons nie die reg het om te publiseer nie, of wat jy voel is nie gepas vir publikasie nie, dan kan jy ons per e-pos kontak. 

Meer inligting:

  • Indien jy meer inligting benodig oor ons Bepalings en Voorwaardes, kontak ons gerus.
  • Hierdie Bepalings en Voorwaardes is laaste opdateer op 26 Junie 2021.