Kos & Koffie avontuur in Kopenhagen

Winters dae in Kopenhagen beteken motreën en ‘n sonnetjie wat sukkel om sy kop uit te steek.  Dit is dae gevul met wat ons graag na verwys as “koffie kuiertjies” en Gløgg by die groot verskeidenheid kers-markte.  Die strate is verlig met kersliggies.  Om elke hoek en draai ruik mens dennebolle, speserye en eksotiese reuke van ‘n onbekende wonderwêreld.

Ons reis na Kopenhagen was selfs meer opwindend as enige van Hans Christian Andersen se vele verhale.  Ons nooi jou uit om deel te wees:

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Torvehallerne Mark


Ons begin by ‘n reuse verassing.

‘n Groot gunsteling, of heel moontlik dié gunsteling in Kopenhagen, was die ongelooflike Torvehallerne Mark in Frederiksborggade, reg in die hartjie van die stad. ’n Ontdekking, ‘n verassing, ‘n juweel in die middestad.

Hierdie mark bars letterlik uit sy nate met kraakvars vrugte en groente, blomme en plante.

En dan is daar ietsie van alles vir elke kosliefhebber.  Van die tradisionele Deense smorrebrød – wat waarlik erfeniskos is – tot ‘n verskeidenheid kase, pasteitjies en soetgoed.  Die mark is ook huis vir ‘n verskeidenheid bobaas sjokolade-kunstenaars, roomys-makers en allerlei organise lekkernye, olies, marmelades, strope en vel produkte.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Gunsteling Koffiehuis in Torvehallerne Mark


Van die koffie-huise wat binne-in die mark is, sal ons definitief Laura’s Bakery aanbeveel.  Nie net word hulle koffie bedien deur bekwame baristas nie, maar die verskeidenheid soet gebak het ons monde letterlik laat water.  Ons moes inderdaad dadelik ‘n koffie-breuk vat en van hulle marsepein- en sjokolade rolletjies probeer – en toe net so klein soet pasteitjie met amandel en papawersaad.

‘n Bakkery waar mens letterlik die laaste krummels van die toonbank wil oplek voor jy vra vir nog!

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Die Blom-Towenaars


Die vars produkte-deel van Torvehallerne het ons in vervoering gehad!  In plaas van bloemiste, glo ons hulle het definitief blom-towenaars!

Bakke vol tulpe, krismis-rose, gekleurde loof en eksotiese bosbessies verlei kopers.  Ons was veral in ons skik om die hoeveelheid Dene te sien wat rustig deur die mark loop en ‘n bos blomme laat opmaak om hulle winter-huise op te kikker.

‘n Groot tendens by die blommewinkels op die mark hierdie winter, was Ewigheids Kranse;  Unieke kers kranse uit gerwe gedroogde blomme, blare en takke .  Dit is gemaak om ‘n ewigheid te hou, in plaas van net die paar weke oor Kerstyd.  Die kranse is die perfekte kopie vir enigiemand wat glo aan die hergebruik van items.  Ons is definitief ‘n voorstaander van hoe meerdoelig dié kranse is.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

“Bederfies” in Kopenhagen


Vir ‘n reis deur Denemarke, en veral na Kopenhagen, sal ons die volgende “bederfies” en areas om te besoek aanbeveel:

  • Ballet kaartjies na die Neutekraker ballet opvoerings in Kopenhagen se “Royal Danish Old Stage” in Kongens Nytorv.  Nie net het die imposante teater ons asems weggeslaan nie, maar die opvoering was betowerend.
  • ‘n Ete (of meer) by Kopenhagen se pap-restaurant Grød.  Die seisoenale menu bestaan uit ‘n verskeidenheid van graan-kosse, soos onder andere oats met karamelsous, vars appels, appel kompot en amandels.  Of vir aandete sal ons die “Barley-otto” koring met sampioene, vars tiemie, swart peper en Parmesan aanbeveel.  Ons het Grød drie maal besoek en elke keer iets anders probeer!  Ons sou definitief weer teruggegaan het as daar tyd was.  Dié restaurant (daar is drie in die stad) is alreeds van 7.30 in die oggende oop en die oorspronklike Grød, wat ons besoek het, is weggesteek in Jægersborggade in die Nørrebro area.
  • Tivoli Pretpark: As een van die oudste pretparke in die wêreld, het Tivoli ‘n reputasie om die kind in elkeen wakker te maak!  Van springmielie stalletjies tot stamp-karretjies, toffie-appels en ‘n kersboom versier met duisende stringe Swarovski kristalle, het die atmosfeer help vier.  Die honger vir feëverhale het sommer weer in ons kop kom woon.
  • Voor ons reis, het ons alreeds rondgesnuffel na interessante plekkies en eg Deense instansies wat ons graag sou wou besoek.  Sankt Peders Bageri was heel bo-aan ons lys.  Die eienaar van die oudste bakery in die stad se legendaries “onsdagssnegle” of Woensdag-slakke is lip-lekker kaneel rolletjies met bros-bruin punte, stroopsoet en ondeuntelik lekker.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Die “moet sien” areas in Kopenhagen


