Jenewer sonder alkohol is die perfekte skemerkelkie

Jenewer sonder alkohol is die perfekte skemerkelkie.  Jenewer is een van Mooi Leefstyl span se gunsteling drankies.  Stoff en Theresa Mouton, stigters van Vermont Vergin SA se storie is soos die uit ʼn sprokiesverhaal.  Hulle het as tieners verlief geraak.  Dit het meer as vier en twintig jaar geneem om hulle liefdesverhaal ʼn nuwe begin te gee.   Die idee het ontstaan toe Stoff en Theresa heerlike Hibiscus ystee gedrink het op hulle wittebrood in Thailand.  Dit was terug in Desember 2017.  Net daarna het hulle besluit dat hulle die besigheid gaan registreer en begin werk aan Vermont Vergin SA.

Ons het bietjie gesels met Vermont Vergin SA oor hul nie-alkoholiese jenewer.  Lees meer in ons artikel oor hul jenewer hieronder.

alcohol free gin

Plaaslik:

Vermont Vergin SA se Hoof Kantoor is in Vermont, ʼn voorstad van Hermanus.  By die Atlantiese Oseaan en op die oewer van die Overberg berge is waar al die produksie plaasvind.  Alles vind plaas op ʼn gesertifiseerde organiese plaas in die Hemel-en-Aarde Vallei.  Die produk word gebottel en uitgestuur van uit Muizenberg se fabriek.

alcohol free gin alcohol free ginalcohol free gin alcohol free ginalcohol free gin alcohol free ginalcohol free gin alcohol free gin

Vermont Vergin SA se reeks produkte:

Daar is vier vegaan-vriendelike produkte in die reeks.  Twee gedistilleerde  drank en twee gereed-om-te-drink nie-alkoholiese skemerkelkies.  Bloom en Limón was Suid-Afrika se eerste nie-alkoholies gedistilleerde botaniese drank.  Dit lyk soos jenewer, ruik soos jenewer, proe soos jenewer en bedien soos jenewer.   Daar is geen suiker, alkohol, vette, gluten, cholesterol en vette in die mengsel nie.

In Oktober 2019 het hulle ook twee première nie-alkoholies  skemerkelkies vrygestel.  Dit is ʼn nie-alkoholies Mojito en ʼn nie-alkoholies Laventel-Rooibosbessie Cosmopolitan.  Perfek vir die van julle wat hou daarvan om avontuurlustige drankies te drink sonder om die kwaliteit te verswak, as ook die smaak en gesondheid voordele.

alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin alcohol free gin

Gewildste Produk:

Die gedistilleerde reeks doen baie goed onder die uitvoer mark.  Plaaslik hou kliënte van gereed-om-te-drink drankies.  Die Limon gedistilleerde drank het baie toekennings gewen insluitende Beste nie-alkoholiese gedistilleerde drank.  Dit was in kompetisie met top internasionale en plaaslike handelsmerke by die Mindful Drinks Festival.  Dit het ook die Michelangelo International Spiritis medalje gewen in 2019 … Een van slegs twee medaljes in die kategorie.  Dit is iets om oor trots te wees.

alcohol free gin alcohol free gin  alcohol free gin alcohol free gin

Koop Vermont Vergin SA:

Jy kan Vermont Vergin SA koop by meer as 200 plaaslike winkels in Suid-Afrika en ook top restaurante en kroeë.  Dit is ook beskikbaar aanlyn en word uitgevoer na Australië en Seychelles.  Meer internasionale bestemmings gaan binnekort deel word van hulle uitvoere.   Klik hier om hulle aanlyn winkel te besoek.   Vir meer inligting oor hulle wonderlike produkte, volg hul op Instagram en Facebook.  As jy e-pos verkies, klik hier en stuur hulle ʼn e-pos vir meer inligting oor hulle produkte.

alcohol free gin alcohol free gin

Artikel Krediet: