Vrolike tekstiel produkte vir jou woning

Ons by Mooi Leefstyl is mal oor mooi dekor items vir die huis en daarom is ons super opgewonde om Home by Olga-Maré bekend te stel aan ons lesers.  Blaai deur die foto’s onder en word verbaas oor al die mooi tekstiel produkte en jy kan maklik die produkte ook aanlyn koop.

Lees onder meer oor die ontstaan van HOME by Olga-Maré hier onder

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Wie is die stigter en wanneer is die besigheid gestig


HOME by Olga-Maré is in 2016 begin en Olga- Maré Hougaard is die stigter.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Vertel ons hoekom die besigheid begin is


HOME by Olga-Maré het begin met die liefde vir tekstiele en spesifiek die ontwerp van unieke patrone vir tekstiele. Die stigter, Olga-Maré, het mode-ontwerp studeer en daarna haar passie vir mode voortgesit as ‘n lektrise by Fedisa en in 2015 die korporatiewe wêreld verlaat om haar eie mode-lyn te begin wat spesialiseer in okkasie-drag. Olga-Maré het nog altyd haar liefde vir tekstiel-ontwerp in haar mode-loopbaan gebruik om haar eie lap te ontwerp vir haar ontwerpe. HOME by Olga-Maré is ‘n samekoms van die liefde vir tekstiel-en-patroon ontwerp en die behoefte om mense se alledaagse lewens met skoonheid te vul.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Vertel ons meer oor jul produkte


HOME by Olga-Maré spesialiseer in 100% natuurlike produkte vir die huis.  Die huidige reeks, Florish, bestaan uit afdroogdoeke, servette, tafeldoeke en kussings wat van 100% linne gemaak is met leer insette hier en daar.  Die reeks is ‘n samekoms van die helderkleurige skoonheid van blomme en Olga-Maré se wens vir elke huis om te floreer in liefde en vreugde.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Waar word die produkte geproduseer


Alle produkte word in Olga-Maré se ateljee ontwerp en plaaslik gedruk en gemaak.  So jy hoef nie skuldig te voel om dit te koop nie.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Waar kan ons lesers  die produkte koop?


HOME by Olga-Maré kan aanlyn gekoop word by hul eie webtuiste, asook by Esque aanlyn.  HOME by Olga-Maré verskyn ook gereeld by markte landswyd wat aangekondig word op hul Facebook en Instagram blad.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Enige planne vir die toekoms?


HOME by Olga-Maré beplan om nuwe reeks uit te bring wat nogsteeds gefokus is op natuurlike elemente, maar met ‘n unieke styl.  Die toekoms mag ook die verskyning van ‘n kledingstuk of twee vir lui-lekker dae by die huis maak.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

So kan Mooi Leefstyl se lesers kontak maak met hulle


Jy kan HOME by Olga-Maré kontak by info@olgamare.co.za.

New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion New Decor Collection: Olga-Maré | Design | Decor, Fashion

Artikel Krediet

  • Fotos verskaf deur HOME by Olga-Maré