Selfversekerde, opwindende en stylvolle T-hemde

Mooi Leefstyl deel met ons lesers ‘n opwindende klerereeks genaamd flink. clothing.  Soos die klerereeks se handelsmerk noem is dit aantreklik op ‘n selfversekerde, opwindende en stylvolle manier met oulike Afrikaanse woorde gedruk.  Karla Swanepoel het die vars en opwindende handelsmerk in Mei 2018 gestig.   Die inspirasie vir die woorde kry Karla van flink. clothing se kliënte.  Hulle fokus meesal op T-hemde, tog het hul nagklere en ander produkte in hul reeks.

Al hul produkte word plaaslik vervaardig in Durbanville in die Kaap.  Mooi Leefstyl se lesers kan hul T-hemde aanlyn koop.  flink. clothing trots hulself baie aan hul verpakking van hul produkte en wil hul hê elke kliënt moet baie spesiaal vol.  Hulle sit baie tyd en beplanning in dié detail.

Mooi Leefstyl se lesers kan nou afrol en meer van die nuwe en opwindende klerereeks lees.  Julle sal ook lees hoe om van jou eerste flink. clothing T-hemde te koop.  Neem ‘n foto en deel op jou gunsteling sosiale media platform – gebruik die #mooileefstyl hutsteken sodat ons ook kan sien hoe julle lyk in jul spoggerige T-hemde.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Wie is die stigter en wanneer was die flink. clothing gestig?

Karla Swanepoel is die eienaar en stigter van flink. clothing en sy het die besigheid in Mei 2018 begin.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Wat was die inspirasie agter flink. clothing besigheid se naam?

Verskeie name was eers neergeskryf as moontlikhede.  Die woord/e wat flink. clothing die beste sou beskryf moes iets wees wat kort en kragtig sou wees, maar ook die besigheid se konsep kon oordra.  flink. clothing se konsep was redelik sterk en het die finale keuse baie maklik gemaak.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Hoeveel verskillende produkte het flink. clothing?

flink. clothing verkoop hoofsaaklik t-hemde met Afrikaanse woorde op gedruk.  flink. clothing staan bekend vir die detail wat op elke hempie aangebring word.  Die details op die mou word met die hand op elke hemp gewerk.  Daar is ook ʼn paar ander produkte soos nagklere en … maar fokus hoofsaaklik op t-hemde.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Waar of hoe vind julle inspirasie vir flink. clothing produkte?

flink. clothing word geïnspireer deur die alledaagse dinge van die lewe, soos wat in hulle konsep staan.  Inspirasie vir flink. clothing kom ook vanaf hulle kliënte.  Hulle luister graag na hulle kliënte se voorstelle en aanbevelings.  flink. clothing ervaar dat wanneer kliënte betrokke voel by die onderneming hulle dikwels baie lojale kliënte raak.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Waar kan ons lesers flink. clothing produkte koop?

Lesers kan flink. clothing se produkte aanlyn koop by www.flink. clothingclothing.co.za.  Hulle produkte word ook deur Netwerk24 by die grootste Afrikaanse Feeste verkoop.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Wat is flink. clothing se gewildste produkte?

flink. clothing se gewildste produk is hulle SONVANGER t-hemp wat beskikbaar is in wit en grys.  Hulle ROEKELOOS t-hemp doen net so goed onder die mans.  Slaapkous, hulle nagklere reeks waarvan slegs 25 beskikbaar was, is binne 1 uur uitverkoop.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Word flink. clothing produkte plaaslik vervaardig?

flink. clothing is trots daarop dat al hulle produkte plaaslike vervaardig word in die hartjie van Durbanville. Hulle proses is redelik eenvoudig, maar daar gaan baie tyd en ure in die produksie van ʼn hemp in. Sodra hulle die klaar gedrukte hemde vanaf die fabriek ontvang, word die detail per hand aangebring. Hierdie detail neem tussen 20-30 min per hemp, maar volgens flink. clothing is dit definitief die moeite werd.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers flink. clothing volg op sosiale media?

Hulle kan flink. clothing by die volgende sosiale media platforms volg:

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Lesers kan flink. clothing kontak deur ʼn epos te stuur na hello@flink. clothingclothing.co.za of vir hulle ʼn WhatsApp boodskap te stuur na 071 930 5512.

afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde afrikaans thempde

Artikel krediet

  • Fotograaf: Chantel Vogel (ALLE foto’s behalwe ROEKELOOS)
  • Fotograaf: Matthew Uys (ROEKELOOS foto’s)
  • Grimeerkunstenaar: Helena Stoltz (Meisiekind & Sorgelooos foto’s)
  • Grimeerkunstenaar: Andrea Hurtur (SLEGS Sonvanger, Koekeloer & Sweatshirt foto’s)