‘n Swembroek met ‘n storie

Die stigter van MadLove Swimwear, Madelief, was redelik keelvol vir die mode bedryf.  Na nóg ’n mislukte poging om deel te wees van ’n klere brandmerk.  Alles het mooi geloop en toe skielik uit mekaar geval in Julie van 2017.

Madelief Roux het haar self beloof om nooit weer in die mode industrie tyd in te sit nie en gevolglik orals begin werk soek, selfs in die versekerings bedryf, wat heeltemal die teenoorgestelde is van die mode bedryf.

Bo-op dit als, het sy ook ’n stres breek gekry in haar heup en die spesialis dokter wou ’n nood operasie doen!  Hy het gesê Madelief sal nie weer sal kan hardloop nie en enige iemand wat Madelief ken, sal weet hoe lief sy vir haar aktiewe leefstyl is!  Sy het in die tyd baie moedeloos gevoel, met soveel teëspoed wat sy ervaar het, maar ten spyte van die dokter se opinie, het sy besluit om tyd af te vat in Plettenbergbaai en daar te gaan probeer haar lewenspad herdink vir ’n paar weke.  Sy het buitendien nog nie weer werk gehad nie!

Mooi Leefstyl se lesers kan hieronder meer oor Madelief en MadLove se besonderse reis hieronder lees.  Werklik vol inspirasie!

mens swim trunksmens swim trunks mens swim trunksmens swim trunks

Hoe is MadLove begin?

In Plettenbergbaai, het sy geweet van ’n dame wat ’n winkel besit genoem “Rice & Linen”.  Die winkel se bestuurders het een dag in gesprek gesê dat hulle mans swembroeke benodig vir die vakansie seisoen.  Madelief het in dié gesprek, ’n geleentheid raak gesien en onmiddellik gesê dat sy die swembroeke kan verskaf.  Sy het geen idee gehad oor hoe of waar sy die swembroeke gaan uit ruk nie.  Deur vorige kontakte het sy vinnig ’n paar moontlike fabrieke in die hande gekry, ontwerpe vir hulle gestuur en voorbeelde laat maak.  Om seker te maak Rice & Linen neem die swembroeke, het sy dit op besending aangebied vir die eienares.  Sy het geweet die winkel verkoop vreeslik goed oor die vakansie tyd en sy het egter dringend iets nodig om vinnig bietjie inkomste te genereer tot sy uiteindelik ’n ander werk kry.

Verkope het wel toe só goed gegaan, dat Madelief besef het, sy het miskien nou uiteindelik op ’n goeie produk af gekom en dit is hoe MadLove begin het in 2017.

mens swim trunks

Wat is in die pyplyn vir MadLove se reeks?

Huidiglik verkoop MadLove net mans en bypassende seuntjie swembroeke.  Daar is ’n paar vrouens stelle in die pyplyn, maar die produksie is vreeslik klein, veral in vergelyking met die mans se swembroeke.  Verder is daar ook binnekort bypassende handdoeke om by die reeks te las.  Madelief sê sy moet nog ’n bietjie werk aan die produk se kwaliteit standaarde voor sy dit kan bekendstel.

Madelief ontwerp die swembroeke en patrone daarop huidiglik almal self.  Sy teken die prente met die hand en op rekenaar, dan maak sy die patrone klaar op ‘n illustrasie sagteware.  Die patrone word dan deur middel van sublimasie drukwerk  “sublimation printing” op die geskikte materiaal gedruk.  Na dit gedruk is, word swembroek gesny en aanmekaar gestuk in ’n fabriek.

Daar is ook ander dinge wat ontwerp moet word soos die kenteken en etikette, dit doen sy ook huidiglik self.

mens swim trunks mens swim trunks mens swim trunksmens swim trunks

Vertel ons lesers meer oor MadLove se patrone

Sy is baie lief vir kuns, hoe dit ’n storie vertel en dikwels ook geskiedenis vas vang.  Daarom is dit haar hoop om eendag verskeie kunstenaars betrokke te kry om hul patrone/ontwerpe op die swembroeke te kan sit.

Die inspirasie vir die patrone sal altyd getrek word van iets wat spreuk oor vakansietyd in Suid Afrika, of eenvoudig net Suid Afrika.  Daar is ook ’n storie geheg aan elke ontwerp.  Madelief het byvoorbeeld in die 2018 reeks die “Troupant” ontwerp gehad; die troupant is in Afrika stories ’n simbool van vrede en versoening en Madelief was gek oor die assosiasie.  Die Troupant is buitendien ’n vreeslike mooi voëltjie!

Daar was ook onder andere die waatlemoen patroon, wat eenvoudig net “Somer” skree en ook ’n meer persoonlike storie vertel; Madelief sê dit laat haar dink aan haar kinderjare wat hulle as familie op haar oupa se plaas in die swembad lekker gejol het.

In die 2019 reeks, het Madelief se passie vir Suid-Afrika se natuurskoon en die beskerming daar van, haar ook geïnspireer om ’n ontwerp te beplan wat verkoop sal word om geld in te samel vir die Stop Rhino Poaching fonds.

mens swim trunks mens swim trunksmens swim trunks

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers die swembroeke koop?

Jy kan jou swembroek bestel by Madloveswim.com.   Ook by Rice & Linen in Plettenberg baai en ‘n paar ander klein boetieks wat gelys is MadLove se Webtuiste.

Volg hulle ook op  Instagram en Facebook.

mens swim trunks mens swim trunks mens swim trunks

Madelief se advies vir Entrepreneurs:

Sjoe, dit was ’n moeilike roete vir my sover.  Ek dink dis belangrik om lyste op te stel van dinge wat gedoen en bereik moet word; vir die dag, vir die week, vir die maand en dan ook die jaar.  Mens moet aanhoudend by die lys af gaan.  Maak seker jy is op die regte roete om vordering te maak.  Niemand gaan jou aandryf behalwe jy self nie.  Dis ’n goeie manier om jouself te monitor en aan te dryf.   Dit hou jou ook pro-aktief en mens sien vinnig raak waar daar ’n gat in jou beplanning is en waar verandering nodig is.

mens swim trunks mens swim trunks mens swim trunks

Artikel Krediet: