Neutrale babakamer dekor

Daar is omtrent baie opwinding wat gepaard gaan met nuwe pink voetjies in die huis.  Die hele huis word ingerig vir die kleinding en in die inskrywing deel ons met Mooi Leefstyl se lesers die mooi en neutraal dekor items vir die babakamer.  Op die winkel rakke is daar net Pienk en Blou items en baie jong ouers wil nie graag daardie roete beweeg nie.  Om die rede weet ons sal julle baie aanklank vind in Little Love Kids se produkte.

Rol af en geniet die artikel en deel met alle jong ouers wat ʼn nuwe babakamer wil inrig.

Wie is die en wanneer was Little Love Kids gestig?

Little Love Kids is gestig deur een van Suid Afrika se toonaangewende stiliste, Heloise Louw in 2014.  In 2020 het sy besluit om haar hart te volg en meer tyd in aandag in haar ander besigheid te sit “The Home Colletive”.  Jong paartjie, Irene van Huyssteen en Jared Hamer het toe Little Love Kids oorgekoop by Heloise, en is tans die eienaars.

Wat was die inspirasie vir Little Love Kids se naam?

Die besigheid en naam was geïnspireer terwyl Heloise swanger was met haar eerste babatjie.

Hoeveel verskillende produkte het Little Love Kids?

Sjoe, as ons al die verskillende produkte moet tel is dit min of meer 20.  Ons maak stylvolle moderne babakamer items met die hoogste gehalte produk/materiaal moontlik.  Ons weet dat elke klein lyfie verdien net die beste, maar ons maak seker dat sy/haar spasie steeds modern is.  Die hoof produkte wat ons bied vir ouers is “doek omruil” mat bedekkings en baba beddegoed.  Dan ook kombersies en muurskilderye.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Die is een van ons sterkste punte, met ons sterk agtergrond en passie vir die nuutste modes, is ons altyd op die voorpunt van nuwe kleure en modes, dit is ons passie om met nuwe kreatiewe ontwerpe op te kom.  Ons het SA se beste ontwerpers en stiliste wat hulle insette gee, en die eindproduk is wat die Mammas op die rakke en ons webblad sien. Ons kry ook baie inspirasie van die Mammas af!

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Die beste plek is ons eie webtuiste!  Ons het die hele reeks beskikbaar daar.  Dan maak ons seker ons mees gewildste items is te kry op Takealot.  Dan ook by sommige winkeltjies regoor Suid Afrika. Hier is ʼn paar voorbeelde; DecoSA, Declan & Leah, Razberry Kids, CLM.Home, Lulla-Buy, TheO-Babystore.

Wat is julle gewildste produkte?

Op die oomblik enige iets met ʼn reënbogie op!  Ons is mal oor hierdie mode en Mammas reg oor die land kies reënbogies vir die baba kamer tema. Dan is ons “doek omruil” mat bedekkings altyd een van die mees gewildste items wat ons beskikbaar het.  Dan sien ons dat sommige mense sal altyd die klasieke swart en wit tema kies, so onder hierdie ouers is die “Black Smudge dot” reeks meeste van die kere ʼn top keuse.  Een van die produkte wat ʼn groot mode is in 2021, is ons muurskilderye.  Dis ʼn maklike manier om ʼn kamer nuwe lewe te gee, Mammas hou van die idee dat dit nie permanent is nie, maar so groot verskil maak.

Word Little Love Kids produkte plaaslik vervaardig?

Ons is bly julle vra dit!  Daar is so baie stappe in die vervaardigings proses, alles word plaaslike en deur klein besighede gedoen en ons is baie trots daar op.

Die heel eerste stap van al ons produkte begin met ʼn idee. Ons sien iets wat ons inspireer, dan gesels ons met ons kreatiewe span.  Hulle besluit watse kleure en patrone saam gaan.  Dan sal ons grafiese ontwerper die ontwerp skets en voorberei.  Dan sal daai ontwerp gestuur word na die span wat die “screen” maak.  Ons gebruik dan 200TC, 100% katoen perkal vir die beddegoed.  Die materiaal word dan as ʼn spierwit stuk lap gestuur aan ons druk span.  So word daai ontwerp op hierdie lap met die hand “ge-screenprint”, stukkie vir stukkie.

Sodra die lap klaar is met hierdie proses, kom dit dan na ons studio toe in Kaapstad waar die span dit in patrone sny en die finale produk maak.  Dan word hierdie produk verpak in verpakking wat ook plaaslik vervaardig word deur ander klein besighede. Sodra ons 100% tevrede is met die volledige pakkie, kom tel die koeriers dit by ons op, en so is die item oppad na sy nuwe huis toe.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers Little Love Kids volg op sosiale media?

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

Deur middel van ʼn e-pos – info@littlelovekids.com.  Lesers kan ons ook kontak deur middel van ʼn boodskap op Instagram of Facebook.

Hoe maak julle seker julle bly altyd uniek?

Ons is bewus van die groot gaping in die mark vir moderne babakamer items.  Daar is heeltemal te veel pink en blou op die rakke in winkels, nie almal wil dit so hê nie.  Ons kom agter die verskeidenheid is nie altyd groot genoeg nie.  Mammas en Pappas wil deesdae ʼn babakamer hê wat neutraal is, by die res van die huis se dekor pas en wat nogsteeds sag en snoesig is.  Ons maak seker ons bring iets anders as wat mens om elke hoe ken draai kry.  Elke ontwerp en produk wat op ons webtuiste te sien is, is 100% deur gedink en beplan.  Dit word in klein hoeveelhede vervaardig om seker te maak dis top kwaliteit, modern en nogsteeds bekostigbaar.