Vind Sankt Peders Bageri in Kopenhagen se Latynse Kwartier by Sankt Peders Stræde 29.  Sou dit ‘n Woensdag wees, kom sommer vroeg!

Besoeke gerus ook een van die vele kers-markte, soos die H.C Andersens Julemarked in Nytorv met ‘n glasie gløgg – ‘n tradisionele Deense drankie van warm wyn, speserye amandels en rosyntjies.

Prentjiemooi Nyhaven, met sy bekende fasade van gekleurde huisies, moet beslis op almal se lys wees.  Loop gerus aan albei kante van die kanaal op en af om die atmosfeer te waardeer.

In die aand het Nyhaven ‘n romantiese, vonkelende atmosfeer.  Dit is moeilik om te glo dat tot in die 1950’s hierdie waterfront nog beskou was as ‘n ongure deel van die stad waar seerowers en robbers nesgeskrop het om ‘n vaatjie wyn!

Nørrebro moet beleef word!  En vir ons het dit beteken om ‘n woonstelletjie via Airbnb in die hartjie van hierdie area te huur.  Ons was erg in ons noppies met die vele kwalitiet tweedehandse winkeltjies op ons voorstoep met prag in Nørrebrogade ‘n voorloper in die resies.

Ander plekkies wat ons reg in dieselfde straat sal aanbeveel, is Andersen & Maillard (ons skuiling teen die vlae reën op meer as een okkasie) met spesialiteit koffie en gebak.  Assistence Cemetary vir sy ongelooflike laning bome en Superklilen Park vir al die cool kinders, is ook ‘n moet.

En natuurlik was dié dat Torvehallerne Mark in Frederiksborggade in loopafstand was, ‘n reuse bonus.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Dag Uitstappies


Kopenhagen was die ideale basis vir dag uitstappies.  Ons het maklik op die trein of metro gespring om die stad te verken.  Ons het selfs sover as Odense en Mälmo in Swede gereis – albei dag uitstappies.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

Eetgoed om in Kopenhagen te probeer


Natuurlik moet ons ons gunsteling eetgoed om in Kopenhagen te probeer aan julle bekendmaak:

  • Flødeboller – Malvalekker happies wat in donker sjokolade gedoop is en herinner aan “Sweetie Pies.”
  • ‘n Smorrebrød of twee – die rog-brood erfenis kos met ‘n verskeidenheid vulsels beskikbaar, sal enige kos-liefhebber se hart wen.
  • ‘n Bord van die glutenvrye pap met chia saad en quinoa, by Grød natuurlik!
  • Marsepein; in alle vorme.  Ons sal moet erken dat ons ‘n soettand het, en veral ‘n swakheid vir marsepein.  Dink dit is ‘n kleindag ding toe my Duiste ouma so marsepein uitgedeel het.  Nou is die lus daarvoor ondempbaar!  Met elke Europese reis, word daar aktief na marsepein gesoek.  Van marsepein varkies en perfek gemaakte appelkosies, tot blokke organiese marsepein wat ons eie Afrikaanse kerspasteitjies so bietjie opkikker.

Copenhagen, Denmark’s capital

Soos ek die artikel skryf, besef ek dan die Deense hygge ons in Kopenhagen omvou het; Wat eers net ‘n buiteland reis sou wees, is omtower in ‘n kos- en koffie avontuur.

‘n Storie wat vertel moes word met woorde wat behoorlik borrel uit my siel, pad vind oor my smaakknoppies en rus vind tussen die rekenaar se sleutel en in hierdie artikel.

Kopenhagen was deur en deur ‘n storie wat homself wou skryf. Van die tweedehandse winkeltjies en hipster koffie-plekke in Nørrebro, tot die verdrietige meerminop haar klip in die Deense hawe.

Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital Copenhagen, Denmark’s capital

 

Artikel & Foto Krediet:

  • Fotografie: Steph Louwrens & Elaine Van der Merwe-Louwrens van Dust and Dreams Photography
  • Instagram: @dustanddreamsphotography
  • Artikel: Elaine Van der Merwe-Louwrens