Tydlose mode produkte deur Eden and Co® 

Ons deel met Mooi Leefstyl se lesers tydlose mode produkte, wat nie net mooi is nie, maar ook stylvol.  Eden and Co® is in 2013 deur Conrad en Nikke Basson as studente in Stellenbosch begin.  Conrad was op daardie stadium nog ʼn voorgraadse student, terwyl Nikke haar Honneursgraad voltooi het.   Kort nadat Conrad en Nikke die eerste vel leer vir die eerste sakke van hulle nuwe studente-besigheid gekoop het, het twee van hulle goeie vriende aangebied om ook deel van die onderneming te raak.  Mooi Leefstyl is altyd opgewonde om oulike plaaslike besighede te publiseer.

Die vier vriende het op daardie stadium baie tyd saam deurgebring, veral op hul bergfietse in die berge van Stellenbosch.  Eden is ʼn spesifieke bos vol bergfiets-paadjies in Stellenbosch, en was die gunsteling fietsry-plek van die vier vriende.  Eden verwys natuurlik ook na die Tuin van Eden, wat simbolies is vir die begin van iets nuut.  Die “Co” van “company” verwys na geselskap, aangesien die vier heeltyd in mekaar se geselskap was.  Die ander twee vriende het ʼn paar maande later egter besluit om op ander weë te gaan, en bly vandag in Londen.

Al Eden and Co® se produkte word plaaslik vervaardig.  Hul produkte word oor drie persele vervaardig: twee in Kaapstad en een in die Karoo.  Alle rou materiale word van plaaslike verskaffers af gekry, en ons produkte word dan op fyn uit gewerkte skedules vervaardig, waarna dit dan na ons hoofkantoor in die Karoo gestuur word.  Hier word elke produk nagegaan en deur ʼn kwaliteit-inspeksie gesit voordat dit sorgvuldig en netjies verpak en gestuur word.  Hul lewer wêreldwyd af by die kliënt se deur adres.  Lees meer oor ons onderhoud met Eden and Co® hieronder.

Reeks produkte:

Eden and Co® bied vandag vier produkreekse aan, naamlik “Klassik”, “Footwear”, “Weddings and Accessories” en “Jewellery”.

“Klassik” is die vlagskip versameling van luukse en tydlose leergoedere, en sluit onder meer rekenaar-sakke, beursies, handsakke en ʼn doekesak in.

In ons “Footwear”-versameling het ons vier style sandale, elkeen in twee kleure, asook twee winter skoentjies.

Met ons “Weddings and Accessories” reeks fokus ons op egte leerkruisbande, strikdasse en belde. Die Juweelreeks is ons jongste reeks, wat Desember een jaar oud sal wees.  Ons juwele strek van stapelringe tot hangertjies en oorbelle, alles handgemaak uit egte silwer met egte varswaterpêrels en edelstene.

Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery

Inspirasie agter die produkte:

Eden and Co® poog om alle produkte so tydloos as moontlik te hou.  Wanneer daar ʼn gaping in die mark vir ʼn spesifieke produk ontstaan, ontwerp ons so ʼn produk.  Hierdie ontwerp-proses kan ʼn hele paar maande duur, omdat ons regtig fokus daarop om die produk so tydloos as moontlik te hou.  Ons doelwit is om elke produk SO te ontwerp dat dit ʼn paar dekades van nou af steeds stylvol sal wees.  Ons glo dat duursame leer produkte en klassieke juwele so ontwerp moet word dat dit nooit uit die mode uit gaan nie.

Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery

Gewildte produkte:

In elke reeks is daar uitskieters. Ons Klassik skouersakkie (crossbody bag) en Rekenaarsake is veral gewild, terwyl die sandale ook baie gewild is. Ons vind dat baie mense een seisoen ʼn bruin paar koop en dan so tevrede is dat hulle die volgende seisoen ʼn identiese swart paar, of ʼn alternatiewe styl koop om hulle Eden and Co®-versameling uit te brei. Wat die juwele aanbetref, is ons Double Dot oorbelle en die Leafy Pearl oorbelle besonders gewild.

Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery Luxury Leather Goods & Jewellery

Kontak Eden and Co ®:

Lesers is welkom om hul aanlynwinkel te besoek as jy iets wil koop.  Jy kan hul ook ‘n e-pos stuur.  Hulle is ook welkom om vir ons op Facebook of Instagram ʼn boodskap te stuur.

Artikel Krediet:

Fotograaf: Nina Buys