Ligte gemaak uit Land Rover komponente

Ons gesels met Pat Hyland van Functional-Art wat vier jaar terug in Hillcrest, KwaZulu-Natal gestig is.  Hy maak dekor items uit Land Rover komponente.  Hy is nou gebaseer in Prins Albert.  ‘n Prentjie mooi dorp in die Groot Karoo onder die voet van die Swartberg pas.  Pat maak dekor items soos bedlampies, staan ligte, buiteligte en ook koffie tafels uit plaaslike items wat hy vind.

Sy Steampunk-reeks van ligte, gebruik hy ‘n Land Rover komponente soos ‘n ratkas of dryfas flens in elke produk.   Dit is ‘n tema wat hy aanpas by al sy Functional-Art produkte.  Elke liewe produk van die kunswerke is uniek en daar is nie een wat presies dieselfde is nie.  Pat se aandag aan die kleinste detail en die selfgemaakte skakelaars wat hy gebruik as ook sy lamp-montering tegnieke maak sy produkte anders.

Vir meer huis en tuin inspirasie, besoek Mooi Leefstyl se huis en tuin kategorie.

Koop Functional-Art se produkte:


Sy studio is geleë in die mooi Karoo dorp, Prins Albert in die Wes-Kaap.  Jy kan ook sy produkte koop by Prince Albert Gallery in Kerk straat in Prins Albert of by Beans about Coffee in Oudtshoorn.  Indien jy een van sy produkte wil koop kan jy ook Mooi Leefstyl direk kontak en hulle sal jou in kontak sit met Functional-Art.

Volg Functional-Art aanlyn:


Besoek hul webstuiste of volg Functional-Art op Facebook vir meer produkte.

Artikel Krediet: