Heerlike Neut Bros Resep

Baie van Mooi Leefstyl se lesers hou van Neut Bros; of dit net as ‘n peuselhappie geëet word of versiering vir ‘n koek of roomys.  Neut Bros is eintlik baie maklik om te maak en deur dit self te maak sal jy baie geld spaar en later self bietjie begin eksperimenteer deur jou eie geure by te voeg.  Ons deel graag met ons lesers dié basis vir ‘n Neut Bros resep.

Neut Bros Resep

Bestanddele:

  • 2 koppies suiker
  • Klein tikseltjie sout
  • Ongesoute sagte botter vir jou bakplaat.
  • 1 koppie gesoute neute van jou keuse

Neut Bros Resep

Voorbereiding metode:

  1. Neem die sagte botter en smeer dit oor jou bakplaat en hou dit byderhand, sodat jy later die mengsel daarin kan gooi.
  2. Verhit ‘n pan op die stoof en gooi jou suiker en tussen ‘n kwart en halwe koppie en jou suiker bymekaar en roer dat dit meng.  Gooi ook jou klein tikseltjie sout in.  Laat die mengsel kook vir min of meer 3 minute, totdat die suiker begin smelt en goud trek.  Hou aan roer tot die mengsel heeltemal gesmelt het en die hele mengsel goud kleurig is.  Dit neem min of meer so 10 minute.
  3. Haal die pan van die hitte af en roer jou koppie neute in die mengsel.  Meng dit vinnig en gooi dit op die gebotterde bakplaat, soos genoem in stap een.  Versprei die mengsel vinnig met ‘n geoliede spatel, sodat die mengsel nie vassit aan die spatel nie.  Jy moet vinnig werk voor die mengsel te taai word en nie meer wil sprei nie.
  4. Los die mengsel tot dit heeltemal afgekoel het, so 20 tot 30 minute.  Breek die neut bros in stukkies.

Neut Bros Resep

Hoe om die Neut Bros te stoor:

Sit die neut bros stukke in ‘n lugdigte houer en jy kan dit nog gebruik tot en met so 13 dae nadat jy dit gemaak het.

Neut Bros Resep

    Artikel Krediet: