Hout produkte vir jou huis

Cindy Duglass het Coco Africa begin in 2014 met ontwerp-hulp en leiding van haar man.  Ook met haar vorige ervaring met produk ontwikkeling, produksie-koördinasie en administrasie vanaf vorige indiensneming.

Haar man is ‘n meester vakman en het baie tyd van hulle getroude lewe saam hom dopgehou in die werkswinkel waar hy besig was om die mooiste hout produkte te maak.

Byvoorbeeld: Hy het ‘n Frans gepoleerde tafel, die tafel se pote gedraai en hand beeldhouwerk okkerneut of Afromosia hout in ‘n pragtige meubelstuk gemaak.  Definitief iets om oor trots te wees.  Alhoewel Cindy self genoeg ondervinding in houtwerk het, los sy dit vir haar span om die mooi produkte te maak in Coco Afrika se werkswinkel.  Haar man se werkswinkel is langsaan, indien die span by Coco Africa enige hulp of advies benodig.

Coco Africa

Watter tipe hout word jul produkte van gemaak?


Coco Africa maak slegs gebruik van volhoubare hout. Die hout is hand geselekteer deur Stuart en myself en word afgelewer by hulle werkswinkel.  Hulle produkte is gemaak van verskillende tiepe hout en hou daarvan om ongewone hout te gebruik.  Hulle het ‘n liefde vir verskillende hout-korrels en teksture van verskillende tipes hout.  Die regte karakter van die hout begin weer te wys as jy die hout begin skaaf.  Afhangende van die tiepe produk wat hulle wil maak sal dit bepaal hoeveel produk geskaaf moet word om die korrekte dikte van die hout te wees, vir die bymekaar sit van die produk of vorming van die hout vir die produk.  Hulle werk met sagte en hard hout.  Dit is alles afhangende van die produk wat hulle besig is om te maak.

Coco Africa Coco Africa

Waar kry jul inspirasie vir jul produkte?


Cindy kry haar inspirasie vir Coco Africa se produkte van organiese vorms en stene wat sy oor die jare versamel het.  Die ontwerpe mag dalk bietjie aangepas word gedurende die produksie, om seker te maak dit werk beter met die masjiene.  Hulle het ‘n redelike groot verskeidenheid produkte beskikbaar en wil hulself nie ‘n limiet gee vir die tiepe produkte wat hulle verkoop nie.  Van ons gunsteling produkte is hulle sout-en-peper houers.  Ook hulle moderne hout sny planke.

Coco Africa

Hulle ander produkte sluit in


Hout borde, skinkborde, resepte boek staanders, Canape Houers, Eier Houers, Koek staanders, slaai opskep lepels, houtlepels, eetgerei bokse en vele ander oulike produkte.

Coco Africa

Koop jou produkte so


Coco Afrika doen gepersonaliseerde produkte indien jy meer as 10 items op ‘n slag bestel.  Dit hang ook af van die tiepe versoek wat jy het.

Die span wat by Coco Africa werk is passievol oor wat hulle doen.  Almal kom goed oor die weg onder stresvolle omstandighede met stof en hitte in die werkswinkel.  Die span groei saam soos die besigheid groei.  Hul leer ook saam met die groei van die besigheid hoe om meer dinge te doen.

Kilk hier om te sien waar jy Coco Africa se produkte kan koop.

Jy kan hulle ook volg op Facebook, Instagram en Twitter.

Coco Africa

Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur Coco Africa