Laat die koppe draai

Daar is ‘n ou op die straat en die meisies, en selfs ‘n paar ouens, kyk hom agterna wanneer hy vol selfvertroue verby hul loop. Hul wonder by hulself wat is só besonders oor hom?  Die ou is nie vermakerig, arrogant of verwaand nie, hy is kalm en weet hoe om sy etiket, spraak en lyftaal dra te in beleefde geselskap.  Dit is dié tipe ou wat jy aan jou Ma wil voorstel …

Die ou het klas en definitief styl.  Jy kan nie jou vinger daarop plaas nie, maar kom ons by Mooi Leefstyl verklap sy geheim … Hy dra ‘n nuwe trotse Suid-Afrikaanse produk.

Mooi Leefstyl se lesers kan hier onder meer uitvind en dan is daar ook ‘n promosie betrokke slegs vir ons lesers.

Shirts for men Shirts for men

Wanneer was Kings of Culture gestig en wie is die stigters?


Kings of Culture was op die 20ste April 2019, deur Maarten de Jong en Roxanne Eastment, gestig.

Shirts for men Shirts for men

Brei bietjie meer uit oor die besluit van die handelsmerk


Ons sien die mode as ‘n kultuur of ‘n manier van lewe.  Dit vorm deel van wie ons is op ‘n daaglikse basis en dit verteenwoordig ook wie ons is in die gemeenskap; dus sit ons die word “Kultuur” in ons naam.

Een van ons doeleindes is om ons handelsmerk aan die voorpunt van Suid Afrikaanse mode te hê – ons hemde doen al die praatwerk met hulle kenmerkende ontwerpe en dapper patrone.  Dit is waar die “King” vandaan kom.

Shirts for men Shirts for men

Word jul produk plaaslike gemaak?


Ja, ons is Trots Suid Afrikaans – ons vervaardig ons eie hemde plaaslik, saam met mense wat van nederige begin kom.

Die proses: Ons werk saam met ‘n patroon maker om ons hemde se pas te verbeter.  Dan werk ons met ‘n grafiese ontwerp span, om prente en patrone te finaliseer.  Die volgende stap is om ‘n voorbeeld te maak om te verseker dat ons die korrekte kleure het, as ons begin druk.

Ons hou dan pret met ons CMT span, wat die materiaal tot lewe laat kom.

Shirts for men Shirts for men

Wat maak jul produk uniek?


Ons is uniek en ons skep ons eie patrone, wat op die materiaal gedruk word.  Sodra jy die wêreld van Kings Of Culture betree, sal julle die passie en die krag daaragter ervaar.  Skakel by ons aan!

Shirts for men Shirts for men

Watter tipe produk verkoop julle


Ons verkoop geknoopte kortmou mans hemde met ‘n kraag.  Daar is twee materiaal opsies: Katoen en Viscose

 

Shirts for men Shirts for men

Wil jul die reeks meer uitbrei?


Ja, ons beplan om ons reeks uit te brei, en julle moet julle oë op ons sosiale media bladsye hou, om die nuutste style te sien.

Shirts for menShirts for men

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers jul produkte koop?


Koop julle hemde op ons webwerf: https://www.kingsofculture.co.za/.

Ons gee alle Mooi Leefstyl lesers hulle eie afslag kode: MOOILEEFSTYL50 om by die betaalpunt R50 afslag te kry vir alle aankope.  Dit sluit ook die aflewering in.

Shirts for menShirts for men

Advies aan ander jong entrepreneurs?


As julle iets dringend wil hê, breek los!  Moenie opgee nie!  Maak nie saak hoeveel keer julle dit doen – dit sal alles die moeite werd wees.

Shirts for men

Mooi Troues se lesers kan sosiaal word met Kings of Culture


Instagram: @kings_of_culture_sa

Facebook: @kingsofcultureclothing

Shirts for men

Artikel Krediet

  • Foto’s verskaf deur Kings of Culture