Eko-luukse produkte vir jou tuiste

Ons by Mooi Leefstyl is mal oor Cape Island se Eko-luukse produkte.  Ons het van hul kerse en dit laat jou huis lekker ruik.  Dit is ook perfek om in die badkamer te gebruik!  Dit gee jou huis sommer ‘n luukse gevoel.  Na die stigters se terugkeer na Suid-Afrika van ‘n voormalige lewe in Londen, is Cape Island vroeg in 2016 begin.  Dit is begin deur kreatiewe visioenêr, Suzanne Snowdowne en logistieke goeroe, Karin Wood.

Hulle is ‘n gedugte besigheidspan, sowel as vriende, wat mekaar se sterk punte met grasie, goedheid en ‘n gesonde dosis humor balanseer.  Die naam is aanvanklik geïnspireer deur die idylliese Kaapstadse leefstyl, waar die natuurskoon van die landskap als positief beïnvloed.  Die betekenis van die handelsnaam het gegroei om Afrika as ‘n ware paradys in te sluit.  Hul beywer om deur die produkte wat hul skep hierdie gevoel in mense se huise in te bring en vas te vang.

 

Plaaslik gemaak


Dit is belangrik vir mense om te weet dat ons Afrika-geskep is en dat al ons produkte hier op Afrika grond gemaak word deur ‘n span ongelooflike mense.  Ons ontdek die beste aroma-olies in die wêreld uit Europa en sodra dit in Suid-Afrika aankom, gebruik ons dit vir handgegiete geparfumeerde kerse, kamer parfuum verspreider, en ons organiese klapperolie-seepe en -roome wat uiteindelik na boetiekwinkels en hotelle versprei word regoor Suider-Afrika.

Uniekheid van Cape Island se produkte:


Cape Island se eko-luukse produkte omvat die natuurlike skoonheid van Afrika en bring dit in jou leef ruimtes op ‘n gesofistikeerde manier. Wat ons bedoel met eko-luuks, is dat ons sosiaal en omgewingsbewus wil wees met ons luukse produkte.  Cape Island fokus sterk op natuurlike bestanddele van hoë gehalte, mikro reeksproduksie en herbruikbare verpakking.

Voeg hierby die ervaring van elke wêreldklas geur.  Wilde Safari Days, die kenmerkende kuslyn van Clifton Strand.  Of ‘n son-deurdrenkte Summer Vinyard.  Elke element word versigtig oorweeg – van die reuke, na die kleure, tot die verpakking.  Die volle ervaring van elke produk laat jou toe om na daardie deel van Afrika te ontsnap.

Wat is volgende vir die Cape Island reeks?


Ons is besig om die reeks uit te brei! As ons net als gelyk kon doen!  Ons het die afgelope jaar hard gewerk aan die ontwikkeling van twee nuwe parfuums.  Dit sal later die jaar bekendgestel sal word.  Daarna het ons ‘n paar nuwe produk idees in die pyplyne, en ons weet ons kliënte sien uit daarna.

 

Waar kan ons lesers jul produkte koop?


Binnehuisversiering boetiekwinkels, geskenkwinkels, hotelle en galerye regoor Suider-Afrika!  En natuurlik, deur ons aanlyn-winkel.

Kontak Cape Island:


Besoek www.capeisland.co.za vir meer inligting of volg hul op Facebook en Instagram.

Advies vir Entrepreneurs:


Doen waarvan jy hou.  Jy sal ‘n groot deel van jou lewe werk, maar as jy iets doen wat jou interesseer en jy passievol oor is, sal jy aanhou, selfs wanneer dit moeilik raak (en dit sal moeilik raak).  Glo altyd dat jy sal slaag, en jy sal maniere vind deur die verskeie struikelblokke wat jou in die gesig sal staar.  Omring jouself met mense wat jy vertrou en wie se geselskap jy geniet. Dit sal jou lang werks-pad ‘n vreugde maak, en nie ‘n las nie.

Artikel Krediet:

  • Antwoorde verskaf deur Cape Island
  • Foto’s verskaf deur Cape Island