Wegbreek plek in Paternoster

Ons is baie opgewonde om ‘n baie spesiale Wegbreek plek in Paternoster met jou vandag te deel wat Kusjka du Plessis afgeneem het.  De Linden Boutiek Gastehuis is sentraal geleë te 93 Mosselbank Straat in Paternoster.  Paternoster, ʼn mooi vissers dorpie aan die Weskus is slegs 150km vanaf Kaapstad.  Met sy wit strande, lekker seekos en vriendelike mense is dit die perfekte wegbreek plek.  Die ongerepte natuurskoon sal jou asem wegslaan.  Vir die meer avontuurlustiges is daar aktiwiteite in die omgewing.  Aktiwiteite soos kayaking en perdry op die strand.

Die gastehuis bied meer as net luukse akkommodasie.  Daar is heerlike ontbyt.  ʼn Ervaring van ontspan, bederf en gasvryheid wat die ekstra myl gaan. Wegbreek plek in Paternoster

de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0002 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0005 de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0006 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0009 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster

Kamers:


Daar is sewe luukse kamers met noukeurige binneversiering en alles wat gaste mag nodig kry, van ys-kassies, koffie, tee, beskuit, haardroër, strand handoeke,tv/dstv , gratis Wi-Fi internet en ‘n welkom sjerrie.  Elke kamer se naam is geïnspireer deur die natuur en eg weskus, soos Whale, Oyster, Fynbos, Crayfish, Vygie, Coral en Protea. Die Protea Suite is baie statig soos sy naam voorstel.  Die kamer het sy eie sitkamer, private balkon en vuurmaak plek. Waar die see uitsig die kersie op die koek is.  Perfek vir ‘n wittebrood paartjie.

de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0012 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0014 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0016 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0018 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster

Leef areas:


Die gastehuis bied drie binne leef areas elk met hulle eie gevoel.  ‘n Gas kaggel vir daardie opkrul koue aande.  ʼn Lang tafel met rottangstoele.  ‘n Konsertina deur wat heeltemal kan oopvou op ‘n warm dag.  Dit bied gaste ‘n area waar daar lekker gelees en kuier of selfs ‘n bietjie gewerk kan word.  Die buitenste terras onder met sit area en vuurmaak plek, huisves kunstige sement engel beelde wat dikwels die middelpunt van gesprekke vorm.

Op die  boonste verdieping bied ‘n modern eetkamer waar gaste kan weglê aan ‘n smaaklike ontbyt en kwaliteit koffie. Die hoof sitkamer is lig en vars met ʼn gas kaggel en groot plat-skerm TV en DSTV vir daardie gesellige kuiers.  Die sitkamer loop uit op ‘n groot stoep met beeldskone see uitsigte en vuurmaakplek, perfek vir lui lekker middae in die son.

de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0020 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0022 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster

Persoonlike en vriendelike diens:


Die De Linden Boutiek Gastehuis span het n passie vir mense en uitmuntende diens. Die gastehuis bied diverse areas en persoonlike aandag aan elke gas wat by die voordeur inkom. Met aandag tot elke detail bied De Linden ʼn bekostigbare boutiekervaring wat lank onthou sal word.

de-linden-gesien-op-mooi-leefstyl_0024 De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster

Bespreek jou plek:


Besoek  hulle by  93 Mosselbank Straat, Paternoster of klik hier om na hulle webtuiste te gaan.

De Linden Boetiek Gastehuis Patrenoster

Artikel Krediet: