Gemaklike klere vir enige geleentheid

ʼn Geskenk van haar Ouma het gely dat Martjie Snyman ʼn “side hustle” begin wat toe vinnig gegroei het in ʼn volwaardige besigheid.  Dié geskenk van Ouma was ʼn naaldwerk masjien en met haar talent het Martjie gemaklike klere vir enige geleentheid, tot selfs trourokke, gemaak.  Sy werk aan ʼn doelwit om haar reeks te laat groei en probeer om die probleme aan te spreek wat hulle teëkom by kettingwinkels.

Mooi Leefstyl se lesers kan nou afrol en meer van Martjie Sews se besigheid en produkte lees.

Wie is die eienaar/stigter en wanneer was die besigheid gestig?

Martjie Snyman is die stigter van Martjie Sews. In 2016 het Martjie se ouma vir haar haar naaldwerk masjien gegee. Eers het sy net vir haarself klere gemaak, maar sy het vinnig besef dat die materiaalkoste ʼn bietjie baie is en dat sy iets sal moet doen om meer materiaal te kan bekostig en so is Martjie Sews gebore in 2018. Dit was eers net ʼn baie klein ‘side hustle’, maar het stadig maar seker gegroei en is nou al ʼn volwaardige besigheid.

Wat was die inspirasie agter jou besigheid se naam?

Aangesien dit begin het met net Martjie wat naaldwerk gedoen het, was Martjie Sews die perfekte naam. ‘Martjie Doen Naaldwerk’ klink net nie lekker nie.

Hoeveel verskillende produkte het julle?

Tot aan die begin van 2021 het Martjie Sews meestal net ‘custom’ klere gemaak vir strooimeisies, moeders van bruide en bruidegomme.  Selfs net gewone dagklere vir mense wat sukkel om klere in die winkels te kry. Hulle het in Maart 2021 hulle eerste eksklusiewe reeks bekendgestel.  Dit was ʼn reuse sukses! Hulle beoog om in die toekoms meer standaarditems bekend te stel en om dit die fokus van die besigheid te maak, eerder as ‘custom’ klere.

Hulle het op hierdie stadium 5 verskillende items in hul Herfs/Winter reeks wat beskikbaar is op hul aanlynwinkel. Twee van die items het die opsie om borsvoeding-vriendelik gemaak te word. Dit is ook iets wat hulle meer en meer sal wil inkorporeer in hul klere, omdat daar so ʼn groot tekort aan mooi klere vir mammas is.

Waar of hoe vind julle inspirasie vir jul produkte?

Instagram en Pinterest is groot inspirasie-stasies! Martjie luister ook mooi na haar kliënte en probeer om die probleme aan te spreek wat hulle teëkom wanneer hulle probeer om in kettingwinkels klere koop.

Waar kan ons lesers julle produkte koop?

Martjie Sews se standaarditems is beskikbaar op www.martjiesews.co.za

Vir ‘custom’ bestellings, kontak vir Martjie by martjie93@gmail.com

Wat is julle gewildste produkte?

Martjie Sews se gewildste produkte is vir seker die rokkies wat deel is hulle ons Herfs/Winter reeks. Die borsvoeding-vriendelike klere doen ook baie goed.

Word julle produkte plaaslik vervaardig?

Martjie Sews se produkte word alles in Wellington vervaardig. Martjie doen die meeste van die werk, maar sy het een dag per week ʼn helper, Precious. Die droom is dat Precious later voltyds vir Martjie Sews sal werk.

Martjie ontwerp al die klere en sy doen ook die knipwerk. Precious doen slegs stikwerk. Alle materiale word vooraf gewas om te verseker dat dit nie krimp nie en om enige ekstra kleursel uit die materiaal te kry. Daarna word dit gestryk en geknip en dan word die kledingstukke aanmekaar gestik.

Waar kan Mooi Leefstyl se lesers julle volg op sosiale media?

Instagram: @martjiesews

Facebook: Martjie Sews

Hoe kan Mooi Leefstyl se lesers julle kontak?

E-pos: martjie93@gmail.com

Webtuiste: www.martjiesews.co.za

    Artikel Krediet:

    Daar is verskillende fotograwe: