Flambojante dekor Inspirasie vir die Feessisoen

Het jy dalk uit idees gehardloop vir jou Kersfees tafel en voel asof jy jaar na jaar dieselfde kleurskema en dekor gebruik?  Lily Berry Events deel hul Kersfees fotosessie propvol flambojante dekor inspirasie vir die feesseisoen.  Die tema van die fotosessie is skakerings van blou.   Groen en rooi staan al vir jare bekend as Kersfees kleure.  Groen dien as simbool van Jesus Christus se ewige lewe, net soos immergroen bome nooit sy kleur verloor nie.  Rooi simboliseer Jesus se bloed wat tydens sy kruisiging gestort is.  Maar, hierdie kleure hoef egter nie in jou dekor voor te kom nie.  Speel met dekor en skakerings van kleure om ‘n prettige omgewing te skep.  Daag jouself uit om met simboliese dekor die ware boodskap van Kersfees uit te beeld, al bevat dit nie tradisionele Kersfees kleure nie.

Gebruik hierdie fotosessie om jou familie en vriende te beïndruk met kreatiewe idees en pragtige Kersfees dekor;  Niemand hoef te weet van jou geheime bron nie!  Indien jy jou kreatiewe kant weer wil aanwakker, gebruik hierdie fotosessie as inspirasie om te eksperimenteer met kleure en teksture en nuwe lewe na jou Kersfees tafel te bring!

Lily Berry Events

Wie het die fotosessie gereël?


Die fotosessie is gereël deur Lily Berry Events.  Lily Berry Events doen is ook lief vir blomme doen en dus is die blomme van die fotosessie ook deur ons gedoen.  Ons passie is om alles mooi te maak vir enige funksie.

Lily Berry Events Lily Berry Events

Inspirasie vir die fotosessie?


Ek is mal oor die Kerstyd.  Dit is vir my die beste en lekkerste tyd van die jaar.  Wanneer die seisoen begin, wil ek net inspring en alles mooimaak!  Ek begin dikwels al vroeg te dink fantaseer oor hoe die Kersfees tafel moet lyk.  Ek het hierdie jaar gefokus op die blou en wit tema.  Dit is vir my heerlik om die dekor en blomme met ander te deel.  Dis wonderlik om alles gesellig te laat lyk en mense opnuut opgewonde oor die kerstyd te laat maak.

Lily Berry Events Lily Berry Events

Hoekom is die span diensverskaffers gekies om saam te werk?


My span was grootliks Lily Berry Events en die fotograaf van Woodlea Photography.  Ons is ‘n span wat mekaar vreeslik goed verstaan en ‘n passie vir foto’s, blomme en dekor deel. Sommige van die dekor elemente was van Event2set.

Lily Berry Events Lily Berry Events

Wat was vir jou die spesiaalste deel van die fotosessie?


Die spesiaalste deel van die fotosessie was definitief om dit met my Moeder te deel.  Sy is die fotograaf van Woodlea Photography en sy deel absoluut my passie.  Sy is ook my assistent met die blomme en gee altyd goeie raad.  My ma het ‘n besonderse oog vir detail en weet net hoe om iets ekstra mooi in alles in te bring.  Sy is versot op fotografie en geniet dit om so saam met my na al my funksies te gaan waar ons blomme doen en mooi foto’s neem.

Lily Berry Events Lily Berry Events

Advies wat aan mense gegee kan word wat die inspirasie wil volg?


Doen net waarvoor jy lus is rakende dekor vir die Kersfees!  Kies iets wat vir jou mooi is en wat vir jou gesin en familie gemaklik sal laat voel.  Geniet die feestyd, laat kindertjies saam help met die blomme of dekor.  Dis vir hulle altyd so opwindend en sulke wonderlike herinneringe word gemaak.  Volg jou eie styl en dit waarvoor jy lief is.

Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events Lily Berry Events

Diensverskaffers