Handgemaakte 100% natuurlike seep reeks

Met baie opgewondenheid deel ons ʼn handgemaakte 100% natuurlike seep reeks van Jonk met jou.  By Mooi Leefstyl is ons mal oor sepe en veral lekker ruik sepe wat boonop ook mooi lyk, soos dié van Jonk.  ʼn Besigheid wat begin is in Kaapstad en wat ons weet nog baie sal bereik.   As jy iemand is wat van natuurlike produkte hou, dan sal hierdie artikel jou aandag trek.  Seep speel so ʼn groot rol.  Dit is een van die enigste goed waarmee jy letterlik jou hele liggaam bedek.  Dit is die fondasie van jou skoonheid-roetine en daarom is dit belangrik om ʼn goeie seep te gebruik.

Biance Jonck is die eienaar en stigter van Jonk.  Jonk is gestig in Maart 2020, net voor die Kovid-19 grendeltydperk begin het.  Jonk was gestig met die behoefte om ʼn meer natuurlike lewe te lei. Dit het begin met my kinders in gedagte. Sy het ʼn produk gesoek wat 100% natuurlik is – nie net goed vir hulle jong velletjies nie, maar ook goed sal wees vir die omgewing.   Elkeen van hulle is verantwoordelik vir die voetspore wat ons agter laat op die Aarde.  Ons aksies, maak nie saak hoe gering nie, is die nalatenskap vir ons jonger generasie.

Lees meer oor ons artikel met Biance Jonck, stigter en eienaar van Jonk.  Geniet ook die pragtige foto’s van hulle lieflike mooi reeks sepe hieronder.

handmade soap south africahandmade

Inspirasie agter die naam, JONK:

My van (Jonck) was my inspirasie. Ek wou graag iets unieks gebruik as ʼn naam vir my besigheid, maar ook betekenisvol.  Ons seep word gemaak van slegs natuurlike bestanddele wat nie net goed is vir jou vel nie, maar ook goed is vir die omgewing en natuur.  Die naam “Jonk” het net so goed gepas en weerspieël dit waarvoor ons staan en die boodskap wat ons daar buite wil uitbeeld.

handmade soap south africa  handmade soap south africa

Reeks Produkte:

Ons het 5 verskillende handgemaakte sepe.  Elke reeks is uniek en geïnspireer deur die natuur.  Ons gebruik slegs natuurlike bestanddele en al ons aankope word gewerf van verskaffers wat etiek en volhoubaarheid hoog ag.

handmade soap south africa handmade soap south africa

Koop JONK se produkte:

Ons produkte is aanlyn beskikbaar op ons webwerf. Dis ook beskikbaar in talle winkels landswyd, insluitende die Poetry-groep.

handmade soap south africa handmade soap south africa

Gewildste Produk:

Die Himalayan – Pink Clay & Lavender seep is baie gewild.  Die natuurlike klei wat ons gebruik maak die seep baie sag en romerig.  Himalaja sout sorg vir ʼn sagte afskilferaar.

handmade soap south africa handmade soap south africa

Plaaslik Vervaardig:

Al ons produkte word plaaslik vervaardig in my studio in Kaapstad.  Elke seep word handgemaak en ons volg die “cold process” metode.  Alle bestanddele word in sy rou formaat gebruik en dan vind die chemiese proses van “saponification” plaas.  Die seep staan dan in sy houer vir 24 uur voordat dit uitgedop en gesny word.  Dan moet die seep vir 4 weke op “curing” rakke staan voordat dit gebruik kan word.

handmade soap south africa handmade soap south africa

Volg JONK aanlyn:

Jy kan gerus Jonk volg op Instagram vir pragtige foto’s en beskrywings van hul reeks produkte.  As jy meer inligting wil hê oor enige van hul produkte or iets aanlyn wil koop kan jy hul webtuiste besoek of vir hulle ʼn e-pos stuur.

handmade soap south africa handmade soap south africa

Artikel Krediet: