DeskStand se oulike konsep

DeskStand offer ‘n gesonde balans tussen sit en werk en staan en werk.  Ons is baie opgewonde oor DeskStand se konsep en dink dit is ‘n fantastiese konsep wat perfek sal werk vir enige persoon wat voor hulle rekenaar moet werk.  Dit help om jou postuur te verbeter en sodoende ook jou fokus omdat jy regop staan is jy baie meer gefokus aswat jy sit.  DeskStand kan ook gebruik word in ‘n sit posisie.  Chiropractors het ook ingestem dat die konsep ‘n fantastiese een is, omdat dit rugpyn verlig kmdat jy meer staan in die lewe as sit.  Ryan Roberts is die ontwerper agter die Suid-Afrikaanse DeskStand konsep en is definitief een van Suid-Afrika se meer bekostigbare en hoë kwaliteit staan lessenaars.

Wat vir ons uitstaan is die feit dat jy die lessenaar kan verander soos jy wil of jy ‘n wil sit of staan of jy kort is of lank is en of jy dit op ‘n lessenaar wil sit of op die grond.

Ons het gaan kuier by hulle winkel in Old Biscuit Mill en ‘n paar foto’s geneem vir julle. Geniet die foto’s en onthou om jou DeskStand te koop of jou baas te wys om dit aangeskaf vir julle kantoor.

deskstandDeskStand_0002 DeskStand_0003 DeskStand_0004 DeskStand_0005 deskstand DeskStand_0007 deskstand DeskStand_0009 DeskStand_0010