Oulike hand-gebreide truitjies vir kinders

Esjé de Wet het as ‘n stokperdjie begin om hand-gebreide truitjies vir kinders te maak.  Haar tannie het haar op die ouderdom van ses leer brei;  Van daar af het sy nooit opgehou om hierdie vaardigheid te beoefen nie.  Die terapeutiese effek en ontspanning wat sy deur die klik van naalde en die aanraking van luukse garing en vesels gekry het, het haar vreugde en rustigheid vanaf ‘n jong ouderdom gegee.

Esjé het besluit om haar passie en talent met haar medemens te deel en ‘n besigheid te begin.  Haar besigheid se naam, EssiePessie, is deur haar dogter voorgestel, aangesien sy gereeld haar kinders JohannesKepannes en SantieParmantie genoem het toe hulle jonk was.  Hierdie oulike truitjies, wat sy self ontwerp, brei en borduur, het sommer gou gewild geraak.  Die truitjies se goeie kwaliteit, duursaamheid en eenvoudige was-instruksies maak dit ‘n gerieflike produk vir kinders én hul mamma’s.

Haar hand-gebreide truitjies se patrone dateer uit die 1940’s.  Die oopknoop-truitjies en somerrokkies word op ‘n ou tradisionele brei-metode van bo af gebrei.  Dit word dan ook afgerond met ‘n bypassende hoedjie.  EssiePessie se twee gewildste produkte is haar grys truitjie met ‘n goue kroon vir die dogtertjies, en die ligblou truitjie met ‘n hondjie ontwerp vir die seuntjies.

Esjé se truitjies is die perfekte geskenk vir ‘n pienk-voetjie wat ‘n gemaklike warm-ding vir die winter kort.  Haar produkte kan aanlyn gekoop word, asook in Maart 2020 by Jan van Riebeeck Hoërskool tydens Kamers/Makers.

Besoek haar Facebook en Instagram blaaie om na al haar oulike ontwerpe te kyk en jou bestelling te plaas.

EssiePessie Knitwear EssiePessie Knitwear EssiePessie Knitwear EssiePessie Knitwear EssiePessie Knitwear