By Mooi Leefstyl deel ons met ons lesers opvoedkundige speelgoed vir jou kinders wat nie net oulik is nie, maar ook opvoedkundig is. Edulove se produkte word met ‘n opvoedkundige, terapeutiese oogpunt ontwerp en kan gebruik word vanaf geboorte tot en met skoolgaande ouderdom. Hulle het al selfs van hul sensoriese produkte ontwerp en vervaardig vir bejaardes met Alzheimer’s en Dementia gediagnoseer is.
Die ‘Mini’ Baba kubus word aanbeveel om gebruik te word van geboorte tot op 12 maande; en die groot sensoriese aktiwiteitskubus word aanbeveel vir baba’s van 6 maande tot skoolgaande ouderdom.
Nika Serfontein en Carissa Jansen het die 26ste Julie 2017 besluit om saam in ‘n trein te klim om hul drome na te jaag. Hulle is al jare lange vriendinne en nou is hulle saam die mede-eienaars van Edulove opvoedkundige speelgoed. Edulove is ‘n samevoeging van twee engelse woorde, Edu- (wat opvoedkundig) en -love (wat liefde) beteken. Dus beteken dit dat elkeen van Edulove se produkte opvoedkundig is en handgemaak word met liefde en werkmanskap.
Reeks produkte:
Edulove het ‘n redelike verskeidenheid produkte, maar hulle het altyd nog ‘n toertjie in die mou. Hulle maak seker dat daar ten minste elke 6 maande ‘n nuwe produk of reeks geloods word.
Verskillende temas:
Daar is 2 verskillende tema’s vir die groot sensoriese aktiwiteitskubusse. Prins Charles en Koningin Elizabeth wat 20 x 20 x 20 cm groot is. Verder het hulle in 2018 die 2 verskillende klein of ‘mini’ baba kubusse. ‘n Rooi, swart en wit een; en ‘n geslag-neutrale een wat 15 x 15 x 15 cm meet.
In April 2020 het hulle as deel van hul Tierlantyntjies veldtog die ‘Teething’ letter geloods. Dit is ‘n sensoriese letter wat volgens enige letter van die alfabet gemaak kan word. Die mees onlangse toevoeging tot die Edulove-gesin is in samevatting met Korneelija Designs. Wat self die ‘My eerste jaar baba-album’ ontwerp en vervaardig het.
Laaste maar nooit die minste word daar in Augustus sensoriese speelmatte bekend gestel.
Inspirasie vir Edulove produkte:
Nika en Carissa werk beide met kinders wat verskillende spesiale behoeftes het. Hul vind dus hul inspirasie deur hul daaglikse interaksie met kinders. Hulle kan eerstehands waarneem wat die spesifieke groot- en fyn motoriese agterstande is waarmee die kinders sukkel.
Verder het hulle die gaping in die mark gesien vir handgemaakte sensoriese, opvoedkundige speelgoed. Beide van hulle het kreatiewe breine en sit gereeld koppe bymekaar om met ‘n oorspronklike ontwerp die agterstande aan te spreek.
Koop Edulove produkte:
Edulove se produkte kan aanlyn op hulle aanlynwinkel en webtuiste bestel word. Hulle lewer gratis in Pretoria-Oos af, maar hulle maak gebruik van Postnet as hul koerierdiens vir ‘n addisionele koste. Stuur hulle gerus ‘n e-pos indien jy enige vrae het. Edulove is aktief op Facebook en Instagram.
Gewilde produkte:
Edulove se groot en klein sensoriese kubusse vat verseker die kollig by ons kliënte. Die ‘Teething’ letter is kort op die ander twee produkte se hakke.
Plaaslik vervaardig:
Edulove se produkte word met liefde handgemaak in Pretoria. Eerste stap van die produksie proses is by die ontwerp van die panele. Om met idees te speel en verdere navorsing te doen. Tweede stap is om na die lap/materiaalwinkel te verkeer. Te kyk watter beskikbare kleure, teksture en tema’s in die winkel is.
Die lappe word dan gewas, gehang en in blokke gesny sodat dit omgekap kan word. Dan die daarop volgende stap is dan om die ekstra’s te meet, af te teken en uit te knip. Dit vassteek werk verg baie konsentrasie en geduld en mes sien hoe vinnig jou produk bymekaar kom. Die 6 panele word aanmekaar gesit, ritssluiter vas , spons binne-in die oortreksel, en viola!
Fotograaf: Cindy Hawley Photography
Ontwerp: ‘My eerstejaar’ baba-album word ontwerp en vervaardig deur Korneelija Designs.