Leerskoene gemaak met liefde

As Afrikaners is ons maar baie lief vir ons leer- en velskoene.  In dié inskrywing deel om met Mooi Leefstyl se lesers leerskoene wat gemaak word met liefde deur Esthe Leather Co.  Soos hulle sê op hul webblad “Die reis van duisend myl begin met ‘n enkele tree”, het Esthe Leather Co. definitief ‘n groot verskeidenheid van style om só ‘n “reis” maklik te doen met ‘n paar spoggerige egte leerskoene.  Jy kan selfs jou persoonlikheid uitbeeld in ‘n wye keuse van kleure na jou hart se begeerte.

Die leerskoene word plaaslik gemaak, so rol af en lees meer oor Esthe Leather Co. handelsmerk.  Deel asseblief ook die artikel wyd-en-syd.

Wanneer was Esthé Leather Co. gestig?

Esthé Erasmus is die stigter van Esthé Leather Co.  In 2016 het Esthé haar passie vir mense, mode en produksie bymekaar gebring om ʼn uiteenlopende maatskappy te stig wat nou bestaan uit ʼn span van meer as 12.  Die hart van Esthé en haar span strek verder as net skoene maak, maar om inspraak te maak in die lewens van ander.

Wat was die inspirasie agter Esthé Leather Co. se naam?

Esthé, die eienaar, se naam beteken ‘ster’, en dus is die besigheid na haar vernoem.  Vanaf die ster naam betekenis ontstaan die logo wat ʼn ‘Sterre Blom’ is.

Word Esthe Leather Co. produkte plaaslik vervaardig?

Esthé Leather maak hulle tuis in die hartjie van Stellenbosch.  Hulle het aanvanklik ʼn fabriek oopgemaak aan die begin van 2020 waarna hulle toe verhuis het na ʼn groter perseel 11 maande later in Desember 2020.

Hoeveel verskillende produkte het Esthé Leather Co.?

Esthé Leather Co. se hoof fokus is skoene, en op die oomblik het hulle om en by 50 verskillende style leerskoene.  Hulle het ook onlangs begin met ʼn herwinnings projek war hulle afsny leer gebruik om beursies, sakkies en ‘tote bags’ te maak.  Hulle maak ook stylvolle gordels en oorbelle in alle kleure.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Esthé het ʼn span van kreatiewe en energieke dames wat almal die mode gure dophou en dan daarmee werk om hulle eie persoonlike draai op dit te sit.  Esthé se kliente verhoudings is haar belangrik en soms vra sy sommer vir die kliënt waarvan hulle sal hou.  En dan na al hierdie, is Pinterest ook lekker om weer die gedagtegang te verfris en nuwe inspirasie te laat vloei.

Wat is julle gewildste produkte?

Esthé en span maak ʼn groot verskeidenheid van skoene, maar van almal is die vellies de gewildste, waarvan die Sidelace Vellie die meeste aftrek beleef.  Die Toe-Cap T-Bar is ook baie gewild, veral in verskillende kleure.

Waar kan ons lesers Esthé Leather Co. produkte koop?

Esthé Leather Co. se produkte kan op ʼn verskeidenheid van plekke en platforms gevind word.  Hulle is beskikbaar op sosiale media (Facebook en Instagram), waar jy na die produkte geneem kan word.  Bestelling kan deur die webtuiste geplaas word, waar jy soort, grootte en kleur kan kies.  Esthé se produkte is ook in verskeie handel winkels regoor SA beskikbaar.

  • One.Fine.Beginning
  • Botterblom Home And Decor
  • Juniper and Jasmine
  • Dassiesfontien padstal
  • Bali Trading – Riversdal
  • Ally Shoes
  • Naak
  • Stofpad
  • Appeliefie Vellies
  • Botswana Vellies
  • Jene Bella Trading
  • Jola Botique
  • Windmill Junction

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Esthe Leather Co. volg op sosiale media?

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Artikel krediet: