Die krag van Paradigma

Die Krag van Paradigma – dit is presies waaroor die artikel gaan.  Hoe jy dinge sien en benader, daar is altyd ʼn ander perspektief om iets te sien.  Dit maak nie saak hoe jy dit sien nie, maar elke liewe een van ons is deur een of ander moeilike tydperk die afgelope jaar.  Of dit nou persoonlik is of in besigheid, elke persoon was aangeraak oor gebeure.   Dit maak dat almal gestres en geïrriteerd voel.

Die betekenis van Paradigma word as volg deur Wikipedia, die vrye ensiklopedie beskryf as volg: “Oor die algemeen verwys ʼn paradigma na ʼn sienswyse“.

Nou is die tyd om ʼn tree terug te gee en bietjie te ontspan.  Om te kyk na jou gesondheid en psigiese gesondheid.  Dit is so belangrik om ʼn goeie balaans in die lewe te hê.

By Mooi Leefstyl glo ons daaraan om jou ontspan tyd ekstra spesiaal te maak.  Mira Weiner van Hot Oven Marketing het ʼn paar oulike besighede wat goed saamsmelt bymekaar gekry.  Die perfekte boeket van produkte saam om jou by die huis te bederf.   Alles met die doel om jou kalmer en ʼn rustige ontspan ervaring te gee.  Rol af om meer te leef oor elke produk se unieke ervaring en die krag van Paradigma.

Slaap lekker sag en gemaklik:

COCO-MAT was gestig in Griekeland in 1989.  Die doel van hul besigheid was om ʼn heerlike nagrus te bied en goeie drome vir die wat hulle kussings, beddens en matrasse gebruik.  Tot en met vandag is al hul produkte handgemaak deur professionele ambags manne en dames.  Al hul produkte word deur natuurlike materiale vervaardiging en die mees volhoubare bronne moontlik.

Ons het ʼn pragtige eko-vriendelike kussing pakket ontvang wat die volgende insluit: – ʼn pragtige eko-vriendelike kussing pakket waar ons eie kombinasie by mekaar kan sit deur om die natuurlike rubber, laventel, seewier en bloekom blare te meng, om die mees aromatiese reis kussing te maak wat oral saam met ons kan gaan vir die beste nagrus met die ontspannende aromas. Dit sal jou vanself sommer onmiddelik meer rustig laat slaap of mediteer.

Kalmerende slaaptyd verversing:

Carmién Tea is ʼn Suid-Afrikaanse gunsteling en is geleë in die Piekenierskloof pas.  Die eerste stop op die rooibos roete en die ingang van die Cederberg.

Gestig deur Mientjie Mouton in 1998, die naam “Carmien” is ʼn samevatting van haar en haar suster, Carmen Niehaus, se name.  Hulle glo daaraan om ʼn direkte skakel te bied vanaf die plaas tot die koppie tee wat jy geniet.  Dit is om seker te maak dat die verbruiker die beste koppie organies rooibos kan geniet.

Carmién Tea bied ook baie plaaslike werksgeleenthede aan werknemers as ook ʼn mark aandeel in die besigheid.  Plus minus 683 plaaswerkers is aandeelhouers (sowat 4000 insluitende familie lede) wat direk beinvloed word deur die rooibos  se verkope.  Elke 100 ton pakke tee gee nog 10 mense ʼn werk.

Carmién Orange Camomile bevat ʼn geurige mengsel van groen-rooibos, groen-heuningbos en kamille tee.  Dit is perfek gemeng met die effens geparfumeerde geur van bergamot, oranje en romerige vanielje.  Die ideale drankie voor slaaptyd – rooibos streel die senuweestelsel, terwyl kamille kalmerend is.

Lees stof wat jou help om jou vloei te vind:

7 Steps to Finding Flow is ʼn boek geskryf deur Nicky Rowbotham wat praktiese oplossings, wysheid en strategieë bied vir die leser.   Dit sal jou help om die stresvolle tye te verlig.

Niemand kan stres vryspring nie, maar mens kan leer om dit beter te bestuur en so ook ʼn meer gesonder, energieke leefstyl en balaans te handhaaf.  Dit is presies wat Nicky se boek, 7 Steps to Finding Flow oor gaan.

Definitief ʼn moet lees!

Natuurlike skoonheid beskerming:

Oh-lief is gestig in 2010 deur Christine Buchanan en Louiza Rademan; en hul liefde vir die natuur en passie om produkte wat die vel en natuur nie skade sal doen nie.

Ons het Oh-lief se natuurlike waterige room probeer, wat ook die enigste natuurlike waterige room tans in Suid-Afrika is.  Die room bevat geen petrochemikalieë, paraffien of minerale olies nie.  So definitief ʼn gunsteling vir ons!  Die room bestaan uit klapperolie, olyfolie, bees-waks en Bentoniet klei.

Die perfekte kombinasie om ʼn droë, gekraakte of ekseem-geneigde vel mee te behandel.   Min mense weet dit, maar die room kan ook gebruik word as ʼn wasmiddel vir jou vel asook ʼn room vir die hele gesin.

Saadjies vir ʼn beter môre:

Growing Paper is ʼn trots Suid-Afrikaanse besigheid.  Hulle maak 100% hand gemaakte, herwinde, plantbare en bio-afbreekbare papierprodukte.  Hierdie papier produkte groei dan en word pragtige groente of blomme wanneer dit geplant word.

Roxanne Schumann het die besigheid begin op haar familie plaas met behulp van ʼn skool vriendin, Nileta Knoetzen in 2010.  Hul aanvanklike doel was om ʼn volhoubare produk te skep wat kan bydra tot die herwinning-kultuur en ʼn bietjie skoonheid in die wêreld te bring.

Nou bied die besigheid werk vir 30+ mense en help met opleidingsgeleenthede vir hul werkers.

Ons het ook ʼn boksie met ʼn paar geskenkies ontvang wat ons definitief gaan gebruik vir ʼn goeie nagrus.   Die sade wat ons produkte insluit is vir gesonde slaap en sluit in suurlemoen-balsem, kamille en laventel.

Artikel Krediet: