Diere geïnspireerde keramiek deur Lesley Tuchten

Ons spandeer ‘n oggend by Lesley Tutchen Ceramics in Woodstock, wat diere geïnspireerde keramiek maak.  Sy het pottebakkery klasse in 2005 gedurende haar meesters graad begin omdat daar amper nooit klas was nie en sy meeste van die dae in haar nagklere spandeer het.

Lesley het pottebakkery eers regtig begin geniet nadat sy haar eerste projek voltooi het, dit was ‘n Pinch Pot.   Sy vertel hoe haar eerste projek, die Pinch Pot, ‘n ramp was dat haar onderwyser dit laat wegraak het omrede sy dit nooit huistoe wou neem en glaseer nie.  Na dit het sy met spoelmasjien en keramiek blaaie begin werk en dit het haar dadelik betower.

Sy het haar besigheid begin in 2013 as Eleven Hundred Ceramics, omdat dit haar gunsteling temperatuur is om die keramiek produkte te bak; maar na ‘n tyd het Lesley besluit dat sy graag wil hê haar besigheid moet haar persoonlik reflekteer en dit is toe wat sy haar besigheid se naam verander het na haar eie naam, Lesley Tutchen.

Diere geïnspireerde keramiek

Vertel ons meer oor keramiek werk


Keramiek werk is in die algemeen baie werk.  Lesley se keramiek het fyn detail op soos die klein waterbakke met honde op.  Dit neem ‘n paar prosesse voordat die finale produk te koop is.  Alles word deur Lesley gemaak.  Self ook deur haar geverf, een item per slag in haar eie huis se kombuis.

Lesley vind inspirasie vir haar ontwerpe in die buitelug en natuur.  Sy loop gewoonlik haar honde in Nuweland Woud so sy is altyd opsoek na nuwe inspirasie om haar.  So sien sy nuwe dinge terwyl sy dink aan keramiek produkte.

Sy het ‘n redelike groot diere geïnspireerde keramiek reeks op die oomblik, maar ‘n geheim wat ons nou verklap is dat sy beplan wel om dalk in die toekoms meer diere te implementeer, soos plaasdiere reeks en dalk ‘n reeks bere wat haar Panda planter boks sal komplimenteer.

Lesley hou daarvan om tendense te vat wat al oor doen was en dit uniek te maak met haar eie.  As jy opsoek is na iets uniek, Lesley maak gepersonaliseerde items vir kliënte, maar onthou dat jy nie ‘n kunstenaar se styl moet verander nie.

Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek

Lesley se advies vir jong entrepreneurs is as volg


“Vind ‘n goedkoop, vinnige en effektiewe manier om met die afbrekende teleurstellings en algemene harde werk te hanteer.  Dit sluit nie in alkohol of dwelms koop nie.  Die beste sal wees dat jy iets gratis kan doen soos buite met jou honde loop.  Een van die grootste kwessies is om aan te hou.  Al lyk dit of die heelal vir jou sê om te stop.  Daar is baie navorsing agter dit.  Dit word genoem “grind” of roetine en is gewoonlik die faktor wat sukses en mislukking bepaal.  Hoe vinniger jy jouself motiveer, hoe vinniger sal jy sukses bereik, wat ook al sukses vir jou beteken. Jy kan ook nie ‘n gesonder roetine volg as jy nie ordentlike slaap inkry nie, so maak seker jy kry ‘n goeie nag rus in.”

Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek Diere geïnspireerde keramiek

Word sosiaal


Volg Lesley Tutchen Ceramics op Facebook en Instagram.  As jy belangstel om van Lesley se produkte te koop, klik hier om haar aanlyn winkel op Hello Pretty te besoek.  Jy kan haar ook ‘n boodskap stuur deur sosiale media.  Sy sal meer as bereid wees om so items aan jou te verkoop.

Diere geïnspireerde keramiek