Middagete by Devil’s Peak De Oude

Ons deel graag met Mooi Leefstyl lesers ons nuutste ontdekking in die hartjie van Welgemoed, Bellville  en dit is die gesellige plek Devil’s Peak De Oude.  Geleë langs die Bellville Golfbaan.  Is dit perfekte plek vir ‘n familie ete of besigheid middagete.  Selfs as jy net opsoek is om lekker kos en gesellige drankies te geniet saam met vriende.

Meer oor die gebou van Devil’s Peak De Oude


Die erfenis gebou van 1677 wat bekend was as die De Oude Welgemoed is gerestoureer.  Dit is nou die huis van Devil’s Peak De Oude.  Baie mense ry deur Welgemoed en sien die mooi historiese gebou wat uitsteek net so bokant die Golfbaan.  Nou weet jy presies wat dit is.  Stop volgende keer daar vir ‘n heerlike middagete of boek jou aandete by die snoesige restaurant.

Die verskillende dele van Devil’s Peak De Oude


Devil’s Peak De Oude bestaan uit drie verskillende dele –  Alpha Beer Hall, Bistro en De Oude Manor.  Daar is letterlik iets vir elke persoon se smaak en omdat De Oude deel is van die Devil’s Peak familie kan jy verseker weet daar sal nie ‘n te kort wees aan goeie bier nie.  Hulle het altesaam 18 krane wat gestrek is tussen die verskillende areas.

De Oude Bistro is perfek vir die van julle wat iets vinnig, maar lekker soek soos pizza, bier en ciders.

Alpha Beer Hall is ‘n gesellige vertrek waar jy jou gunsteling bier kan geniet saam met familie of vriende.  Hulle verkoop nie net bier nie, so moet nie bekommerd wees om jou vriende wat nie ‘n palet het vir bier saam te bring nie.  Hulle kan ander drankies geniet wat deel is van die drankies spyskaart by De Oude.

De Oude Manor is vir ons die hoof restaurant by Devil’s Peak De Oude.  Die interieur is simplisties met pragtige ontwerp elemente wat perfek inpas by die gevoel van die Devil’s Peak De Oude.

Nooi al jou vriende


Geniet jou tyd saam met vriende, familie en kinders by Devil’s Peak De Oude onder die 300 jaar oue Eikeboom die Somer en in die Winter kan jy lekker opgewarm voel met die verskillende vure en kaggels wat sal brand.   Devil’s Peak De Oude is nie net ‘n restaurant waar jy in die Somer hoef te eet nie, maar waar jy ook in die Winter ook ‘n snoesige tyd om die kaggelvuur kan hê.

Ons etes by Devil’s Peak De Oude


Ons het die Spiced Lamb Riblets met Komyn, Lemoen en Pietersielie jogurt sous gehad en Smoked Snoek Paté met Peperwortel-room en Suurdeeg broodjie as voorgereg gehad.  Dan vir hoofgereg het ons die Bacon Beer, Cheese and Mushroom burger en Slow Cooked Lamb Shank met Pastinaak Puree, Roosmaryn Salsa Verde en Lente Groente gehad.  Wat absoluut uit die boonste rakke was en dan ons gunsteling was die Sjokolade Mousse nagereg.  Dit is definitief ‘n moet as jy hier gaan eet.   Dit was ekstra lekker saam met hulle heerlike Cappuccino wat hulle bedien.

Mooi Leefstyl bevorder nie drink en bestuur nie!  Ons beveel aan dat jy iemand kry om jou veilig by die huis te kry.

Artikel Krediet