ʼn Beeldkonsultant gesels oor modes vir dames

Die artikel op Mooi Leefstyl handel oor ʼn Beeldkonsultant.   Jeanine Theron van Jeanine Theron Image Consultant gesels oor modes en ons is baie opgewonde om die artikel met jou te deel.  Jeanine is ʼn gekwalifiseerde voorkomskonsultant.  Sy het haar kursus by SA Image Academy voltooi.   Jeanine het nog altyd ‘n passie gehad vir mode, klere en styl, maar by ‘n werkswinkel in 2019 het sy meer sekerheid oor haar lewensdoel gekry.

Die vraag “Wat is jou hoekom?” het by haar posgevat, en sy het begin speel met die idee om ʼn pad met ander vroue te stap deur middel van voorkomskonsultant. Sy het haar besigheid in Augustus dieselfde jaar begin, gerig daarop om vrouens te motiveer en inspireer om die beste weergawe van hulself te wees.  By Mooi Leefstyl verstaan ons hoe belangrik dit is om mooi te voel en goed te voel oor jouself.  Ons sal dit hoogs aanbeveel dat jy ʼn draai maak by Jeanine Theron.

Mooi Leefstyl streef daarna om altyd die mooiste besighede en tendense in die trou bedryf met jou te deel.  Lees ons artikel oor die beeldkonsultant, Jeanine Theron Image Consultant, hieronder.

Image Consultant
Image Consultant Image Consultant

Was dit altyd die industrie waarin jy gewerk het? Vertel ons bietjie meer.

Dit was nog altyd vir Jeanine baie bevredigend om skeppend te wees.  Sy het haar graad in Verbruikerswetenskap, Interieur voltooi by Tukkies.  Daarna was sy ʼn lugwaardin en het internasionaal gereis.  Sy het dit so geniet om al die nuwe modes in New York, Hong Kong en Londen te sien, dat sy begin het om klere oorsee te koop en dan in Suid Afrika te verkoop by “pop-up shops”.  Daarna het sy saam met haar man platteland toe getrek waar sy ʼn klerewinkel oopgemaak het.

Dit was vir haar heerlik om mense mooi aan te trek en te werk met klere, maar sy het altyd ‘n behoefte gehad om nóg dieper met vrouens werk.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant
Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant

Dienste beskikbaar:

Kleur en styl-konsultasie:

Jeanine bepaal ‘n kliënt se lyfvorm, gesigsvorm en kleurvloei. Sy gee die kliënt dan leiding om die regte haarstyl en kleur te kies. Volgende gee sy riglyne vir style gepas vir die kliënt se liggaamstipe. Sy bepaal ook kliënte se stylpersoonlikheid en watter kleure, patrone, teksture, juwele en grimering die beste daarby sal pas.

Persoonlike inkopie-sessies:

Kliënte kan vir Jeanine saamneem winkels toe, sodat sy kan help om die regte kleure en klere te koop. Só spaar sy haar kliënte ook heelwat geld.

Basiese klerekas-konsultasie:

Met hierdie diens help Jeanine kliënte om hul huidige klerekas uit te sorteer en ʼn basiese “kapsule” van noodsaaklike items op te stel. Meeste vrouens hoef dan nie eers baie nuwe items by te koop nie. Sy wys ook haar kliënte nuwe maniere om bestaande klere te dra.

Basiese grimeer-les:

Leer grimering aanwend wat jou beste gelaatstrekke uitlig.  “The ultimate beauty” werkswinkels.

By hierdie voldag werkswinkels help Jeanine en ‘n leefstyl afrigter vrouens om weer selfvertroue te kry. Dit sluit styl- en kleur-konsultasies in, en elke vrou word ook grimeer en gestileer vir ‘n foto deur ʼn professionele fotograaf. Dit is wonderlik om te sien wat ʼn mooi foto vir die selfbeeld kan doen.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant
Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant

Waar of hoe vind jy inspirasie om jou kliënte so touwys te maak?

Jeanine lees baie, luister “podcasts” en sy maak ʼn punt daarvan om elke tweede maand een of ander aanlyn kursus te doen.  Sy is visueel ingestel, en vind haar inspirasie op Instagram en Pinterest.

Image Consultant Image Consultant

Baie mense het die idee dat ‘n beeldkonsultant baie duur is. Is dit die geval?

Elke persoon het hulle eie idee van wat duur en goedkoop is.  Alles hang af van die waarde wat jy aan ʼn diens koppel.  Jeanine glo dit is die beste belegging wat mens kan maak in terme van jou klerekas.  Inteendeel, dit spaar jou geld, omdat jy leer hoe om slim te koop en geld te spandeer op wat regtig by jou pas.  Jy sny dus al die onnodige uitgawes uit omdat jy nie modes najaag nie en weet wat by jou pas.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant

Wie moet ‘n beeldkonsultant sien en hoekom?

Enige vrou wat haar sin vir styl iewers langs die pad verloor het, of wat twyfel in haar styl keuses.  Jeanine kan jonk en oud help om weer hulself te ontdek.  Haar lewensuitkyk is “Ek is genoeg”, en sy meen dié oortuiging begin by klein veranderinge.  Sy glo dat as jy jouself anders sien in die spieël, jy sal begin om anders te dink, en as jy anders dink oor jouself, kan jy waarlik glo in jouself en jou volle potensiaal bereik.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image Consultant
Image Consultant Image Consultant Image Consultant

Gewildste diens:

Kleur en styl konsultasies.  Met die KOVID-19 pandemie het SA Image ʼn wonderlike aanlyn diens vrygestel, en kan Jeanine nou kliënte van regoor die wêreld help.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant Image ConsultantImage Consultant Image Consultant Image Consultant

Kontak Jeanine Theron hieronder:

Volg Transformed by Jeanine op Instagram vir tonne inspirasie.  Sy deel ook graag haar gunsteling produkte op Instagram.   Jy kan haar ook volg op Facebook.   Sy het ook ʼn webtuiste as jy na haar vorige werk wil kyk en meer wil lees.  Jy kan haar ook ʼn e-pos stuur of kontak by 082 601 9631.

Image Consultant Image Consultant Image Consultant
Image Consultant

    Artikel Krediet:

    • Fotograaf: Madisonandwest Lifestyle
    • Bykomstighede in van die fotos : The Box Fashion