Pragtige fyn juweliersware

Op Mooi Leefstyl deel ons die Pragtige fyn juweliersware van Fielafooi.  Die stigter en eienaar van Fielafooi is Aileen Fevrier (nou Visagie).  Aileen het in 2014 moed bymekaar geskraap en die korporatiewe lewe in Kaapstad agter gelos.  Sy het saam met haar verloofde (nou haar man) Hermanus toe getrek en daar haar studio by die huis ingerig.  Sy is ʼn gekwalifiseerde goudsmid en haar plan was altyd om na haar draai in korporatief terug te keer na dit waarvoor sy lief is – om met haar hande the skep.

Ons hou vreeslik baie van haar juweliers ontwerpe.  Dit is so fyn, ʼn simplistiese gevoel, maar nogsteeds so baie detail.  Perfek vir die moderne vrou.  Aileen het ook genoem dat hulle besig is om aan ʼn mans reeks te werk.  Ons is baie opgewonde hieroor.  Geniet ons onderhoud met Fielafooi hieronder.  Onthou om die artikel met jou vriende op sosiale media te deel.

 handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Inspirasie agter Fielafooi se naam:

Twee weke voor haar eerste mark te Gabrielskloof, Botrivier was daar nog nie ʼn naam nie  – besigheidskaartjies moes gedruk word en verpakking gefinaliseer word.  Te midde die verlammende gedagte “wat as niemand van my skeppings hou nie!?”  Daar sit sy en haar man toe een aand en om die spanning bietjie ligter te probeer maak begin hy die simpelste name opnoem – dit verander toe in ʼn speletjie – wie kan aan die simpelste een dink – vet pret.

Daar word Fielafooi uitgeroep en nie een van die twee lag nie.  Dis Afrikaans, rol lekker van die tong af en pas by die ontwerper asook die ontwerpe.  Dis perfek!  Dan verwys dit boonop na die ringvinger volgens die bekende Afrikaanse rympie.  Net daar is die besluit toe gemaak.  Fielafooi sal dit wees.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Reeks van produkte:

Op enige gegewe oomblik is daar om en by 50 verskillende items om van te kies uit Fielafooi se reeks.  Daar word vir die markte hoofsaaklik van silwer, koper en bras gebruik gemaak.  Dan is daar ook die afdeling van verloof – en trouringe wat altyd baie opwindend en ʼn groot voorreg is om van deel te wees.

Op die oomblik is die ontwerpe op vroue gefokus.  Daar is wel ʼn mans reeks oppad in die nabye toekoms.  Versoeke daarvoor stroom al ʼn geruime tyd in en dinge is aan die gebeur in die studio. Natuurlik is daar ook die opsie vir pasgemaakte stukke om gemaak te word op versoek . Geskenkies vir strooimeisies is ook baie gewild.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Inspirasie agter die produkte:

In die tuin, die natuur.  Die studio is ʼn plek waar daar gespeel en ontdek word. Soms kan mens sit en kyk vir ʼn steen of stuk metaal en as jy lank genoeg kyk se hulle vir jou wat hulle wil wees – ʼn tipe aanvoeling.  Dis ʼn vloeiende proses en ook hoe baie “eenmalige” stukke gebore word.  Ongelukkig is daar nou geen goeie kwaliteit fotos vir voorbeelde van hulle nie.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Koop Fielafooi se produkte:

Fielafooi kan elke Saterdag (in normale omstandighede) by die Hermanus Country Market gevind word.  Kovid het dinge natuurlik effens omver gegooi, maar ons is baie opgewonde om te se dat die mark weer vanaf die 8ste Augustus 2020 oop sal wees. Dan is daar ook die jaarlikse kersmark te Gabrielskloof – ʼn gunsteling vir baie.  Deur die week en die res van die tyd kan daar deur middel van epos of Instagram en Facebook boodskappe kontak gemaak word.  ʼn Beperkte aantal van Fielafooi se produkte is ook aanlyn by Hello Pretty te koop.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Gewildste produkte:

Definitief enge iets met ʼn hartjie te doen – hulle vlieg uit.  Dan ook die veertjies in silwer (beide die hangertjie en die oorbelle), al die ” elicious monster” ontwerpe, “stack rings” en enige iets met ʼn steen in.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Plaaslik vervaardig:

Elke item wat deur Fielafooi verkoop word, word deur Aileen se eie twee hande gemaak.  Die proses begin by die smelt van die metaal.  Daarna volg die verwerking na plaat of draad van wat ookal die gewenste diktes en deursnee is vir die volgende projek.  Dan is dit ʼn gehammer, gesaag, gesoldeer, geskuur en ʼn gepoets tot die uiteindelike produk.  Als in die studio by die huis en soms tot haar man se verergernis.  Het ons genoem sy is ʼn naguil?  Hy is nie.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery

Koop Fielafooi se produkte:

Volg Fielafooi op Instagram en op Facebook vir tonne inspirasie.  Jy kan ook hul produkte aanlyn koop op Hello Pretty.  Indien jy in persoon wil gesels met Fielafooi oor hul produkte kan jy haar ʼn e-pos stuur of ʼn inboks boodskap stuur deur Facebook of Instagram.

handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery handcrafted jewellery