‘n Boks lekkernye van die Breedevallei

By Mooi Leefstyl is ons baie opgewonde om ʼn boks lekkernye van die Breedevallei met jou te deel.  Harvest Box Rawsonville se produkte is plaaslik, kleurvol en heerlik.  Hulle ondersteun slegs plaaslike besighede en probeer so ver as wat hulle kan in die Breedevallei te ondersteun.  Meeste van Harvest Box Rawsonville se produkte is van Rawsonville en Worcester gebied.   So as jy van hul produkte koop weet jy, jy ondersteun ʼn plaaslike besigheid.

Anrike se missie is om plaaslik te ondersteun.  Sy sê dis nou meer belangrik as ooit om in die grendeltydperk plaaslike- en klein besighede te ondersteun.  ʼn Dansie van opgewondenheid en blydskap word gedoen elke keer wanneer jy plaaslik koop.  Nog maniere wat sy voorstel om plaaslik, sowel as klein besighede te ondersteun is om aktief te wees op hul sosiale media.  Los kommentaar en skryf goeie resensies aanlyn.  Deel jou gunsteling klein besighede met jou vriende en familie.  Koop geskenkbewyse; vermy terugbetalings en stel uit in plaas daarvan om te kanselleer.

Hulle het ʼn pragtige fotosessie by Dwarsberg Trouthaven gehad met al hul produkte wat jy kry in die boks.  Sjoe dit lyk omtrent heerlik.  Vir nog fantastiese besighede wat plaaslike produkte maak, hou jou oog op Mooi Leefstyl.  Geniet ons onderhoud met Harvest Box en hul lekkernye van die Breedevallei hieronder.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Wie is die eienaar/stigter en wanneer was die besigheid gestig?

Anrike du Toit het Harvest Box so tussendeur “lockdown” en haar finalejaarstudies begin.  31 Mei 2020 het hierdie inisiatief sy eerste verskynsel op sosiale media gemaak.  Sy vertel dat sosiale media in vandag se tyd so ʼn groot deel van meeste mense se lewens is.  Dit is die eerste manier van bemarking wat sy aangepak het.  “Dit is ook ʼn bonus dat dit verniet is”.  Na die eerste paar bokse glo en vertrou sy dat die mense wat haar eerste bokse gekoop het onder mekaar sal praat en die verkope ʼn hupstoot sal gee.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Die Storie agter Harvest Box se naam:

Karén le Roux, van Kirabo, het met Anrike gesels en haar gevra om te help oom aan die plaaslike inwoners in die omgewing se produkte te verkoop.  Die grendeltydperk maak dit vir hulle moeilik om lekkernye soos wyn, konfyte, aioli’s, souse ensovoorts te verkoop.  En as sommige produkte te lank net rondstaan gaan dit sleg raak en weggegooi moet word.  Sy stel toe voor dat Anrike ʼn boks begin met ʼn paar plaaslike produkte in en dit probeer verkoop.

Met Vadersdag om die draai (daardie tyd) het Anrike dit goedgedink om ʼn Vadersdag-boks te maak en dalk nog een boks na dit, waarna die boks-verkopery gaan stop. “’n Tydelike projek” soos sy dit noem.  Anrike hou haarself in haar vrye tyd ook besig met enigiets kreatief – die handelsmerk ontwerp en sosiale media uitlegte het sy self gedoen.  Die naam wou hulle in Engels maak om dit universeel te hou en iets wat saamvat wat in die boks is.

Anrike vertel dat sy en Karén aan ʼn hele paar name gedink het en dit langer geneem het om ʼn besluit te neem as wat hulle gedink het.  “Harvest Box” het die kroon gevat.  Anrike sê dit het net reg gevoel.  Nadat sy bietjie meer gaan oplees het oor die woord “Harvest” het sy afgekom op iets wat baie gepas was op hulle visie vir Harvest Box.  Die woord “Harvest” simboliseer God se voorsiening vir ons en Sy seën vir ander.  Dis presies wat hulle wil doen met die boks-verkope.  Plaaslik ondersteun in die moeilike tyd van inperking.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Produkte:

Harvest Box het sedertdien hulle begin het al drie verskillende bokse bymekaar gesit om van te kies.

Vadersdagboks, Wintersboks en ʼn “Health’ish Box”.  Hulle gaan binnekort ʼn nuwe een bekendstel, die Loadshedding Box.  Die Vadersdagboks het twee Broers Brew biere en bier-sout ingehad, Mini Coffee Company koffie, Kirabo se rooiwynasyn en chilli aioli, Dam Fine bier-­konfyt en meat rub, vars suurlemoene van Anrike hulle se plaas, brownies en nog meer.

Die Wintersboks het Mama Rosa’s Fettucine, Kirabo Petit Verdot, Tannie Madeleine se pastasous en quiches, Dwarsberg appelkooskonfyt, Amarula fudge, Cinnabuns, Net Nikkie Art kunswerk, gebreide sokkies, roosterkoeke en meer ingehad.

Health’ish Box het die volgende ingehad: Kombucha, Kirabo Sidouws, tuisgemaakte granola, ʼn bos blomme, gevriesde aarbeie, lemoene en meer.

Harvest Box se nuutse toevoeging gaan die volgende inhê: Druiwesap (aangesien hulle nie meer mag wyn verkoop nie), ʼn vars gebakte plaasbrood, Heritage Cooking se Vark Rilette, Trophy Wife peach and chilli jam, Just Snack It se biltong en pretzels, Kirabo rooiwyn asyn, Tannie Madeleine se olyfolie en nog vele meer.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Gewilde produkte:

Die Wintersboks was ʼn treffer!  Anrike is baie optimisties oor die Loadshedding-boks en glo dat dit die nuwe topverkoper gaan wees.  Om ʼn paar gunstelinge uit die bokse te noem sal dit definitief Kirabo se wyne, Tannie Madeleine se quiches, Harvest Box se brownies & roosterkoeke, die Amarula fudge en Cinnabuns wees.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Inspirasie vir produkte:

Anrike vertel dat sy die bokse ʼn naam gee wanneer dit byna vol is.  Sy hoef nie meer produkte te soek, soos vir die eerste boks nie.  Deesdae kontak die plaaslike inwoners haar om betrokke te raak by Harvest Box.  Wanneer Anrike voel die boks kort nog iets, kontak sy haar bure om te help bak en brou.  Ander tye spring sy sommer self agter die stoof in.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Bestel jou Harvest Box:

Lesers kan sommer direk vir Anrike du Toit kontak per e-pos of Whatsapp by 0827049699 om ʼn boks lekkernye van die Breedevallei te bestel asook deur Instagram, Facebook en selfs Tik-Tok. Wanneer daar iets spesifieks in die boks is wat lesers wil bestel kan dit ook deur haar bestel word.

Harvest Box Rawsonville Harvest Box Rawsonville

Artikel Krediet: