Ons was die naweek bietjie weg na die Barrydale area in die Klein-Karoo area wat deel is van die bekende Roete 62. Dit was ‘n heerlike ervaring gevul met die mooiste kleurvolle natuur tonele, gemeng met droë Karoo landskappe. Ons het op pad na ons kuier plekkie by die Warmwaterberg Spa gestop by die wel bekende toeriste attraksie, Ronnies Sex Shop en het self vir Ronnie sien verby loop. Saterdag het ons ‘n draai gemaak by Touwsberg, net buitekant Ladysmith.
Touwsberg
Die prentjie mooi Natuur en Wild Reservaat sluit in ‘n oorvloed van verskillende voël spesies, wilde diere en die mooiste natuur tonele met vele groenigheid en baie water. Jy kan ook ‘n plot koop by Touwsberg en jou eie huis hê in die hartjie van die mooi plek. Hugo het ons deur ‘n stukkie van Touwsberg gevat en ons was mal oor wat ons gesien het. Ons is baie opgewonde om weer in Oktober maand daar te kuier en die res van Touwsberg te sien.
Diesel & Creme
Daar is verskriklik baie om in die area te doen. Wens ons kon langer daar bly om by meer uit te kom, want daar is eintlik so baie om te doen in die area. As jy mal is oor heerlike melkskommels dan sal jy definitief moet stop by Diesel en Creme. Dit is een van ons mees oulikste ontdekkings in die Klein-Karoo. Van hulle melkskommels sluit in Cruella Deville, Morning Glory, Honey Crunch, Turkish Delight, Nutella en vele meer interessante geure. Hulle het ook ‘n baie oulike gaste huis op die perseel wat ons sal aanbeveel vir enige iemand. Daar is baie om te doen vir volwassenes en kinders in die Barrydale omgewing. Dit is die perfekte plek waar kinders nog kinders kan wees. Twiet ons gerus by @mooileefstyl as jy enige oulike plekkies van weet wat ons moet besoek.