‘n Bakkery in die Ceres Vallei

Mamamac’s is ‘n bakkery in die hartjie van die Ceres Vallei.  Lourensia Mackenzie is die stigter van Mamamac’s wat meer as twintig jaar terug op haar kombuis tafel begin het.  Sy het begin beskuit bak vir ‘n ekstra inkomste en was een van die eerste verskaffers van die destydse Melissa’s.  Die res is geskiedenis en nou kan ons almal hulle heerlike gebak geniet.  Lees meer oor hierdie oulike bakkery en hulle heerlike gebak as jy afrol.

Waar vandaan die naam, Mamamac’s?


Dit is ‘n afkorting van Anneke se Ma se naam, Mamma Mackenzie.  Wat ‘n oulike naam vir ‘n besigheid veral iets wat sulke hartskos maak.

Mamamac’s se produkte :


Hul het meer as 16 verskillende lyne en meeste van dit is ou familie resepte wat Anneke se Ma vervolmaak het!  Hulle top verkoper is ons gemmer koekies en mense van reg oor die land skryf vir hulle en sê “dit proe soos my Ouma sin geproe het!”

Koop Mamamac’s se produkte naby jou:


In die Wes Kaap is hul produkte beskikbaar in die meeste groot Spar en Checkers winkels, asook Agrimarkte.  Hulle produkte is ook beskikbaar in verskeie padstalle en deli’s.

Mamamac’s het nou baie onlangs begin versprei na Gauteng en die Oos-Kaap, ook meestal in Spar winkels.  Aanlyn is hul produkte beskikbaar by Yuppiechef, asook in hulle winkels.  As iemand hul soek en nie kan kry nie kan jy Anneke ‘n e-pos stuur om te vra wat is naaste aan jou.

Gewildste Mamamac’s produkte:


Koekies geure wat hul kopers mal is oor sluit in Gemmer, Choc Chip en Crunchie.  Sjoe!  Daai Choc Chip een klink vir ons heerlik en ons kan nie wag om ons hande op dit te kry nie.  Beskuit geure wat hul kopers mal is oor is Semels en meertjies, Karringmelk en Karringmelk & Sonneblomsaad.

Volg Mamamac’s op Sosiale Media:


As jy daagliks heerlike gebak wil sien, dan moet jy Mamamac’s op Instagram en Facebook volg.

Advies aan entrepreneurskap:


Lewer altyd ‘n uitstekende produk en diens, kyk na jou mense/span en bestuur jou kontak vloei!

Artikel krediet