Unieke juweliersware uit hout, metaal & klei

Dor+kie jewellery objects is ‘n spanpoging van ‘n getroude paartjie wat ‘n passie het vir die kuns om konvensionele materiale op onkonvensionele maniere te verken.  Hulle maak unieke juweliersware uit hout, metaal en klei, waarvan hout tans hul hoof vervaardiging-materiaal is.  Hul juweliersware is groot, bonkig en só ontwerp om uit te staan teen kommersieel vervaardigde juweliersware.  Omdat hout heelwat ligter as metaal en klei is, is hul bonkige juweliersware steeds uiters gemaklik om te dra.  Elke hout produk word met die hand gekerf, dus sal nie een van hul juwelierstukke ooit dieselfde lyk nie, al is dit dieselfde ontwerp.  Vrouens tussen 30 en 50 sal veral aanklank vind by hul produkte, omdat dit onkonvensioneel en modern is, maar steeds ‘n tydlose en duursame indruk skep.

Rol af vir ‘n uiteensetting van Dor+kie jewellery objects se unieke juweliersware en vind uit wat dit is wat hierdie produkte juis só uniek maak.

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Agtergrond van Dor+kie jewellery objects


Dor + Kie is in 2010 deur myself, Diana James, gestig.  My man, Andre James, het in 2017 deel geword van de besigheid.

Die naam Dor+kie jewellery objects is gedeeltelik ’n verwysing na my twee Oumas se name (Doris en Dora) en Kie, die Afrikaanse weergawe van Co, vir Company.  As mens dit lees in Engels klink dit soos door and key (sleutel en deur.)  Dit is dus ook gepas vir die materiale wat ons gebruik – hout en metaal.

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Produksieproses


Al ons produkte is hand gemaak deur myself en my man Andre.  Ons werk vanaf ons werkswinkel en studio in Woodstock, Kaapstad.  Alle hout stukke word met die hand gekerf en verwerk, so elke stuk lyk anders en uniek.  Vandat Andre deel is van die span, doen hy meestal die houtwerk, siende dat hy ’n agtergrond in Industriële ontwerp het.  My agtergrond is in juweliersware, so meestal van die metaalwerk word deur my gedoen.  Ons albei hou van die kleiwerk en ons meng en verwerk self ons klei vir die terrazzo en marmer effek.

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Wat Dor+kie jewellery objects uniek maak


Ek voel ons grootste uitsondering is die feit dat ons juwele met hout en Polymer Klei maak.  Nog ’n uitsondering is die fasette op ons hout stukke, maar ons wil graag iets nuuts probeer vir ons nuwe reeks in 2020.  Hout is heelwat ligter in gewig as metaal en klei, so ons hou daarvan om ons produkte groot en bonkig te maak.

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects v dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Waar om Dor+kie jewellery objects se produkte te koop


Ons juweliersware kan by ons aanlyn winkel op ons webwerf gekoop word.

Verder, word ons juweliersware ook by die volgende winkels verkoop:

  • Mungo & Jemima se winkels in Kaapstad en Stellenbosch
  • Purr Clothing in Kaapstad
  • Just Cruizin in Kaapstad, Hermanus en Johannesburg
  • The Ark in Franschhoek
  • Heartworks in Kaapstad
  • Tactile Room in Parys

Vir enige verdere inligting, kontak Diana by dorandkieobjects@gmail.com.

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Dor+kie jewellery objects se sosiale media


Om Dor+kie jewellery objects se nuutste produkte te sien en op hoogte te bly met die moderne modes in die juweliers-bedryf, volg hulle op Instagram en Facebook. 

dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects dor&kie jewellery objects

Artikel krediet

Fotograaf: Sven Kristian