‘n Wegbreek na House of Pinardt in Robertson

House of Pinardt staan bekend as die wit huis met die swart vensterrame en die helder geel deur in Paul Kruger straat in Robertson.   Geleë in die hartjie van Robertson omring deur oulike winkels en fantastiese eetplekke is dit perfek om Robertson se dorp te verken per voet.

vorsprung studiovorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio House of Pinardt vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio

Bietjie meer inligting oor House of Pinardt


Die 1902 gerestoureerde erfenis gebou met sy moderne elemente is ‘n kontras teen oor die outydse gebou se struktuur.   House of Pinardt is ‘n Bed & Ontbyt en beskik oor 3 kamers met ‘n koning grootte bed het.  Elke kamer het ‘n volledige badkamer met ‘n stort en ‘n privaat ingang.

Die interieur van House of Pinardt is iets uit ‘n internasionale tydskrif. Die interieur is eksentriek en die kontras tussen die moderne en ou-wêreldse elemente werk so mooi saam.  Daar is baie kunswerke, rou baksteen mure, groot gemaklike banke, stoele en die mooi antieke kaste.  Alles wat nie bymekaar pas nie, maar tog perfek saamsmelt en ‘n kuns meesterstuk vorm.

House of Pinardt se donkerder kleurskakering laat die baie huislik en verwelkomend voel.  Onmiddellike skep dit sommer ‘n gevoel van wegbreek van daaglikse roetine.  Dit is ‘n fantastiese plek vir families of vriende wat opsoek is na verblyf in Robertson en iets wil hê wat modern en anders is as die alledaagse bed & ontbyt.

vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio House of Pinardt House of Pinardt vorsprung studio House of Pinardt

Geriewe wat House of Pinardt bied


House of Pinardt het ‘n volle toegeruste kombuis met ‘n luukse koffie-masjien, ‘n gasstoof, elektriese oond, eetgerei, breekware, ketel, mikrogolfoond, potte en panne.  House of Pinardt is nie ‘n selfsorg eenheid nie en wel ‘n bed & ontbyt.  As jy wel die hele huis uithuur, is ons seker dit sal nie ‘n probleem wees nie.  Die beste sal wees om net te vra voor die tyd.  Daar is ook ‘n skottelgoedwasser, so jy hoef nie jouself te bekommer oor vuil skottelgoed gedurende jou wegbreek naweek nie.

Daar is ‘n ses sitplek eetkamer tafel in die die kombuis wat dit lekker gesellig maak.  Die kombuis ruit skuif ook oop en mense kan lekker sosiaal kuier van buite na binne.

Die kamers het elkeen koffie en tee maak geriewe, ‘n TV met seker DSTV-kanale, Nextfilx en Showmax.  Daar is ook goeie en vinnige Wi-Fi gratis beskikbaar vir gaste.

Nie dat jy kos sal maak nie, want Robertson het fantastiese restaurante wat almal amper loopafstand is vanaf House of Pinardt.

Addisionele geriewe en aktiwiteite sluit in: Gaste kan ‘n bromponie of bergfiets op ‘n daaglikse basis huur.  Besoek ‘n plaas waar jy kan perdry of geniet ‘n heerlike wynproe in die Robertson Wyn Vallei.

House of Pinardt se geriewe sluit in ‘n braaiplek, gaste sitkamer en wasgoed-diens op versoek.

Ontbyt word bedien by de Bakkerij, net af in die pad, loop afstand van House of Pinardt.  Hier kan jy kies van ‘n verskeidenheid ontbyt soorte en ook drankies soos warm sjokolade en ‘n verskeidenheid koffie.  

vorsprung studio House of Pinardt vorsprung studio House of Pinardt vorsprung studio House of Pinardt House of Pinardt House of Pinardt House of Pinardt House of Pinardt House of Pinardt vorsprung studio guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson guesthouses in Robertson vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio vorsprung studio guesthouses in Robertson

Mooi Leefstyl se lesers kan so kontak maak met House of Pinardt


As jy opsoek is na ‘n naweek wegbreek plek of selfs ‘n paar aande in die week, kontak Riaan deur ‘n e-pos te stuur na  h-o-p@fibresky.co.za vir meer verblyf kostes en beskikbaarheid.  Volg House of Pinardt op Facebook en Instagram.

 restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson restaurant in robertson Terbodore restaurant in robertson