Hemde gemaak van die superster vesel, hennep

Ons is opgewonde hier by Mooi Leefstyl om met ons lesers ʼn splinternuwe klere handelsmerk, Hemp Hemp Clothing, te deel.  Dié handelsmerk is trots Suid-Afrikaans en die produkte word uit die hennep (Engels bekend as hemp) gemaak.  Hennep is ʼn superster vesel wat baie sag teen jou voel.

Vier vriende het Hemp Hemp Clothing in 2020 begin.  Die naam is ook ʼn woordspeling tussen die hennep plant (hemp) en kledingstuk, hemp.  Tans het hulle net mans hemde, maar werk hard daaraan om ʼn dames- en Winter-reeks uit te bring.  Daar is deesdae ʼn groot aanvraag na kledingstukke van dié vesel.

Ons lesers kan hieronder meer lees oor die Hemp Hemp Clothing handelsmerk en hul eie hemp aanskaf aanlyn.  Geniet die artikel en deel asseblief wyd-en-syd.

Wanneer en deur wie is Hemp Hemp Clothing gestig?

Jaco Coetzee het Hemp Hemp Clothing gestig in 2020 saam met mede-eienaars; Corné Coetzee, Victor Kietzmann en Christian van der Merwe.

Wat was die inspirasie agter Hemp Hemp Clothing se naam?

Woordspeling! … ‘Hemp’, die materiaal en ‘hemp’, die kleding stuk. “Het jy al jou hemp-hemp hemp?”

Hoeveel verskillende produkte het julle?

Daar is tans een mans reeks hemde uit met die volgende reeks, vir vrouens, tans in produksie.  Die besigheid is ook besig om met ander volhoubare “brands collaborations” te reël as ook ʼn winter reeks.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Hemp-hemp se inspirasie kom van die wêreld af.  Die natuurlike kleure van die materiaal is die kleure van die natuur en die kleurvolle elemente is die verhouding tussen mens en natuur.  Die klein hoeveelheid helder kleur dui op die klein effek wat ons op die wêreld moet hê.  Groen is die woord van die eeu en hemp-hemp wil ʼn bydrae maak.

Waar kan ons lesers Hemp Hemp Clothing produkte koop?

Op die oomblik is ons produkte net aanlyn beskikbaar.

Wat is julle gewildste produkte?

Daar is ʼn steen kleur hemp met ons nasionale blom, die protea, op die sakkie.  Dit is ʼn baie gewilde item.

Word Hemp Hemp Clothing produkte plaaslik vervaardig?

Die produkte word 100% plaaslik vervaardig.  Hemp-hemp gebruik verskeie klein- en groot Suid Afrikaanse maatskappye om die hoogste gehalte produkte te lewer.  Van die detail op die knopie tot die sakkie waarin die hemp kom en die ‘bag tag’ wat mens in die grond kan druk om ʼn blommetjie te maak word als plaaslik vervaardig.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Hemp Hemp Clothing volg op sosiale media?

Instagram @hemphempclothing en Facebook @hemp hemp clothing

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Hemp-hemp kan gekontak word deur hulle Instagram blad, Facebook blad or per epos na info@hemphempclothing.co.za

Krediet:

Fotos: David Cannan – Instagram @davidcannan_photography