Klassieke juweliersware vir die moderne vrou

Hier by Mooi Leefstyl deel ons die Klassieke juweliersware vir die moderne vrou deur Kolmio.  Tracey van Heerden het Kolmio gestig in 2016.  Haar liefde vir juwele maak het egter eers begin kort nadat sy graad gevang het.  Sy het BA Visuele Kunste studeer by die Universiteit van Stellenbosch.  Na haar studies het sy begin werk vir ʼn plaaslike goudsmid in Heidelberg waar sy groot geword het.  Dit is hier waar sy werklik haar passie vir juweliersware ontdek het.  Na ʼn paar jaar het sy Secunda toe getrek om te trou met die liefde van haar lewe.  In hierdie seisoen het sy Kolmio gestig en nog nie ʼn oomblik terug gekyk nie.  Kolmio is tans gebaseer in Pretoria en Tracey sien kliënte op afspraak.

Die besigheid se naam is geïnspireer deur die Finse woord “kolmio” wat driehoek beteken.  Die naam simboliseer die verhouding wat Tracey met haar kliënt het.  Tesame dan op die ou end ʼn unieke juweelstuk te produseer.  Vir Tracey is kliënte diens een van die belangrikste faktore in haar besigheid.  Haar ontwerpe word noukeurig saam die kliënt ontwerp om seker te maak dat sy hul droom juweelstuk laat realiseer. 

Rol af om meer te lees oor Mooi Leefstyl se onderhoud met Kolmio hieronder.

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Plaaslik gemaak in Pretoria:

Tracey ontwerp tydlose juweliersware in Pretoria vanaf haar private studio.  Sy spesialiseer in die maak van perssonlike juweliersware.  Enigiets van verloofringe, die herontwerp van ou juweliersware en om juwele te maak vir spesiale geleenthede.  Sy het hierdie jaar ʼn luukse reeks uitgebring wat kliënte die geleentheid gee om juwele aanlyn te koop.  Items soos trouringe, hangertjies en oorbelle vorm deel van hierdie reeks.

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Reeks Juweliersware:

Kolmio se ontwerpe word noukeurig met die kliënt ontwerp om seker te maak dat sy hul droom juweelstuk laat realiseer.  Elke item is op bestelling en volgens die kliënt se spesifikasies gemaak. Op hierdie manier maak sy unieke juwele vir elke kliënt.  Die juweliersware aanlyn is geïnspireer deur die idee om jou luukse items elke dag te kan dra.  Hierdie reeks bevat tydlose items wat deur elke seisoen van jou lewe gedra kan word. 

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Gewildste ontwerpe:

Kolmio se unieke verloofringe en trouringe spesifiek gemaak volgens die kliënt se behoeftes is baie gewild.  Tracey se gewildste aanlyn produkte is “The Cluster”, “The Everyday Luxe”, “Everyday Huggies” en “The Everyday Neckpiece”

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Die ontwerp proses:

Kliënte stuur hul idees per epos na Tracey om die ontwerp proses te begin.  Die ontwerp word noukeurig bespreek met die kliënt en die materiale word versamel spesifiek volgens die kliënt se behoeftes.  Wanneer die kliënt gelukkig is met die voorgestelde ontwerp, word die juweelstuk gemaak deur Tracey in haar studio.  Sodra die juweelstuk gereed is, word hy afgelewer by die klient se deur.

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Volg Kolmio aanlyn:

Kliënte kan deur Kolmio se sosiale media of webtuiste in kontak kom om iets persoonlik te laat maak.  Sy het ook ʼn aanlynwinkel waar jy van haar juweliersware kan koop.  Stuur ʼn epos na tracey@kolmio.co.za om jou persoonlike juweliersware te laat maak.   Gaan besoek hul webtuiste en volg hulle op Instagram, Facebook en Pinterest vir meer inligting. 

KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery KOLMIO Jewllery

Artikel Krediet: