Handgeweefde Mode & Matte uit die Karoo

Handgeweefde sybokhaar Mode en Matte uit die Karoo. Het jy geweet sybokhaar is een van die oudste en mees eksklusiewe en volhoubare natuurlike vesels ter wêreld, en dat Suid-Afrika een van die grootste produsente daarvan is?  Die stigter van Frances V.H het die potensiaal in hierdie vesel raakgesien en navorsing begin doen oor die eindelose moontlikhede wat hierdie vesel inhou.

Sy het haar kennis van haar jare in die modebedryf, asook sy grootword-jare in Prins Albert, Karoo as basis gebruik om handgeweefde sybokhaar matte te produseer.  Die matte se styl is gebaseer op die Karoo en alles wat daarmee saamgaan – stowwerige vlaktes, ryk kleure van plantegroei, gestruktureerde landskappe, helder lig, ens.  Die sybokhaar word met die hand in garing gespin, gekleur en uiteindelik geweef en afgewerk.  Elkeen van hierdie stappe vind in Suid-Afrika plaas, deur vroulike ambagsmanne, afkomstig van die mees afgeleë gebiede in die land.

Jy kan hieronder meer in detail lees oor hoe die produksieproses werk en wat hierdie matte só uniek maak.

mohair products mohair products mohair products mohair products

Besigheid se ontstaan:


Ek het op ‘n familieplaas in Prins Albert in die Karoo grootgeword, wat een van die oudste sybokhaar-stutte besit het.  Dus het ek nog altyd ‘n diep band met hierdie natuurlike vesel gehad.  My opvoeding vorm die basis van my besigheid en die volhoubare beginsels wat ons beoefen.

Ek het ‘n paar jaar in Hong Kong gewerk nadat ek my studies voltooi het.  Gedurende hierdie tyd, het ek vasbeslote geraak om ‘n loopbaan in die tekstielbedryf te volg.  Ek het daarin geslaag om ‘n internskap by Li & Fung in hul ontwerp- en handel-span te kry.  Nadat ek na Suid-Afrika teruggekeer het, het ek ‘n kort tydjie aan korporatiewe modes gewerk.  Ek het besef dat as ek ‘n kunsmatige, sybokhaar-eindproduk met ‘n heeltemal plaaslike en volhoubare ketting wil skep, die antwoorde nie in kommersiële kleinhandel-strukture gevind sou word nie.

Gedurende my tyd in die modebedryf het, ek al hoe meer bewus geword van hoe spesiaal sybokhaar is.  Ek het begin bevraagteken waarom een van die oudste, mees eksklusief en volhoubare natuurlike vesels ter wêreld, so onbekend was.  Veral onbekend in Suid-Afrika, wat die grootste deel van die wêreld se sybokhaar oplewer.  Ek was vasbeslote om ‘n plaaslike produk te produseer wat die unieke eienskappe van sybokhaar beklemtoon.  Dít het uiteindelik tot die stigting van Frances V.H Mohair Rugs gelei het.

mohair products mohair products mohair products mohair productsmohair products

Produkte van Frances V.H Mohair


Mat Reeks:
  1. Karoo Plains Reeks (Gladder, meer eenvormige mat.)
  2. Raw Landscape Reeks (Gestruktureerde, wilde sybokhaar mat.)
  3. Patterned Places (Matte spesifiek met kliënt se keuse van patroon gemaak.)
Breiwerk:

Frances vH X Leandi Mulder Mohair Breiwerk Reeks.

Gewildste produkte:

Ons eenvoudige Karoo-geïnspireerde patroon-matte en ons groot enkel-kleurige matte.

mohair products mohair products mohair products mohair products mohair products

Produksie Proses


Ons is baie trots op ons plaaslike vervaardiging-proses.  Elke stap van die proses vind in Suid-Afrika plaas.

Ons matte is gemaak van sybokhaar – die vlies van ‘n Angora-bok.  Suid-Afrika, en meer spesifiek die Karoo, is die tuiste van die wêreld se grootste voorsiening van sybokhaar.  Die grondstof word dan met die hand in garing gespin, gekleur en uiteindelik geweef en afgewerk.  Frances V.H Mohair Rugs is gerig op die viering en behoud van tradisionele vakmanskap en die verskaffing van volhoubare werksgeleenthede.

Elke produk het ‘n duidelike teken van die vervaardiger, dus lyk geen mat soos die volgende nie.  Ons is mal oor hierdie eienskap van ons matte, want elke stuk is uniek as gevolg van die handgemaakte element en die feit dat ons met natuurlike vesels werk.

mohair products mohair products mohair products mohair products mohair products

Inspirasie agter Frances V.H Mohair Rugs


Ons inspirasie kom van die plekke, ruimtes en mense van die Karoo.  Ons wil sy stowwerige vlaktes, die ryk kleure van delikate plantegroei en die gestruktureerde landskappe en helder lig, uitbeeld.  Daar is iets só natuurlik, ongekompliseerd en tog gesofistikeerd aan die Karoo.  Ons probeer om hierdie elemente oor te dra na die matte wat ons weef.

As gevolg van die kwaliteit van die grondstof en die vakmanskap van die wewers, kan selfs die eenvoudigste matte tot voorwerpe van verfynde skoonheid transformeer word.  Die eenvoud en individuele karakter van elke mat weerspieël die aard van die Karoo.

Die ambagsmanne wat ons matte weef, is ook uiters inspirerend.  Elke stap van die proses word met die hand uitgevoer deur vroue in landelike gemeenskappe.

mohair products mohair products mohair products mohair products

Unieke eienskappe


Sybokhaar is een van die mees eksklusiewe en natuurlike vesels beskikbaar.  Dit het ook ‘n unieke Suid-Afrikaanse erfenis.  Sybokhaar is ideaal vir matte.  Dit is ongelooflik sag, tog duursaam en voel uiters gemaklik onder die voet.  Die matte is maklik om skoon te maak en is met dié spesifieke weef-tegniek, heeltemal omkeerbaar.  Boonop is dit hele vervaardiging-proses plaaslik: Vanaf die produksie van sybokhaar tot die verwerking van die grondstof en die maak van die matte.

mohair products mohair products mohair products mohair products

VH X LM Breiwerk


Leandi Mulder, ‘n mode-ontwerper, opgelei is in Suid-Afrika, Japan en China, spesialiseer in unieke tekstiel-konstruksie vir volhoubare produkte.  Ons jarelange vriendskap en gedeelde belangstellings het daartoe gelei dat ons hierdie unieke breiwerk-reeks van sybokhaar geskep het.

Suid-Afrika produseer die hoogste gehalte sybokhaar ter wêreld.  Tog voer ons bykans 80% van ons sybokhaar in sy rou vorm na ander tekstiel-lande uit.  Ek en Leandi het begin gesels oor die skep van plaaslik vervaardigde sybokhaar-ontwerpe.  Ons was geskok deur die beperkinge van breiwerk-produksie in Suid-Afrika.

Om die potensiaal van sybokhaar ten volle te verstaan, het ons besluit om aansoek te doen by Sato Seni in Sagae in Japan.  Ons het onder Masaki Sato, wat spesialiseer in luukse sybokhaar-garing en breiwerk, gewerk.  Hierdie reeks is ontwikkel toe ons terugkeer Suid-Afrika toe.

Inspirasie vir die reeks:

Ons inspirasie vir hierdie reeks het vanaf die Karoo, sy landskappe, plantegroei, mense en ruimtes gekom.  Met ‘n plaaslike produksie-proses, gee ons aandag aan die viering van die plaas, die diere en die hande wat die garing en tekstiele skep.  Die reeks fokus op die behoud van tradisionele vakmanskap en indiensneming van vroue in landelike gebiede.

Ons beoog om die vaardighede en sterk punte, wat uniek is aan die sosio-ekonomiese samestelling van die Suid-Afrikaanse tekstielbedryf, te benut.   Ons is opgewonde oor ons nuwe reeks wat hierdie jaar beskikbaar gestel sal word.

mohair products mohair products mohair productsmohair products

Entrepreneurskap Advies:


Doen iets waaroor jy passievol is!  Dit is egter nie maklik nie en jy moet vasberadenheid hê om deur die moeilike tye te kom, maar jy sal beslis die vrugte pluk.  Doen baie navorsing en weet soveel moontlik oor die bedryf voordat jy begin.  As dit moontlik is, kry ‘n mentor en ‘n span wat jou kan help op gebiede wat nie jou sterk punt is nie.  Weet wanneer en waar om hulp te vra.  Die belangrikste is om jouself met ‘n ondersteunings-netwerk te omring.

Onthou om pret in die proses te hê.  Maak tyd om na te dink oor wat jy gedoen het en stel doelwitte vir waarheen jy wil gaan.  Om ‘n entrepreneur te wees beteken nie dat jy na uitbranding moet streef nie!  Moenie jouself straf met slapelose nagte nie.  Wees vriendelik teenoor jouself, dan sal jou besigheid dit weerspieël.  Bou en ondersteun nuwe besighede wat ‘n positiewe verandering en impak maak.  Niks kom by die satisfaksie om terug te gee aan die gemeenskap en jou omgewing te help groei nie.

mohair productsmohair products

Waar om Frances V.H Mohair se reeks te koop


Die matte en klerereeks kan aanlyn gekoop word.  Daar is egter geen produkte in voorraad nie.  Elke produk word op aanvraag volgens die kliënt se spesifikasies gemaak.  Die reeks en verskillende kleur-opsies is aanlyn op Frances V.H Mohair se webblad beskikbaar.

Jy kan ook ‘n e-pos stuur, sou jy graag voorbeelde van matte wou sien of ‘n ontwerp aanvra.  Volg hulle op Instagram om ‘n wye verskeidenheid van hul matte en breiwerk te sien.

mohair products mohair products

Foto Krediet:

  • 1-Frances v.H x Leandi Mulder, Swartberg Swirls– Jacobus Snyman
  • 2-Hand-spun mohair yarn – Frances v.H
  • 3-FVH x LM Mohair Knitwear, Swartberg Swirls – Jacobus Snyman
  • 4-FVH x LM Mohair Knitwear, Swartberg Swirls – Jacobus Snyman
  • 5-Frances v.H X Leandi Mulder, Melting Aloes – Jacobus Snyman)
  • 6-Frances v.H X Leandi Mulder, Toorbos Landings – Jacobus Snyman)
  • 7-Frances v.H x Leandi Mulder Mohair Collection – Jacobus Snyman
  • 8-KARU X Frances v.H Mohair Rugs – Abstract Landscape Rug
  • 9-Karoo Blooms – Frances v.H Mohair
  • 10-Van Hasselt Farming Angora Goats – Samantha Reinders
  • 11-Bofred x Frances v.H Mohair Rugs – Cliff Rug
  • 12-Woven Details – Frances v.H Mohair Rugs
  • 13-Frances v.H Mohair Rugs X COUTH
  • 14-Frances van Hasselt
  • 15-Frances van Hasselt
  • 16-Outa Lappies se Skaduwee – Frances v.H Mohair Rugs
  • 17-Hand-woven Mohair Rugs – Frances v.H
  • 18-Frances v.H Mohair Textiles – Frances v.H
  • 19-Finishing Touches – Frances v.H Mohair
  • 20-Outa Lappies se Skaduwee – Frances v.H Mohair Rugs
  • 21-FVHxLM Mohair Knitwear Collection – Jacobus Snyman
  • 23-FVH x LM, Patchwork in Pink – Jacobus Snyman
  • 24-Frances v.H X Leandi Mulder, Toorbos Landings – Jacobus Snyman
  • 25-FVH XLM Mohair Knitwear Collection – Jacobus Snyman
  • 26-Frances v.H X Leandi Mulder, Toorbos Landings – Jacobus Snyman
  • 27-Japan Textile Residency – Frances v.H
  • 28-Karoo Views – Frances v.H
  • 29-Mohair Tops, Italy TextileResidency– Frances v.H
  • 30-Hand-woven Mohair Rugs – Frances v.H
  • 31-FRANCES V.H Mohair Studio – Frances v.H
  • 32-Every step of the process is hand-made by phenomenal women artisans – Frances v.H
  • 33-From Farm to Fabric – Frances v.H
  • 34-Frances v.H Mohair Studio – Frances v.H
  • 35-Balls of hand-spun yarn – Frances v.H
  • 36-The incredible team of women behind the warp and the weft – Frances v.H
  • 37-FVH Mohair Rugs aims to celebrate and preserve traditional craftsmanship in rural South Africa – Frances v.H