Prettige swemdrag geïnspireer deur Suid Afrikaanse produkte

Ons deel graag met Mooi Leefstyl se lesers prettige swemdrag vir mans met ʼn Suid Afrikaanse kinkel tot dit.  Die swemdrag is van Dalebrooks, en dié handelsmerk is gestig in September 2020 deur stigter en eienaar Rory Mackinnon-Little.  Hy vind inspirasie vir die produkontwerpe deur klassieke Suid-Afrikaanse produkte en dinge wat ons almal ken en waarvan ons hou.  Die handelsmerk se naam is geïnspireer deur die populere Dalebrook Getypoel in die vissersdorpie Kalkbaai.  Rory het gedink die naam is gepas en hou mooi verband met waaroor die handelsmerk gaan.

Mooi Leefstyl se lesers kan asseblief nou afrol en meer van Dalebrooks se prettige swemdrag sien.

Dalebrook swimwear Dalebrook swimwear

Vertel ons meer oor die Dalebrooks reeks en inspirasie vir die ontwerpe

Rory maak tans gereed om die eerste versameling, SS21, bekend te stel.

Dalebrooks se SS21 bestaan uit vier verskillende patrone van swemdrag vir mans.

  • Eerste ontwerp is swemdrag met Oros-patroon in pastelblou.
  • Tweede ontwerp is ʼn helderrooi met ʼn All Gold-tamatiesouspatroon.
  • Derde ontwerp is ʼn Mrs Balls-blatjangafdruk in pastelpienk.
  • Vierde ontwerp is ʼn paar Mr Zoggs Sex Wax-afdruk in ligblou.

Hy oorweeg dit ook om aan ʼn dames reeks te werk, maar glo dit sal nie binnekort gebeur nie.

Rory vind ook inspirasie uit Kaapstad, sy strande, sy branderplankry-kultuur en die groot hoeveelheid kulturele erfenisse wat dit bied.  Hy probeer die ontwerpe vir alle Suid-Afrikaners en mense regoor die wêreld aantreklik maak.

Dalebrook swimwear Dalebrook swimwear

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers hul prettige swemdrag koop?

Mooi Leefstyl se lesers kan ʼn hele paar swemdrag aanskaf van Dalebrooks, Klik Hier om ʼn epos te stuur.  Volg ook Dalebrooks op beide Facebook en Istagram, daar word gereeld nuus gedeel oor waar Mooi Leefstyl se lesers nog moontlik ʼn prettige swembroek kan aanskaf.  Boonop gaan 5% van alle profyt na Project18, wat diere-reddingsorganisasies in-en-om Kaapstad onderstuen  deur kos te skenk sodat geen dier honger ly nie.

Dalebrook swimwear Dalebrook swimwear

Verduidelik die vervaarding proses van Dalesbrook swemdrag

Al ons produkte is deur myself ontwerp en vervaardig in Kaapstad.  Ons gebruik ʼn materiaal (poliëster) wat “peachskin microfibre” genoem word,  wat sag is en maklik droog word – ideaal vir swemdrag.  Die matriaal word gedruk deur ʼn proses genaamd sublimasie-druk.  Die prosess is dat hitte die ink na die materiaal oordra, sodat dit nie loop of uitwas nie.  Dit word dan UV-verseël en gereed om deur ons CMT (cut, make, trim) gesny en vasgewerk te word.  Al ons produkte kom in ʼn sakkie wat van die oorskot gedrukte materiaal afgesny is.  Geen materiaal word vermors nie.

Dalebrook swimwear Dalebrook swimwear Dalebrook swimwear

Foto’s verskaf deur Dalebrooks