Natuurlike velsorg produkte vir kinders

By Mooi Leefstyl deel ons met jou JOMAR se natuurlike velsorg produkte vir babas en kleuters.  Hul produkte is perfek vir jou baba of kleuter en sal hul velle goed versorg.  Felicia Kotze het in Augustus 2020, na twee jaar se navorsing haar droom laat bewaarheid.  Sy het tydens die grendeltydperk bedank uit haar korporatiewe wêreld om haar droom te verwesenlik.  As ʼn velsorg terapeut is dit haar natuurlike belangstelling om vel te wil herstel.  Dit gekombineer met haar liefde vir die natuur en haar kinders het vir JOMAR tot voorskyn gebring.

Tot op hede is dit verseker meer die unieke produkte wat baie aandag kry.  Hulle top drie verkopers so ver is die Decongesting Bath Oil, Calming Rescue Gel en Conditioning Scalp Oil.  Dit is altyd vir ons by Mooi Leefstyl fantasties om plaaslike besighede te sien groei.   Iets wat so klein begin en so vinnig ʼn moontlikheid om in ʼn sukses te verander.  Ons het soveel talent in Suid-Afrika en moet meer plaaslike besighede en produkte ondersteun.

JOMAR se natuurlike velsorg produkte word deur ʼn derde party vervaardiger vervaardig in Pretoria.  Ons het ʼn onderhoud gehad met Felicia, stigter en eienaar van die oulike velsorg produkte besigheid vir kinders.  Lees meer oor haar besigheid hieronder en watter produkte hul alles vir jou bied.

– skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Inspirasie agterdie naam:

JOMAR – n kombinasie van Felicia twee kinders se name – JOE en MARIA.  Dit beteken “God will multiply” – dis ʼn belofte van hoop en voorspoed, ʼn belofte wat elke mamma aan wil vashou.

skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Reeks produkte:

Die reeks bestaan uit 10 produkte wat kop tot toon behandel.  Dis ontwikkel vir sensitiewe, droë velletjies maar ook goed vir gewone velletjies.  Dit het al bewys om baie effektief te wees vir ekseem, cradle cap, vel uitslag, son brand en brand boudjies.

JOMAR formulasies is ʼn kombinasie van essensiële olies, anti-oksidante, natuurlike bevogtigers en botaniese botters en olies.  Die produkte is tussen 99 tot 100% natuurlik en is vry van sintesiese parfuums en kleurmiddels en skadelike chemikalieë.

Alledaagse produkte:

Die JOMAR reeks bevat die alledaagse produkte soos byvoorbeeld boud roompies, ʼn gel en ʼn room lyfwas maar dan ook meer unieke produkte soos die:

  • Multi-purpose Sanitizing Spritz – doeltreffend vir die hele familie en baba se omgewing;
  • Calming Rescue Gel – ʼn wonder gel wat goed is vir son brand, vel irritasies en help om seerplekkies te genees;
  • Repairing Balm Oil – uitstekend vir ekseem velletjies;
  • en dan ook iets vir mamma, die Nourishing Maternal Lotion – word aangewend tydens swangerskap en na geboorte om rekmerke te voorkom, net om ‘n paar produkte uit te sonder.

skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Inspirasie agter JOMAR se produkte:

Felicia het besef hoe bevoorreg sy is om ma te kan wees maar met ‘n veeleisende werk het sy hul min gesien en het baie van hul ontwikkeling gemis.  Sy’t besef dat hierdie scenario nie uniek tot haar was nie, maar sy het ʼn groot behoefte gehad aan iets MOOIS, iets wat GELUKKIG MAAK en wou dit met ander mammas deel – en dit is JOMAR, ʼn natuurlike velsorg reeks wat sag, veilig  en effektief is op kinder velletjies.  Dis haar passie om produkte te formuleer wat REGTIG werk en wat mammas ook geniet om te gebruik.

Hierdie reeks is gefokus op die modern mamma wat natuurlike velsorg wil gebruik wat lekker ruik en voel, mooi lyk, wat regtig werk en wat ter selfde tyd nie die natuur beskadig nie.

skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Plaaslik vervaardig:

JOMAR word deur ʼn 3de party vervaardiger vervaardig wat in kosmetiese produkte spesialiseer, geleë in Pretoria.  Felicia het saam met die bio-chemikus gewerk om die formules te perfek, ʼn hele paar toets produksies was gedoen per produk en was op mense en kinder velletjies getoets totdat hulle by die perfekte formule uitgekom het wat aan hul standaarde voldoen.  Hierdie proses het 18maande geneem.  JOMAR word in klein produksie bondels vervaardig om die bestanddele so vars as moontlik te verskaf aan die verbruiker.

skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Koop JOMAR se produkte aanlyn:

Jy kan al JOMAR se produkte op hul aanlynwinkel koop.   Hul produkte is beskikbaar in sekere baba winkels, skoonheid salonne en aanlyn-baba winkels.  Verskaffers kan op JOMAR se webtuiste gevind word.   As jy spesifieke vrae het, kontak hul per e-pos of telefonies by 021 205 5818.  Vir meer nuus oor hul nuutste produkte, volg hul op Instagram en Facebook.

skincare range for baby & toddlers skincare range for baby & toddlers

Artikel Krediet: