“Cauli wings” met taai kasjoe-suurroom-doopsous

Ons deel in dié inskrywing “Cauli wings” met taai kasjoe-suurroom-doopsous van Miraweiner.com.  Die resep kan 4 mense bedien.  Die voorbereiding proses neem 15 minute en gaarmaak-tyd ook 15 minute.  So in 30 minute kan julle ‘n smul lekker dis bymekaar sit.  Perfek as ʼn peuselhappies vir vriende en familie.

Blaai af en geniet die storie en die foto’s sal wys hoe lekker die maklike resep lyk.

Storie en voedings-aantekeninge

“If cauliflower can become a pizza, rice, mash and cauli wings – you my darling can become ANYTHING!”

Blomkool is vol met voedingstowwe, baie veselryk, gevul met antioksidante en ryk aan vitamiene B en C.  Hulle is ook lae GI en uiters veelsydig, dit is ʼn uitstekende alternatief vir graan en bone.  Die bykomende voordeel van hierdie “Cauli Wings” is dat dit propvol vesel, proteïene, vitamiene en minerale is van beide die blomkool en die keker-ertjie meel.  Dit is ook ʼn wonderlike graan vry resep, terwyl dit nog ʼn bietjie toegeeflik is, want dit word in ʼn pan gebraai en nie gebak nie.

Dit is een van my gunsteling skeppings, daar is net iets betowerend aan hoe divers ʼn blomkool is en die absolute heerlike plesier waarin dit kan omskep.   Met die randjies super bros en sag aan die binnekant, maar ook vol smaak, word dan in ʼn romerige, pittige en super bevredigend doopsous gedomp.  Dié kombinasie is ʼn totale wenner!  Die perfekte peuselhappies of bykos vir ʼn braai of piekniek.

“Cauli Wings” Bestandele:

  • 2 blomkool-koppe, saggies in blommetjies gesny
  • 1 koppie organiese soja- of amandelmelk
  • 1 koppie keker-ertjie meel
  • 1 teelepel gerookte paprika
  • 1 teelepel knoffel poeier
  • 1 teelepel suurlemoenskil
  • 1 teelepel gedroogde kruie (basiliekruid en pietersielie werk goed)
  • 1 teelepel spesiale vryf mengsel (gelyke hoeveelhede gemaalde koljander, gemaalde gemmer en mosterd poeier)
  • 1 teelepel gedroogde groente aftreksel
  • ½ teelepel brandrissie vlokkies (opsioneel)
  • Olie vir vlakbraai (ek gebruik ekstra suiwer olyfolie of koud geperste klapperolie)
Om te bedien:
  • Wit of swart sesamsaad
  • Taai kasjoe-suurroom-doopsous (resep hieronder)
Metode:
  • Sny die blomkool saggies in blommetjies
  • Plaas die organiese soja melk in ʼn bak
  • Meng die keker-ertjie meel, gerookte paprika, knoffel poeier, suurlemoenskil, gedroogde kruie, spesiale vryf mengsel, gedroogde groente aftreksel en brandrissie vlokkies in ʼn aparte bak. Meng goed.
  • Doop die blomkool blom in die soja melk sodat die hele stuk goed bedek is met melk.  Rol dan die blom in die droë keker-ertjie-mengsel sodat dit oraloor swaar bedek is.  Die mengsel moet voldoende wees vir 2 blomkool koppe, maar as u oorskiet het, kan u die droë en nat mengsels saamvoeg en ʼn dun pannekoek-styl brood maak in ʼn kleefvrye pan.
  • Verhit ʼn groot kastrol op medium hitte met olyfolie of klapperolie.  Dit word nie diep gebraai nie, sodat die olie nie die blommetjies bedek nie, maar net tot ongeveer die helfte van die grootte van die blomkool blom.
  • Sodra die olie warm is, plaas die goed bedekte blommetjies in die warm olie en kook vir ʼn paar minute aan elke kant tot goudbruin.
  • Die beste is om dadelik te bedien met die onderstaande taai kasjoe-suurroom-doopsous, of dit kan vooraf gemaak word en weer in die oond verhit word om dit op te skerp!

 Taai kasjoe-suurroom-doopsous bestanddele

  • 1 koppie kasjoeneute, oornag geweek of vir minstens 4 uur
  • ¼ koppie gefiltreerde water
  • 4 eetlepels suurlemoensap
  • 1 teelepel uie vlokkies
  • 1 teelepel suiwer esdoringstroop of ligte agave-nektar
  • ½ teelepel knoffel poeier
  • ½ teelepel appelasyn met ‘The Mother’
  • ¼ teelepel miso
  • Pienk Himalaja sout na smaak
Metode
  • Meng alle bestanddele saam en meng tot glad en romerig. As die mengsel te dik is, kan u dit met meer water verdun.
  • Kan in ʼn lugdigte houer gestoor word en tot drie dae in die yskas gebêre word.

Foto’s verskaf deur Mira Wiener