Macramé produkte gemaak met liefde

Macramé produkte gemaak met liefde deur Knotty SA.  Hul reeks van produkte sluit in produkte soos muurbehangsels, plant hangers tot gebreide komberse.  Daar is heelwat oulike produkte om jou huis se dekor daardie huislike gevoel te gee.  Die eienaar van Knotty SA is Leroné Lazenby.  Sy het Knotty SA in 2017 begin en vandag is dit ʼn suksesvolle verhaal.

Leroné het by haar, nou 81 jarige Ouma, geleer hekel en brei.  Sy geniet die kreatiewe element van  handewerk wat ontaard het in ‘n passie.  Dan soos julle kan aflei het haar passie vir hekel en brei in ʼn besigheid ontaard.  Dit is altyd so lekker om te lees as mense hul passie volg.  Tans is Knotty SA se gewildste produkte hul gehekelde matte, spesifiek vir kinders se kamers, en gebreide warm oordekens.  Knotty SA is wel nou druk besig met plekmatjie bestellings vir Kersfees. Hou hulle sosiale media platvorms en webtuiste dop.

Vir nog tonne leefstyl inspirasie vir jou huis, besoek Mooi Leefstyl se Huis & Tuin kategorie en word geïnspireer.  So as jy nog nie ʼn Knotty SA produk het nie, sal jy vinnig moet spring en bestel.  Geniet die artikel hieronder.

Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products

Inspirasie agter die naam:

Hekelwerk en breiwerk is basies ‘n tapisserie van knope in verskillende patrone, daarom is die naam Knotty gepas.  Knotty is ook trots Suid Afrikaans met die verkryging van materiale en in die samestelling van ons talentvolle groep dames wat almal plaaslik is.

Macramé products Macramé products Macramé products

Reeks van produkte:

Knotty SA se katalogus bestaan uit macramé produkte.  Dit sluit in muurbehangsels en plant hangers, gehekelde area matte, badkamer matte en plekmatjies, gehekelde of gebreide komberse.  En ook oordekens, gebreide draad-woorde asook ‘n verskeidenheid Doen-Dit-Jouself produk opsies.

Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products

Inspirasie vir jul produkte:

‘n Groot meerderheid van Knotty se produkte inspirasie spruit uit behoefte uit.  Leroné wou spesifieke dekor items van goeie kwaliteit tot haar huis voeg en het besluit om dit self te maak.  Die produkte het gewildheid verwerf by haar vriende en mettertyd het die vraag na die items toegeneem.

Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products

Bestel Knotty SA aanlyn:

Knotty SA se produkte is beskikbaar op hul aanlynwinkel en webtuiste.   Indien jy meer wil weet oor hul produkte, stuur hul gerus ʼn e-pos.  Jy kan hulle ook volg op Instagram en Facebook vir baie oulike foto’s van hul produkte.

Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products

Plaaslike vervaardig:

Knotty SA se produkte word plaaslik deur die eienaar Leroné in die Kaap vervaardig.   Dit word soms ook bygestaan deur ‘n groep bekwame en talentvolle dames.  Om te hekel en brei is ‘n noukeurige proses.  Soos enige kreatiewe handewerk, verg dit tyd en aandag om ten einde ‘n kwaliteit produk aan ‘n kliënt te kan lewer wat waarde vir hul geld is.  Elke produk wat uit die Knotty SA werkswinkel gestuur word, bevat beslis ‘n deel van ons hart.

Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products Macramé products

Artikel Krediet: