Prettige swemdrag modes

In 2015 op Clifton 4de strand het twee vriende, Adam Duxbury en Joshua Meltz, Granadilla Swimwear gestig.

Die inspirasie vir die swemdrag was die bekende deentjie “Granadilla lolly to make you jolly”.  Hierdie Kaapse himne het ‘n groot baken vir Adam en Joshua se somers geword.  Deur die uitroep van plaaslike roomys en koeldrank verkoopsmanne op die strand.  Hulle probeer elke liewe strand ganger se aandag te trek.  Sodoende hul hande taai te kry met die lekkerste, verfrissende Grenadella bederf wat sinoniem is met Somer in die Kaap.

In 2014/15 het Adam gewerk het as ‘n konsultant vir Delta Partners.  Die tyd was Joshua besig met sy Ekonomiese graad aan die Universiteit van Edinburgh.  Die twee vriende was verbaas hoe die plaaslike entrepreneurs ten volle monopolie van die Kaapse strande het.

Hulle het ‘n produk gekonseptualiseer wat aan hul in Europa bekendgestel was.  Maar dit was hopeloos buite hul en algemene Suid-Afrikaner se prysklas.  Hulle het ook besef hulle het iets tot hul voordeel oor die Europese mark … Dit was ons diverse en kultureel ryk land Suid-Afrika, bloeiend met kreatiewe talent wat nou ‘n baie groot deel is van die groei van Granadilla Swimwear.

Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lollyGranadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly  Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly

Waar word sie swembroeke vervaardig?


Al Granadilla se ikoniese kortbroeke word gemaak in ‘n fabriek in die Paarl en bied dus werkskepping in Suid-Afrika.

Daar is drie verskillende style kortbroeke.  Granadilla se oorspronklike en knieë-lengte kortbroeke wat kom in grotes van XS tot XXL.  Daar is ook nou swembroeke vir die jong span wat in groottes van 2-3 jaar tot 7-8 jaar kom.

Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly  Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers dié swembroeke koop?


Die swembroeke kan in die gemak van jou huis aanlyn gekoop.  Daar is ook op-slaan winkels in alle groot winkelsentrums regoor Suid-Afrika sowel as verskeie verskillende markte.

Hulle verkoop ook ‘n verskeidenheid van prettige oplosbare swembaddens, 100% katoenhanddoeke, pette, hemde.  Hierdie somer is hulle baie opgewonde om hul dames swemdrag-lyn bekend te stel.  Hulle het al ‘n rukkie daaraan gewerk, maar hul wou dit eers los tot hul die hoogste standaard moontlik gehad het.  Maak dus gereed vir ‘n paar van jou gunsteling Granadilla-ontwerpe in ‘n verskeidenheid vroue drag modes.

Hul is voortdurend op soek om hul besigheid uit te brei met nuwe produkte en nuwe idees.  Hul is besig met die ontwerp van ‘n rek-broekie vir watersport.  Hulle werk ook saam met Suid-Afrikaanse ontwerpers om swemdrag aan die voorpunt van mode, kuns en kultuur te skep.

Mooi Leefstyl lesers kan kontak maak met die Granadilla span per e-pos: hello@granadillaswim.com of uitreik deur Instagram of Facebook, @Granadillaswim

Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lollyGranadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly Granadilla: cool swimwear inspired by Clifton Beach's ice-lolly