Prettige Kombi toere deur Kaapstad

Die woord ‘Kiff’ is deur branderplankryers in Durban begin;  Dit beteken iets is fantasties of baie goed.  Alhoewel die woord oorspronklik vanaf Durban afkomstig is, word dit regoor Suid-Afrika gebruik.  Dit was die inspirasie agter Kiff Kombi Tours en beskryf hierdie toer-diens tog te goed!

Kiff Kombi Tours is in Januarie 2017 deur Drew Cambell gestig en verskaf sedertdien prettige kombi toere vir Kapenare en toeriste.  Hulle bied ‘n verskeidenheid bekostigbare toer-opsies en neem jou na versteekte juwele in en om die moederstad.  Bring jou hele gesin of vriendekring, trek jou partytjie plakkies aan en val in die pad vir ‘n dag van verkenning saam die ‘kiff’ste’ toergidse in die stad!

  • Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours

Wat Kiff Kombi Tours spesiaal maak


Kiff Kombi Tours is trots op die unieke ervarings wat hul bied.  Hul toere is ietwat buitengewoon en anders as die normale Kaapstad toere.  Die plekke waarheen hulle kliënte vat is versteekte juwele wat mens nie sommer op enige plek kan beleef nie.  Met hul goeie musiek en geselsies skep hulle ‘n lekker atmosfeer en moedig hul passasiers aan om ‘n prettige tyd te hê.  Hul groot verskeidenheid toer-opsies is ook natuurlik ‘n bonus!

Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours

Areas waarin hul dienste in bied:


Kiff Kombi Tours doen toere in en om die Kaapstad distrik.  Hulle dienste strek oor areas soos Kaap Punt, Simonstad, Constantia, Stellenbosch, Franschhoek en ook  natuurlik Kaapstad middestad.

Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours

Verskillende toere


Kiff Kombi Tours bied ‘n verskeidenheid toere, met die fokus op kultuur, kos en drankies.  Hulle is ook mal oor straat-kuns en sal jou al die oulike en interessante plekkies in die veelsydige Kaapstad gaan wys.  Hulle spesialiseer in hennepartytjies en rampartytjies vir toekomstige bruide en bruidegomme, asook prettige jaareind-funksies.  Daar is ook die opsie van ‘n privaat toer, gebaseer op die kliënt se aanvraag.

Onder toeriste is hul Urban Safari pakket, asook hul Road Trip to Cape Point & Penguins pakket, die gewildste.  Vir die manne wat ‘n rampartytjie wil hou, sal hulle die Wine, Beer & biltong Safari aanbeveel.  Dit sluit in die besoek van twee wynplase, twee Craft Bier brouerye en ‘n braai middagete.  Indien die manne nie groot wyn drinkers is nie, maar eerder bier sal waardeer, sal hulle die Craft Beer Safari aanbeveel.  Dit sluit in die besoek van 4 Craft Bier brouerye en ‘n braai middagete.  Hulle kan ook prettige aktiwiteite insluit soos klei-skiet, bubble sokker en Paintball.

Vir die dames bied hulle die  Gin Jol pakket aan.  Dit sluit in 4 gin proe aktiwiteite (insluitend kos) en ‘n cocktail drankie by The Secret Bar.  ‘n Baie gewilde pakket waarvan almal altyd hou, is die Splendour in the Winelands trip.  Dit sluit in die besoek van 5 plase, insluitend middagete en sjokolade en biltong proe sessies.

  Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours

Eienaar van Kiff Kombi Tours se raad aan entrepreneurs


My raad sal wees om seker te maak jy het ‘n duidelike en sterk idee van wat jy wil doen.  Maak dan seker dat die identiteit van jou besigheid dan by jou idee aansluit.  In vandag se tyd is dit regtig belangrik om ingelig te wees oor digitale bemarking.  Daar is verskeie platforms wat gebruik kan word vir bemarking,  Maak dus seker jy kies die regte een wat by jou besigheid pas en by jou teikenmark sal uitkom.  Dis áltyd moeilik aan die begin, maar as jy hard werk en deursettingsvermoë het, sal jy beslis ‘n sukses kan maak.

Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours

Hoe om ‘n trip te bespreek


Enige van die volgende drie platforms kan gebruik word om besprekings te maak:

Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours Kiff Kombi Tours