ʼn Spoggerige padstal vir die hele familie

Gerber & Co is ʼn spoggerige padstal, in beide Simondium en Bitterfontein, wat alles wat lekker en mooi is verkoop – van mode items tot heerlike kos.  Dit is nie jou gewonne padstal nie en Stefan en Francisce Gerber is die eienaars van hierdie oulike besigheid.  As jy iemand is wat hou van mooi produkte en lekker kos dan is dit die plek vir jou!

Die besigheid het begin na ʼn lang tradisie van handel en goedere maak.  Hulle verkoop ook graag oulike produkte van die hul plaaslike gemeenskap.  Gerber & Co se padstalle hou ʼn groot verskydenheid van produkte aan.  Hul het ook hul eie klerereeks wat beskikbaar is by hul padstalle en ook aanlyn.  By Gerber & Co probeer hul waarde voeg aan alles en so min moontlik weg te gooi.  Dit is altyd goed om te hoor dat mense nie net alles weg gooi nie. Probeer dit iewers op ʼn manier te gebruik.

Mooi Leefstyl het ʼn aanvoeling vir die mooi in die lewe.  As ons oulike besighede soos Gerber & Co sien moet ons dit vir jou wys.  Rolf af en lees meer oor Gerber & Co hieronder.

padstal padstal v padstal padstal padstalpadstal

Geskiedenis:

Gerber & Co word deur Stefan en Francisce Gerber besit.  Dit het in 2017 begin as ʼn droom wat Stefan gehad het vir die plaas se wol.  Die idee het begin tydens lamtyd op hul Namaqualand plaas in die Loeriesfontein omgewing.  Waar Stefan, ʼn gekwalifiseerde wynmaker (Boer and Brit Wines) en Francisce, ʼn gekwalifiseerde sjef (Soefija’s Deli Products and Cakes) weet hoe om van rou bestanddele en produkte iets te verbeter en waarde by te voeg tot ʼn eindproduk.  So hoekom nie die lam groot maak, hom elke 8 maande skeer vir sy wol en uiteindelik ʼn 100% merino wol trui as produk uitkry nie.

ʼn Produk wat deur al die prosesse gaan binne Suid Afrika se grense.  Slegs die land verlaat as ʼn klaar produk.  Die twee Gerber & Co padstalle het as oplossing gekom om ʼn vertoonvenster vir hul eie as ook ander uitgesoekte produkte van kleiner besighede te skep.

padstal padstal padstal padstal padstal

Inspirasie agter Gerber & Co:

Die inspirasie agter Gerber & Co is dat die Gerber’s ʼn lang tradisie het van handel, goedere maak en waarde toevoeg in enige vorm van skoenmaker tot wa maker.  Die ‘’Co” staan vir die ‘’gemeenskap” wat deel maak van die groter visie en sonder hul kan Gerber & Co nie bestaan nie.

Van die drywer wat die skape aanry. Die vrou wat die truie laat brei. Daardie persoon wat die trui uiteindelik koop tot die person wat die roosterkoeke rooster in die padstalle.  Die Gerber’s is weer daar waar hul lank terug vir hulself moes dink en planne maak om te oorleef.  Om voorentoe te beweeg in terme van die wêreld ekonomie van wol.  Dus was Gerber & Co vanpas en bereid om te se kom ons begin weer die wa te maak.

padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal

Reeks produkte:

Die Gerber & Co padstal bied ʼn verskeidenheid van deli produkte, lyf produkte, dekor items, kuns en leer produkte. As ook stylvolle klassieke 100% merino wol truie, linne, katoen klere en bykomstighede.  Daar is ook heerlike vars gebakte koeke, pizzas en lekkernye uit hul eie kombuis.  Hul probeer ook produkte van die Namaqualand beskikbaar.  Dit sluit in skuinskoeke, roosterkoeke met boerewors en smoor as ook bolle hand-gespinde merino wol.

Die fokus is veral op mooi en kreatiewe verpakking.  Wanneer die tyd reg is sal die Boer and Brit wyne en Leeuwenkuil Family Vineyards wyne se proe lokaal geopen word in Simondium asook Bitterfontein.

Hul Gerber & Co klere reeks maak n groot deel van die padstal uit.  Die volle reeks is hier beskikbaar.  Van verskeie merino wol trui snitte, katoen hemde vir mans en dames.  Daar is ook felt hoedens, pette/keppies tot lanolien produkte.

padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal

Inspirasie vir jul produkte:

Hul probeer om waarde by te voeg tot elke element van die skaapwol en sodoende so min as moontlik weg te gooi.  Truie en fyner kledingstukke met die boonste wol, felt hoedens met die growwer wol asook onderdele en kosmetiese produkte.  ʼn Lanolien (wol olie) basis word gebruik vir hul Lipit vir droë lippe.  Nipit, vir droë en gekraakte areas.  Die skaapvleis word opgekook en dan heerlike skaap-pasteie, te koop by die padstalle.

Ander produkte vir die padstalle se rakke word verskaf deur mense wat hul persoonlik ken. As gevolg van uitstal by verskillende marke deur die jare, asook jonger klein besighede wat hul produk wil bekend maak, want by Gerber & Co het hul het self ervaring van hoe dit is om met ʼn nuwe besigheid te begin en hoop daar is ʼn plek wat hul produk ʼn kans wil gee.

padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal padstal

Gewilde produkte:

Kliënte is gaande oor die vars roosterkoeke, pizzas en pasteie.  Asook die variasie van soetgoed wat daagliks aangebied word.  Dit sluit in lekkernye soos Lemon meringue, gebakte karamel kaaskoek, wortelkoek, wat onder Soefija’s Deli Produkte se toesig voorberei word.  Kliënte wat die hele wol proses verstaan en waardeer is groot aanhangers van die Namaqualand merino wol truie in klassieke style met bypassende katoen hemde.  Verder is dit ʼn fees vir die oë om deur die padstal te wandel met ʼn heerlike Legado koffie en ʼn Namaqualand skuinskoek in die hand.

padstal padstal v padstal padstal padstal padstal padstal

Meeste produkte plaaslik vervaardig:

Die meeste van die produkte wat beskikbaar is by Gerber & Co padstalle is plaaslik vervaardig.  Met die oog op om die plaaslike talent kleiner besighede te ondersteun.

Met die Gerber & Co handelsmerk se produkte is die eindpunt om uiteindelik alles in die wol verwerkings-proses self te kan doen.  Die skape wei op die grond buite Loeriesfontein, waar hul elke 8 maande geskeer word.

Wol gaan na Port Elizabeth om gewas te word en daarna gaan dit Boland toe om gekam en gespin te word tot in die vorm wat die fabriek dit gebruik om tot ʼn trui te brei.  Die katoen produkte word deur hul eie stikster gemaak op die perseel, waar kliente ook hul eie klere kan laat verstel of reg maak terwyl hul ʼn koffie geniet.

Koop Gerber & Co:

Besoek enige een van Gerber & Co se padstalle.  Klik hier om die een naaste aan jou te vind.  Jy kan ook aanlyn koop op hul aanlynwinkel.  Om meer te sien oor nuwe produkte, volg hulle op Facebook en Instagram.  Vir enige ander navrae kan jy hul kontak per e-pos.

Artikel Krediet: