Koel af met ‘n handgemaakte gemmerbier

Smiths Ginger Beer South Africa

Gemmerbier het alreeds in die 18de eeu in Yorkshire, Engeland ontstaan.  Dit het in die 20ste eeu bekend onder Suid-Afrikaners geword;  Honderde mense het sedertdien vir google geraadpleeg en hul weergawe van gemmerbier by die huis probeer.  Maar daar is ‘n rede waarom Smith’s Gingerbeer se handgemaakte Gemmerbier soveel aftrek gekry het en nie net ‘n stokperdjie op ‘n Saterdagmiddag gebly het nie.  Smith’s Gingerbeer hou vele gesondheidsvoordele in, dit is voordelig vir die natuur én dit is uiters verfrissend.  As gevolg van die feit dat mense so mal is daaroor, kon hulle al vier suksesvolle verskillende geure vervaardig.

Somer is om die draai!  Smith’s Gingerbeer is perfek as jy jou man op ‘n warm somersdag wil bederf, of as jy kreatief voel en jou vriendinne wil onthaal met heerlike gemmerbier-skemerkelkies!  Lees meer oor die voordele van Smith’s Gingerbeer en waar om dit in die hande te kry.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

Stigting van Smith’s Gingerbeer


Die besigheid is alreeds vroeg in 2017 gestig.  JeanPierre Smith en Justine le Roux is die stigters en eienaars van Smith’s Gingerbeer .  Ek was opsoek na ‘n kwaliteit gemmerbier vir my restaurant se spyskaart.  Na vele maande se hopelose soektog het ek besluit om self die gemmerbier te begin brou.  Die ontvangs onder die gaste was so oorweldigend positief;  Dit was dus die oomblik toe die skaal begin verander het.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

 Inspirasie agter die naam


JeanPierre het in die vroeë 90’s die Randse Afrikaanse Universiteit in Johannesburg bygewoon.  Elke student was met ‘n unieke student-nommer uitgereik;  Dié was so dikwels gebruik dat hy tot vandag nog homself vang die nommer herhaal – en dit is nou buiten sy natuurlike obsessiewe-kompulsiewe gedrag.  Die jare op universiteit was sorgeloos en hy onthou die ondeunde pret wat hul in die koshuis gehad het. Die maatskappy verteenwoordig die drome wat JP in daardie jare as student gekoester het;  Dit is hoekom die voormalige student-nommer gebruik word.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

Produkte


Huidiglik is daar een reeks produkte wat die maatskappy vervaardig en dit is Smith’s Ginger Beer.  Daar is 4 verskillende geure beskikbaar; Elkeen spesifiek vir die natuurlike gesondheidsvoordele daaraan verbonde.  Hierdie gesondheidsvoordele sluit aan by die brou-proses.  Die geure is:

  • Suurlemoen
  • Rooibos, perske en appelkoos
  • Hibiscus
  • Borrie

Daar is planne om die reeks uit te brei na ander spyseniering en drankie produkte, wat aansluit by die maatskappy se beleid om hoë-kwaliteit produkte op klein skaal te vervaardig.

Lesers kan landwyd die produk op YuppieChef bekom.  Al 4 geure is beskikbaar en dit word per koerier-maatskappy voor jou deur afgelaai.  Dit is ook natuurlik by LUST Bistro op die Vrede en Lust wynlandgoed beskikbaar, asook uitgesoekte Spar-takke en restaurante in die wynland.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

Gewildste produkte


Oorspronklik het mense baie meer aanklank by die suurlemoen gemmerbier gevind as meeste van die ander geure.  Moontlik omdat dit ‘n herinnering van “Ma” se tradisionele gemmerbier is.  Huidiglik ondervind ons egter dat daar kliënte en maatskappye is wat gegeurde gemmerbier kies om by hul maandelikse tema aan te sluit.  Onlangs was die borrie-gemmerbier ingesluit by die YuppieChef FOMO-boks en klublede van die Wine-of-the-Month klub het die Hibiscus gemmerbier in hul maandelikse besending ontvang.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

Entrepreneurskap advies


Daar is baie produkte wat kompeteer vir die verbruiker se aandag en uiteindelik besteebare inkomste.  Dit is belangrik om reeds vroeg in die proses te besef wat jou kompeterende voordeel is.  Nóg belangriker is om te besin of dit ‘n boodskap is wat jy effektief op die rak (tussen ander soortgelyke produkte) kan kommunikeer.  Terwyl dit aanvaarbaar en verstaanbaar is vir klein-skaal handgemaakte produkte om klein variasies van een lot tot die volgende te ondervind, is die oorhoofse beginsel van ‘n kwaliteit handelsmerk belangrik.  Neem dus tyd om die proses baie goed te deurdink.  Toets die produk op ‘n breë-skaal steekproef om terugvoering te ontvang alvorens jy dit mark toe neem.

Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa Smiths Ginger Beer South Africa

Voordele van Smith’s Gingerbeer


Daar is ‘n groter verantwoordelikheid (en tereg so) ten opsigte van nie-alkoholiese drankies.  Dit is gewild omdat dit verfrissend is en ook gesondheidsvoordele inhou as gevolg van bestanddele of brou-proses.  Dit is waar die handelsmerk Smith’s Ginger Beer in die mark-segment leef.  Herwinning is vir ons uiters belangrik.  Dit is juis daarom dat die drankie in herwinbare glas-bottels verskaf word.  Voorgenoemde is ook natuurlik ‘n noodsaaklikheid as gevolg van die gistings-proses.

Om op hoogte te bly van Smith’s Gingerbeer se nuutste verwikkelinge of spesiale aanbiedinge, volg hul op Instagram en Facebook.

Smiths Ginger Beer South Africa